Hongarye neem eerste stap om by Strafhof te onttrek - May 20, 2025

Hongarye se parlement het vandag ‘n wetsontwerp goedgekeur wat die land se jaarlange onttrekkingsproses uit die Internasionale Strafhof sal begin. Premier Viktor Orban se regering sê die hof het polities geword. Hy het die stap op 3 April aangekondig, kort nadat die Israeliese leier Benjamin Netanyahu in Hongarye aangekom het vir ‘n staatsbesoek. Die Internasionale Strafhof […]

Read More

Aussie- en Kiwi-span takel die Britse en Ierse Leeus - May 20, 2025

’n Gekombineerde Australiese en Nieu-Seelandse span sal vanjaar vir die eerste keer sedert 1989 teen die Britse en Ierse Leeus te staan kom. Die span word afgerig deur Les Kiss, wat volgende jaar by Joe Schmidt oorneem as afrigter van die Wallabies. Die wedstryd sal op 12 Julie in Adelaide, Australië, gespeel word. Die Leeus […]

Read More

Imalwa poog om fondse te bevries na roof van toeriste - May 20, 2025

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het aansoek gedoen vir die bevriesing van net meer as 51 000 Namibiese dollar in ‘n bankrekening van Nehemia Philipus. In haar stukke sê sy owerhede glo dit is gesteelde buitelandse valuta by ‘n lodge by Sossusvlei waar Philipus werksaam, en aan diens ten tyde van die diefstal, was. Een van […]

Read More

Wanvoeding van kinders onder 5 ook ‘n probleem in SA - May 20, 2025

Die DA sê 155 kinders onder die ouderdom van vyf het sedert Januarie vanjaar in openbare gesondheids-inrigtings gesterf as gevolg van wanvoeding. Volgens die party is die meeste gevalle in Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal aangeteken. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die statistiek bekend gemaak in sy antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag. Michele […]

Read More

Sentrale banke in Afrika gereed om repokoerse te verlaag - May 20, 2025

Verskeie sentrale banke in Afrika staan gereed om rentekoerse in die komende weke te verlaag namate inflasiedruk afneem en wêreldwye handel­spanning toeneem. Egipte, Suid-Afrika, Kenia, Mosambiek, Eswatini en Lesotho gaan waarskynlik hul koerse verlaag, terwyl die van Nigerië, Ghana, Angola en Zambië na verwagting onveranderd sal bly. Die stappe volg ná die VSA invoertariewe op […]

Read More

Agra se aanlyn-veilings verskerp met Swiftvee-vennootskap - May 20, 2025

Agra Namibië en Swiftvee het ‘n vennootskap gesmee om aanlyn-veilings na die boerderygemeenskap te bring. SwiftVee beskryf homself as die baanbreker van aanlyn-veehandel in Suid-Afrika en die grootste onafhanklike vee-handelsplatform. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Russel Luck, AgriVee se uitvoerende hoof.

Read More

Vakbonde moet verantwoordbaar gehou word - May 20, 2025

Namibië het tans 47 geregistreerde vakbonde en 17 geregistreerde werkgewersverenigings, na die arbeidskommissaris in 2024 sewe vakbonde en een werkgewersvereniging gederegistreer het omdat hulle nie hul jaarlikse opgawes ingedien het nie. Dit is ‘n wetlike vereiste. Arbeidsontleder Cuana Angula sê die deregistrasies verswak en beperk werkers se verteenwoordiging in die arbeidslandskap. Dit beïnvloed ook werkers […]

Read More

GOOD sê Cyril het gulde geleentheid om waninligting oor onteiening reg te stel - May 20, 2025

Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan Washington hierdie week is ’n gulde geleentheid om bande met Amerika te herstel en vals bewerings oor Suid-Afrika reg te stel. Ramaphosa sal president Donald Trump na verwagting Woensdag ontmoet, met grondhervorming, handel en buitelandse beleid hoog op die agenda. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]

Read More

Brittanje, Frankryk, Kanada dreig Israel oor Gaza-aanvalle - May 20, 2025

Die leiers van Brittanje, Frankryk en Kanada dreig met daadwerklike stappe, insluitend geteikende sanksies, as Israel nie ophou met sy hernieude aanvalle in Gaza nie. Meer as 100 mense is die naweek in die nuwe grondoffensief dood. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het onderneem om beheer oor die hele Gaza te neem en om Hamas […]

Read More

Netflix tree toe en red Sesame Street - May 20, 2025

Die stroomdiens Netflix het ingegryp en die kinderprogram Sesame Street gered na Warner Bros-Discovery besluit het om nie sy vyfjaar-ooreenkoms vir die program te hernu nie. Netflix het ‘n ooreenkoms met Sesame Workshop aangegaan ingevolge waarvan die stroomdiens die 56ste reeks later vanjaar gaan uitsaai. Die nuwe seisoen spog met ‘n vars formaat en aanhangers […]

Read More