Mangosutho Buthelezi kwaad oor betogers by Nkandla - July 5, 2021

Prins Mangosuthu Buthelezi is kwaad vir die mense wat na Nkandla in KwaZulu-Natal gegaan het om te betoog nadat oudpresident Jacob Zuma tot 15 maande tronkstraf gevonnis is. Die Konstitusionele Hof het die straf opgelê nadat hy ‘n hofbevel geïgnoreer het om by die staatskapingskommissie te verskyn. Buthelezi het aan die media gesê hy beskou die betogings as hoogverraad. […]

Read More

Talle SA maatskappye is slagoffers van massiewe kuberaanval - July 5, 2021

Talle Suid-Afrikaanse maatskappye is blykbaar onder die slagoffers van ‘n massiewe kuberaanval in 17 lande. Die krakers is geïdentifiseer as ‘n Russiese groep, REvil, wat ‘n losprys van een miljard Namibiese in Bitcoin eis. Suid-Afrikaanse media berig dat die aanval kwesbare plekke in IT-bestuur-programmatuur uitbuit wat deur die Amerikaanse firma Kaseya vervaardig is. Die lande […]

Read More

Publiek gemaan om Covid-maatreëls midde teenwoordigheid van Delta-variant na te kom - July 5, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het bevestig die Delta-variant van die Covid-virus is nou in Namibië teenwoordig. Shangula sê hierdie variant versprei geweldig vinnig en dit veroorsaak die hoë sterftesyfer. Hy sê die publiek moet die huidige Covid-maatreëls gehoorsaam, want hulle kan lewens spaar.

Read More

Inenting of ivermektien? - July 5, 2021

Die debat oor die veiligheid van beide inentings en ivermektien duur steeds voort. Kosmos 94.1 het ‘n paar mense gevra wat hulle verkies – die ineneting of ivermektien. Dit is wat hulle te sê gehad het.

Read More

Dertien Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig - July 5, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 13 sterftes, en 1 384 nuwe Covid-gevalle uit 2 840 resultate aangekondig. In die groep is 192 leerders, 28 onderwysers, 22 gesondheidswerkers en 8 studente. Daar is nou 24 641 aktiewe gevalle waarvan 560 in hospitale en 106 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste […]

Read More

Meer as 333 000 SA onderwysers ingeënt - July 5, 2021

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys het leerkragte en personeel versoek om Covid-inentingspersele te besoek en hul Johnson and Johnson inspuitings te kry, aangesien hierdie week die sektor se laaste fase van die inentingsprogram is. Meer as 333 000 onderwysers en ondersteuningspersoneel is ingeënt sedert die veldtog op 23 Junie begin het. Die departement se […]

Read More

Steve Biko Akademiese hospitaal span mobiele roboto in - July 5, 2021

En ‘n mobiele robot is by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Tshwane ontplooi om met pasiënte se behandeling tydens Covid-19 te help deur daaglikse regstreekse gesprekke tussen spanne by waak-eenhede. Die Universiteit van Pretoria se fakulteit gesondheidswetenskappe is deel van die projek. Die robot genaamd Stevie sal ‘n belangrike rol speel in saalrondes wat […]

Read More

Sekere dele van Tafelberg Nasionale Park oop ná brande - July 5, 2021

SANParke het aangekondig dat hy sekere dele van die Tafelberg Nasionale Park gaan heropen nadat dit sedert die brande in April vir die publiek gesluit was. Dit sluit die steengroewe, Duiwelspiek, die koning se blokhuis, Duiwelspiek se laer hange en die Rhodes-kontoerpad in. SANParke sê die Rhodes-gedenkteken, wildskamp en Deer Park bly toe. Herstelwerk op […]

Read More

Sosiale media se impak op pandemie - July 5, 2021

Sosiale media is ‘n groot deel van die moderne lewe, veral vir die deel van inligting. Aangesien dit nuttig is, wat is die impak daarvan op die pandemie en wat is die ervaring van die publiek, negatief of positief? Hoe beïnvloed dit die publiek se ervaring van die pandemie? Professor Basie von Solms, aan die […]

Read More

SA polisieminister soek nog duidelikheid oor Zuma se hofbevel - July 5, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het gesê dat hy duidelikheid nodig het oor die hofbevel teen oudpresident Jacob Zuma. Cele sê met die onlangse wending is hulle nie seker wat die pad vorentoe is nie. Die minister van polisie het gereageer op vrae waarom hulle nog nie vir Zuma in hegtenis geneem het […]

Read More