Vrae oor die immigrasie-raad, buitelanders vat ons werk - May 20, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-LP Rocco Nguvauva kommer uitgespreek oor immigrasie, en ook sy ontevredenheid met die Immigrasie-keuringsraad gelug. Hy het gevra wat die raad werklik doen en of hulle net toelaes ontvang en na hul kantore gaan sonder om probleme aan te spreek. Nguvauva het kritiek gelewer op die aanstelling […]
Verbod op Brasiliaanse pluimvee sleg vir armes - May 20, 2025
Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders eis dat die regering ‘n algehele verbod op pluimvee-invoere uit Brasilië vermy nadat voëlgriep in Rio Grande do Sul uitgebreek het. Brasilië verskaf meer as 84-persent van Suid-Afrika se pluimvee-invoere. Die vereniging beveel ‘n streeksgerigte benadering aan, soos dit reeds in lande soos Japan en die Verenigde Arabiese Emirate […]
Zelensky weier om troepe te onttrek - May 20, 2025
Die oorlog in die Oekraïne en Amerikaanse pogings om dit tot ‘n einde te bring bly in die nuus. Daar is berig dat Rusland se eerste eis is dat die Oekraïne sy troepe in sy eie grondgebied moet onttrek. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is gevra of president Donald Trump met so iets sal instem.
Denzel Washington vereer by Cannes - May 20, 2025
Die tweemalige Oscar-wenner, Denzel Washington, is Maandag verras met ‘n ere-Palme d’Or by die Cannes-rolprentfees in Frankryk uit erkenning vir sy uitstaande loopbaan. Die 70-jarige het die fees bygewoon vir Spike Lee se nuutste rolprent Highest 2 Lowest, waarin hy saam met A$AP Rocky, Jeffrey Wright en Ilfenesh Hadera speel. Ander wenners van die ere-Palme […]
Brit, 65, vas na hy San-kinders blykbaar betas - May 20, 2025
‘n Britse toeris sal vandag in die laerhof op Grootfontein verskyn op klagtes wat die seksuele teistering van kinders insluit. Volgens die Namibiese nuusagentskap Nampa, is die 65-jarige man reeds Sondag gearresteer nadat hy by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe San-kinders gevra het om hulle klere uit te trek in ruil vir geld en lekkers. […]
Kaapse polisie vind R35 000 se kokaïen na hoëspoed-jaagtog - May 20, 2025
Die Kaapstadse Metropolisie het ‘n bestuurder met kokaïen ter waarde van ongeveer 35 000 Suid-Afrikaanse rand betrap ná ‘n hoëspoed-jaagtog in Brackenfell. Die bestuurder het te voet probeer vlug en ook probeer om beamptes om te koop met byna 7 000 rand kontant. Die polisie het in die afgelope week 310 mense in hegtenis geneem […]
Was die Trump-Putin gesprek enigiets werd? - May 20, 2025
Die telefoongesprek tussen Amerikaanse president Donald Trump en sy Russiese eweknie Vladimir Putin oorheers die internasionale nuustoneel. Maar, daar is nie veel vleis aan die verklarings nie. Trump het buite die Withuis met die media gepraat. Intussen het Putin eenvoudig gesê dat Rusland sal saam met die Oekraïne ‘n memorandum daarstel wat ‘n toekomstige vredesooreenkoms […]
Bibi laat 20 vragmotors met hulp in Gaza in - May 20, 2025
Hulpvoorrade sal na verwagting in Gaza aankom ná ‘n verbod van byna drie-maande. Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ingestem om dit toe te laat nadat bondgenote gedreig het om steun te onttrek omdat hulle nie beelde van hongersnood in die gebied kan aanvaar nie. Internasionale voedselsekerheidskundiges het gewaarsku oor hongersnood, met ‘n verslag […]
Nanso sê ‘los die tjoef’ - May 20, 2025
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n veldtog #losdietjoef geloods, verwysende na damprook. Die organisasie het tydens besoeke aan skole die tendens om te damprook waargeneem en het besluit om bewusmaking oor die probleem te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nanso president Dorothea Nangolo.
Namport sê Shark Island is nie ‘n kwessie met sy Lüderitz-planne nie - May 20, 2025
‘n Grootskaalse olie- en gasvoorsieningsbasis word vir Lüderitz beplan deur Namport, met net die projek se aanvanklike fase wat na beraming meer as 4 miljard Namibiese dollar sal kos. Die tender vir die eerste fase word volgens Namibia Mining and Energy in die derde kwartaal verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elias Mwenyo, Namport […]