Minister bedank Finland en EU vir skenking van mediese voorraad - July 3, 2021

Die Namibiese minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die regering van Finland en die Europese Unie bedank vir die donasie van mediese voorraad om die Covid-19 pandemie te bestry. Die voorraad is met ‘n spesiale vlug na Namibië gebring. Dit sluit onder andere, meer as twee miljoen gesigmaskers, 30 000 mediese jasse, 100 000 […]

Read More

Christine en Beatrice bly in die nuus - July 3, 2021

Daar is op die oomblik ‘n burgerlike virtuele Avaaz-petisie aan die gang wat reeds deur meer as 4 duisend mense onderteken is wat versoek dat Christine Mboma en Beatrice Masilingi toegelaat moet word om aan die 400 meter wedlope by die Tokio Olimpiese Spele deel te neem.Hulle moes onttrek aan die 400 meter by die […]

Read More

Covid-19 inligtingsentrum met 24 uur hulplyn van stapel gestuur - July 3, 2021

Covid-19 het ‘n impak op die gemeenskap en veroorsaak groot druk op mediese geriewe landwyd. In die lig hiervan het die NG Kerk se Eros-gemeente in Windhoek ‘n Covid-19 inligtingsentrum met ‘n 24 uur hulplyn van stapel gestuur. Dr. Fourie van den Berg, predikant van die gemeente sê daar is twaalf lyne vir twaalf verskillende […]

Read More

Rugby Afrika gaan wedstryd tussen Namibië en Ivoorkus videostroom later vanmiddag - July 3, 2021

Rugby Afrika het bekendgemaak dat die groep A-wedstryd in Abidjan tussen Namibië en die Ivoorkus regsstreek ge- videostroom gaan word op sy faceboek-blad.Die afskoptyd is ses uur vanmiddag Namibiese tyd.

Read More

Spanning oor Zuma se tronkstraf - July 3, 2021

Ondersteuners van Jacob Zuma voel om hom tronk toe te stuur sal die buurland uitmekaar skeur. Die woordvoerder van die Mkhonto weSizwe-militêre-veterane-vereniging, Carl Niehaus, het die media by Nkandla in KwaZulu-Natal toegespreek. Hy sê Suid-Afrika sal in ‘n spiraal van geweld, onstabiliteit en onrus gedompel word as Zuma in hegtenis geneem word.

Read More

Wyle prof Kerina se begrafnis op MICT se webtuiste en faceboek-blad uitgesaai - July 3, 2021

Die begrafnis van wyle professor Mburumba Kerina môre gaan regstreeks uitgesaai word op die Namibiese Ministerie van Inligting en Telekommunikasie Tegnologie se webtuiste en faceboek-blad van 12 uur af. Die roudiens word vandag in die parlementstuine in die hoofstad gehou. Hy sal môre in die helde- en- heldinne begraafplaas op Okahandja ter ruste gelê word. […]

Read More

Dis vandag Internasionale Plastiekvrye-dag - July 3, 2021

Dit is vandag Internasionale Plastiekvrye –dag en Julie is as plastiekvrye-maand verklaar.. Kaapstad se Twee Oseane-akwarium pleit by mense om hulle afhanklikheid van plastiek te verminder en hulle aankope-keuses te heroorweeg. Die akwarium waarsku dat 71-persent van seeskilpaaie wat sy onderwysstigting rehabiliteer, plastiek geëet het. Seeskilpaaie eet plastieksakke, ballonne en mikroplastiek wat hulle as kos […]

Read More

Debat oor Kubaanse Covid-entstof duur voort - July 3, 2021

Die Landless People’s Movement het by die debat aangesluit oor die gebruik van Kuba se Abdala-entstof. Die Affirmative Repositioning het ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om dit te oorweeg om Kuba se entstof aan te skaf om Namibiërs in te ent. Die beweging het in ‘n mediaverklaring gesê om die Kubaanse entstof te […]

Read More

Koeler weer aan die kom - July 3, 2021

Die koue weer in dele van Suid-Afrika, sal volgens die jongste weermodelle ‘n inlvoed op Namibiese weerstoestande hê. Weervoorspeller Odilo Kgobetsi van die Namibiese Metereologiese Dienste met sy voorspelling vir die naweek.

Read More

Covid-pandemie raak alles en almal - July 3, 2021

Die Covid-pandemie het ‘n impak op almal en alles, regeringstelsels ingesluit. In Zimbabwe het die pandemie meer druk op die die land se swak gesondheidstelsel geplaas. Die invloei van pasiënte na staatshospitale weens die pandemie was nie te wagte nie en sterfgevalle styg. Tendai Biti, die voormalige minister van finansies en leier van die opposisieparty, […]

Read More