EU sê hulp vir Namibië en ander lande moet bespoedig word - July 2, 2021

Na die vinnige opvlam van Covid-gevalle in Namibië, het die regering van Namibië deur sy ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking ‘n amptelike versoek van steun aan die Europese Unie se burgerlike beskerming ingedien. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die lewering van lewensreddende hulp aan lande soos Namibië moet gekoördineer en bespoedig […]

Read More

NLU-kongresse sal in streke plaasvind - July 2, 2021

Na deeglike bespreking deur die bestuur van die Lewendehawe Produsente Organisasie en die uitvoerende raad van die Namibië Landbou-unie, is daar besluit om dié organisasies se kongresse, wat geskeduleer was om in Windhoek plaas te vind in die eerste week van Oktober 2021, af te stel. Piet Gouws, die president van die NLU het met […]

Read More

Faf sal sleutelrol in Leeu-toer speel - July 2, 2021

Die veteraan Britse en Ierse Leeus-speler, Scott Gibbs, glo die skrumskakel, Faf de Klerk, kan ‘n sleutelspeler vir ‘n Springbok-reeksoorwinning teen die toerspan wees. Die Bokke speel die eerste van drie toetse teen die Britse en Ierse Leeus op die 24ste van die maand in Kaapstad. Gibbs sê De Klerk is ‘n belangrike skakel in […]

Read More

Zuma bring dringende aansoek teen skuldigbevinding - July 2, 2021

Die regspan van die voormalige president Jacob Zuma, gelei deur advokaat Dali Mpofu, gaan ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg indien om die beslissing van die Konstitusionele Hof te herroep wat hom aan minagting van die hof skuldig bevind het. Hy is tronkstraf van 15 maande opgelê. Mpofu het ook aan die staat […]

Read More

Perez jaag 200ste die naweek - July 2, 2021

Sergio Perez van die Red Bull Formule Een-span hoop om die naweek ‘n plek op die podium te kry wanneer hy in sy 200ste F1-wedren by die Oostenrykse Grand Prix jaag. Die Meksikaan het in die verlede al vir Sauber, McLaren en Force India/Racing Point gejaag. Nadat hy verlede naweek op dieselfde baan die knie […]

Read More

Delta is dominant in SA, versprei vinnig - July 2, 2021

Die waarnemende Suid-Afrikaanse gesondheidsminister , Mmamaloko Kubayi-Ngubane, sê daar is nou beskikbare data wat bevestig die Covid-19 Delta-variant is oorheersend in Gauteng en KwaZulu-Natal. Dit is egter reeds besig om na die res van die land te versprei. Sy het die land ingelig oor die jongste Covid-19 status in Suid-Afrika. Kubayi-Ngubane sê die Delta-variant, wat […]

Read More

PDM veroordeel onttrekking van Mboma, Masilingi - July 2, 2021

Die PDM-party het ‘n verklaring uitgereik in verband met die onttrekking van die Namibiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi van die Spele se 400-meter as gevolg van vrese dat hulle testosteroonvlakke te hoog is. Die twee het die afgelope tyd skoonskip gemaak van verskeie rekords in Europa. Die party veroordeel die stap ten sterkste. […]

Read More

Britte sit sonder hulle Haribo - July 2, 2021

‘n Tekort aan vragmotorbestuurders het ‘n tekort aan Haribo-lekkers in die Verenigde Koninkryk veroorsaak. ‘n Woordvoerder van die maatskappy wat in Duitsland gesetel is sê sy hele reeks lekkers word beïnvloed. Die vragmotorvervoer industrie sê Brexit en die Covid-pandemie het tot die tekorte gelei en dat daar tans ‘n tekort van meer as 60 000 […]

Read More

Oos-Kaapse gesondheidsdiens: N$32 miljard in geregtelike eise - July 2, 2021

Die DA sê die finansiële status van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement is nie meer volhoubaar nie en die ineenstorting van die hele departement is onafwendbaar. ‘n DA-lid van die Wetgewer, Jane Cowley, sê die onvoorsiene uitgawes bestaan feitlik net uit geregtelike eise teen die departement en het gestyg tot 37 miljard Suid-Afrikaanse rand terwyl oplopings van […]

Read More

Pandemie: begrafnis skokke - July 2, 2021

Daar is groot kommer oor druk op families met party wat meer as een geliefde tydens die derde vlaag van Covid-infeksies moet begrawe. Die koste van ‘n begrafnis kan tot 25 000 dollar beloop vir die kis, betaling vir die graf, kos en blomme. Sommige families het tot sewe familielede verloor en sê die kostes […]

Read More