Malema sê verkiesing moet uitgestel word - July 2, 2021
Die leier van die EFF, Julius Malema, sal vanmiddag ‘n mondelinge voorlegging doen by die Ondersoek na ‘n Vry en Regverdige Munisipale Verkiesings gedurende Covid-19. Die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het opdrag gekry om te bepaal of die huidige omstandighede bevorderlik is vir ‘n vry en regverdige verkiesing in Oktober. Malema het by verskeie geleenthede […]
Toeriste in nie plaaslike toeriste nie – Kawana - July 2, 2021
Toerisme is een van die belangrike sektore van ons ekonomie. Op die oomblik het die regering Namibië onder toesluit geplaas, maar ‘n oop kamer gelaat om die toeriste te akkommodeer. Daar is ‘n oproep gedoen oor Namibiërs wat ‘n toeristebesienswaardigheid in Namibië wil besoek. Die minister van Binnelandse Sake, Albert Kawana, wat gesê het dat […]
Trump-ondersoek in New York – 15 klagte - July 2, 2021
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump se maatskappy, die Trump Organisasie, en sy finansiële hoof, Allen Weisselberg, is aangekla van belastingmisdade. Die klagstaat teen Weisselberg en die Trump Organisasie bevat 15 aanklagte van pogings tot bedrog, grootskaalse diefstal, kriminele belastingbedrog en die vervalsing van sakerekords. Die maatskappy en Weisselberg het onskuldig gepleit. Die Trump Organisasie […]
Noa se borgaansoek hervat vandag - July 2, 2021
Dennis Noa, die leerlingdokter wat aangekla word van die verkragting van die ‘n manlike, breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal, se borgaansoek sal na verwagting vandag voor landdros Esme Molefe hervat. Die saak is twee weke terug uitgestel nadat Covid-gevalle aangemeld is. Noa is sedert 13 April in aanhouding.
Outa looi Mbalula - July 2, 2021
Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik oftewel Outa sê dis geen verrassing dat die Wet op die Administratiewe Beoordeling van Padverkeersoortredings se strafpunt-stelsel wat gister moes begin het, nou na Julie volgende jaar uitgestel is nie. Die vervoerminister, Fikile Mbalula, het bekend gemaak dat die wet in fases sal begin, maar dat die strafpunte teen […]
Vroue in die soeklig - July 2, 2021
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê geen vrou behoort die regte, geleenthede en middele vir ‘n veilige, regverdige en vooruitstrewende lewe ontsê te word nie. Hy het ‘n virtuele toespraak by die Generasie Gelykheidsforum se Aksie-koalisie-vergadering gelewer. Ramaphosa sê Suid-Afrika verbind hom tot die ondersteuning en implementering van die aksies soos vervat in die wêreldwye […]
Voedsel en huur die grootste uitgawe - July 2, 2021
Die huidige hoë voedselpryse in Namibië plaas verbruikers onder verdere druk en volgens berigte word dit deur beperkings in voorraad gedryf. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê voedselinflasie het van 4,8 persent in Mei verlede jaar na 7,1 persent in Mei gestyg. Vleis het die grootste styging getoon van 6,5 persent verlede jaar tot 16,9 persent […]
NPI skenk ook vir Covid - July 2, 2021
Namib Poultry Industries het 300 000 Namibiese dollar aan die privaatsektor koalisie geskenk. Die koalisie is geskep om owerhede by te staan tydens die derde vlaag van die pandemie. Die maatskappy sê daar is tekorte van tussen 150 en 180 metrieke ton suurstof wat maandeliks aangeteken word en die huidige verskaffer het nie kapasiteit om […]
Privaatskole pas afstandsonderrig toe - July 2, 2021
Skole in Namibië is steeds gesluit en senior leerders het ook nie Woensdag, soos beplan, vir fisiese klasbywoning, teruggekeer nie. Die bepaling is deur owerhede in die jongste maatreëls, wat vir twee weke geldig is, uiteengesit. Maar, privaatskole pas op die oomblik afstandsonderrig toe en kinders is nie op vakansie nie. Colette Rieckert, voorsitter van […]
Stand van besigheid: dinge sal vererger - July 2, 2021
Reaksie word ontvang op die nuus dat 815 maatskappye tussen Januarie verlede jaar en Februarie vanjaar gederegistreer het. Die aankondiging het saam met die nuus gekom dat net 33 persent van die sektore in die Namibiese ekonomie enige groei sedert 2016 getoon het. Verder is daar ook ongeveer 12 000 werksgeleenthede wat verlore gegaan het. […]