Belastingontduikers word in SA opgespoor - July 2, 2021
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê hulle maak goeie vordering met die opspoor van en optrede teen belastingontduikers. Verlede jaar het die belastinggaarder meer as 26 000 mense opgespoor met ekonomiese bedrywighede van meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat nie vir belastingdoeleindes geregistreer is nie. Kieswetter sê hulle het die afgelope […]
Kerina Sondag by Held-akker begrawe - July 2, 2021
Die ontslape Mburumba Kerina, wat Namibië sy naam gegee het, sal Sondag by Helde-akker in Okahandja ter ruste gelê word. Hy is op 14 Junie aan Covid-19 oorlede. Hy was 89. Die inligtingsministerie het gesê sy roudiens sal Saterdag in die parlementstuine gehou word. Die nuus kom te midde van kritiek teen die regering dat […]
Sisa tree teen NBC vir Napwu op - July 2, 2021
Die openbare werkers vakbond Napwu, het volgens berigte vir Sisa Namandje aangestel om die nasionale uitsaaier te dwing om kontrakwerkers vas aan te stel. Dit volg na die uitgerekte mislukte staking laat in April en Mei vanjaar. Die vakbond sê hy het al sy verpligtinge teenoor die nasionale uitsaaier ingevolge hulle September 2011 ooreenkoms nagekom […]
LPM-jeug skaar hom by eSwatini aktiviste - July 2, 2021
Die Landless People’s Movement se jeug skaar hulle agter die pro-demokrasie betogers in Eswatini teen koning Mswati III. Duminga Ndala van die beweging het gesê hulle ondersteun die mense van Eswatini ten volle, veral die jong, dapper militante wat teen die verdrukking van die diktator, koning Mswati III en sy familie opstaan. Intussen sê Human […]
Covid moet nie die gevangenis binnekom nie - July 2, 2021
Die publiek word gewaarsku om die nuwe Covid-regulasies na te kom. Die Namibiese Korrektiewe Dienste het tot dusver goed gevaar maar maatreëls is moeilik om toe te pas. Dus sê Kommissaris Sam Shaalulange is dit belangrik om Covid uit tronke uit te hou. Hy verduidelik.
Standbeeld van Diana deur haar seuns onthul - July 2, 2021
Prinses Diana se seuns, William en Harry, het ‘n standbeeld van hulle ma by Kensington-paleis onthul op die dag 60 jaar nadat sy gebore is. Die twee prinse het vier jaar gelede opdrag gegee vir die kunswerk en Harry het vir die seremonie ingevlieg uit Amerika waar hy nou woon. Die geleentheid is weens Covid-19-regulasies […]
Zuma-ondersteuners dreig oorlog - July 2, 2021
D-dag kom nader vir oudpresident Jacob Zuma om sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof te begin uitdien en sy ondersteuners het beklemtoon oorlog gaan losbars as mag gebruik word om hom in aanhouding te kry. Hulle het gister sy tuiste by Nkandla in KwaZulu-Natal afgesper en daar word berig dat skote […]
NWR kies 10 sosiale media beïnvloeders - July 1, 2021
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het 199 inskrywings ontvang van plaaslike beïnvloeders op sosiale media wat belangstel om deel te neem aan hul eerste program om bewussyn te skep oor NWR se oorde. NWR se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, Mufaro Nesongano, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle uiteindelik tien beïnvloeders op sosiale media gekies […]
Gift of the Givers help vloedslagoffers van Wes-Kaap - July 1, 2021
Spanne van Gift of the Givers is na verskeie vloedgeteisterde gebiede in die Wes-Kaap gestuur. Dit volg na vyf dae van aanhoudende reënval wat chaos in die provinsie veroorsaak het. Bykans 5 550 huishoudings op 25 plekke is geraak deur die reënweer. Die stigter, Imtiaz Sooliman, sê die spanne het warm maaltye, komberse en Covid-pakkies […]
Wes-Kaap het toename van 51% in twee weke in Covid-gevalle - July 1, 2021
Die Wes-Kaap het oor die afgelope twee weke ‘n toename van 51 persent in sy Covid-gevalle aangeteken. Meer as 1 800 mense ontvang tans daar behandeling vir Covid-verwante komplikasies. Meer as 730 pasiënte word in openbare gesondheidsorggeriewe behandel terwyl meer as 1 100 mense in private hospitale en klinieke opgeneem is. Ons Kaapse korrespondent, Fritz […]