Organsiasie vra ingryping in Eswathini se ‘barbaarse optrede’ - July 1, 2021
NotInMyName Internasionaal het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om onmiddellik in te gryp deur die barbaarse optrede van Eswatini se bewind teen sy eie mense te veroordeel. Die buurland se ambassade moet ook onmiddellik gesluit word. Die organisasie se sekretaris-generaal, Themba Masango, sê deursigtigheid en goeie bestuur word beklemtoon deur die publiek en […]
Speaker van SA NV verwelkom uitspraak oor CR17-saak - July 1, 2021
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, sê vandag se hofuitspraak oor President Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog gee duidelikheid oor die openbare beskermer se magte in verhouding tot dié van die Parlement. Die Konstitusionele Hof het bevind Busisiwe Mkhwebane se regstellende optrede was onwettig. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê Modise verwelkom die uitspraak […]
PJ van Lill is kaptein van Namibiese rugbyspan - July 1, 2021
PJ van Lill is as kaptein van die Namibiese rugbyspan aangewys wat die naweek teen Ivoorkus te staan kom. Lesley Klim is die onder-kaptein.
SKA-teleskoop goedgekeur vir vervaardiging in SA, Australië - July 1, 2021
Die Square Kilometer Array-teleskoop is amptelik goedgekeur vir vervaardiging in Suid-Afrika en Australië. Die inter-regering-radioteleskoopprojek, bekend as SKA, is in die negentigerjare begin en die teleskope sal in hierdie twee lande gebou word. Die Suid-Afrikaanse radiosterrekunde-sterrewag sê die koste van die vervaardiging van die twee teleskope beloop ongeveer 34 miljard Namibiese dollar. Die projek begin […]
Legendariese SA musikant Steve Kekana sterf - July 1, 2021
Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Steve Kekana is op 62-jarige ouderdom dood. Sy medemusikant, Sipho Hotstix Mabuse, het Kekane se dood bevestig en die talentvolle sanger beskryf as ‘n baken van lig vir duisende regoor die wêreld. Kekana is volgens berigte vanoggend ná ‘n kort siekbed in die Polokwane-hospitaal in Limpopo dood. Sy broer en sakevennoot, […]
SA Mediese Vereniging hof toe oor junior dokters - July 1, 2021
Die Mediese Vereniging van Suid-Afrika sê hy sal die regering hof toe neem indien junior dokters wat in Maart en April afgestudeer het, nie teen die einde van vandag geplaas is nie. Altesaam 288 mediese assistente wag op grondwetlik verpligte plasing by openbare gesondheidsinstellings. Die vereniging sê internskap is ‘n statutêre komponent van mediese opleiding. […]
Padblokkades, veiligheidsones vir toepas van Covid-maatreëls - July 1, 2021
Ná die aankondiging van die nasionale inperking deur President Hage Geingob, het die minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, gesê padblokkades en veiligheidsones gaan ingestel word. Lede sal ontplooi word en sorg dat maatreëls toegepas word. Die lede is van die ministeries van binnelandse sake, verdediging, internasionale betrekkinge en samewerking, gesondheid en justisie.
Ses swartpoot-wildekatte in Suide met nekbande voorsien - July 1, 2021
Die Swartpoot-wildekat Werksgroep het altesaam agt swartpoot-wildekatte in die Suide naby Grünau gevang en ses met nekbande voorsien. Vier van die katte het die tweede keer sedert verlede jaar nekbande gekry, omdat hulle dit ontgroei het. Twee katjies is ook met mikroskyfies voorsien om navorsing oor hulle te doen. Alexander Sliwa, die stigter van die […]
Noord-Kaap wil landbou aantreklik vir jeug maak - July 1, 2021
Die Noord-Kaapse departement van landbou wil die sektor jonger en aantrekliker maak. Die departement sê dit moet gedoen word om jonger mense te lok. Planne is in die pyplyn om programme te ontwikkel om meer jongmense op te lei en hulle vaardighede te ontwikkel. Woordvoerder Zandisile Luphahla sê die hoof-doelwit is om by te dra […]
Namibiese jeug moet besef eie voedselproduksie is belangrik - July 1, 2021
Intussen het die Namibiese jeugminister, Agnes Tjongarero gesê tydens die eerste inperkings moes die jeug besef het hoe afhanklik Namibë van Suid-Afrika vir voedselinvoere is. Sy sê hulle moet teen hierdie tyd besef dat Namibië sy eie voedsel moet produseer en nie van ander lande afhanklik vir kos moet wees nie.