Damme vertoon goed, baie water die week benut - May 20, 2025
NamWater se jongste dambulletin dui aan dat sentrale bronne tans op 84,8 persent staan met amper 1,1 miljoen kubieke meter water wat in die afgelope week onttrek is – dit sluit oordragte vanaf Omatako na Von Bach. Swakoppoort is 98 persent vol, Von Bach het 82 persent en Omatako 68 persent. Otjivero in die Ooste […]
Jeugwerkloosheid: Almal word geraadpleeg, behalwe die jeug - May 20, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-LP Emma Muteko haar kommer uitgespreek oor die kommerwekkende vlak van jeugwerkloosheid, veral in die Kavango Oos- en Omusati-streke onder jongmense tussen 15 en 24 jaar. Sy vra vir duidelikheid oor die faktore wat tot hierdie situasie bydra. Sy het verder haar kommer uitgespreek dat, alhoewel verskeie […]
Franse bou maksimum sekerheidstronk – in Amasone - May 20, 2025
Die Franse minister van Justisie het aangekondig dat die land ’n nuwe maksimum-sekerheidstronk in Frans-Guyana gaan bou om dwelmhandelaars en radikale Islamiete te huisves. Gérald Darmanin het aan ’n Franse koerant gesê die tronk sal georganiseerde misdaad op alle vlakke van die dwelmverskaffingsketting teiken. Die aankondiging volg op ’n reeks gewelddadige voorvalle die afgelope maande […]
NNN op pad Zim toe na Mosambiek - May 20, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah is geskeduleer om vandag samesprekings met Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa in Harare te hou. Sy het gisteraand in Zimbabwe aangekom vir ‘n inleidende besoek, nadat sy haar besoek aan Mosambiek afgesluit het, waar sy gesprekke met die land se president, Daniel Chapo, gevoer het. Die woordvoerder van die presidensie, Alfredo Hengari, het […]
Steenhuisen sal druk vir Agoa in VSA - May 20, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen sê die belangrikste sake op sy lys sal die vestiging van handelsbande tussen Suid-Afrika en Amerika wees, veral op landbougebied. Steenhuisen, in sy hoedanigheid as landbouminister, is deel van president Cyril Ramaphosa se afvaardiging om in Amerika met president Donald Trump en senior amptenare te vergader. Hy sê voorkeur-handelsooreenkomste soos die […]
Vance meen Putin weet nie hoe om uit die oorlog te tree nie - May 20, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê dat Rusland en Oekraïne onmiddellik sal begin onderhandel oor ‘n wapenstilstand en ‘n einde aan hul driejarige oorlog, na ‘n telefoongesprek met Rusland se president Vladimir Putin. Die Amerikaanse vise-president JD Vance het vroeër ‘n waarskuwing herhaal dat Washington van die vredesproses kan wegstap as daar geen vordering is nie. […]
Vergeet van dwelmmuil, hier’s ‘n dwelmkat - May 20, 2025
Gevangenispersoneel in Costa Rica het ‘n dwelmmuil, of eerder ‘n dwelmkat, op die gevangenis se gronde betrap. Volgens ‘n Facebook-plasing deur die land se justisieministerie het beamptes by die Pococi-gevangenis op 6 Mei die onwaarskynlike smokkelaar op die terrein gesien en hom gevang. Hulle was agterdogtig oor grys kolle op die kat se pels en […]
Kantoor van President soek innoverende strategiese planne - May 19, 2025
Die waarnemende uitvoerende direkteur in die Kantoor van die President, Mateus Kaholongo, sê personeellede moet wegkom van tradisionele benaderings, selfvoldaanheid en verouderde prosesse terwyl hulle die kantoor se vyfjaar-strategiese plan opstel. Die personeellede is op Swakopmund om die jaarlikse en vyfjaarplanne te finaliseer. Kaholongo benadruk dat daar verwag word dat die planne doelstellings, innoverende strategieë […]
SA maak reg vir koue, eerste sneeu - May 19, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê twee frontale stelsels word hierdie week oor die land verwag. ‘n Kouefront sal vandag die kus aan die suidwestelike deel van die land bereik, wat nat, koue en winderige toestande oor die westelike dele van die Wes-Kaap sal meebring. ‘n Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die nat en koue toestande sal môre […]
Britse bergklimmer 19de keer op Everest se kruin - May 19, 2025
Die Britse bergklimmer Kenton Cool het vir die 19de keer die kruin van Mount Everest bereik. Hy het daarmee sy eie rekord deur ’n nie-sjerpa verbeter. Die 51-jarige, wat vergesel is deur die Nepalese sjerpa Dorji Gyaljen, het Sondag die 8 849-meter hoë kruin bereik. Cool het Everest die eerste keer in 2004 uitgeklim en […]