Khomas se inentings gestaak, voorraad op - July 1, 2021

Daar is geen voorraad van Covid-entstowwe in die Khomas-streek oor nie. Beide die AstraZeneca en Sinopharm entstowwe is op. Die intentingsprogram is dus vir eers gestaak. Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid Ben Nangombe sê Rehoboth, Gobabis, Aranos en Mariental het ook geen voorraad van AstraZeneca nie en daar is enkele dosisse Sinopharm […]

Read More

GRN, wat is die plan met skole? - July 1, 2021

Terwyl die skole gesluit bly weens die nuwe Covid-regulasies, het Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Namibiese onderwysvakbond gesê dat hulle die besluit verwelkom, maar hulle is ook teleurgesteld dat daar nie ‘n konkrete plan van aksie is nie. Kavihuha het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Eiendomsmark groei stadig - July 1, 2021

Verbandlenings in Namibië groei teen ‘n baie stadige tempo en die Bank van Namibië sê 3,1 persent is in Mei vanjaar aangeteken teenoor 3,5 persent in April. Volgens Robert McGregor sal die prentjie nie vinnig verander nie. Hy verduidelik.

Read More

Ekonome het lof vir nuwe maatreëls - July 1, 2021

Ekonome het die nuwe maatreëls in verband met die pandemie geloof. Die regering was genoodsaak om ‘n fyn balans te handhaaf tussen die beskerming van die ekonomie sowel as lewens. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die ekonomiese fakulteit van Unam het sy mening so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…

Read More

Arbeidsministerie sluit afdelings tot Maandag - July 1, 2021

Die Namibiese arbeidsministerie het te kenne gegee dat die kantoor van die uitvoerende direkteur, die afdeling vir internasionale betrekkinge en raad en die menslike hulpbronne- en die verkrygingsdepartemente vanmiddag twee-uur sluit en eers weer Maandag oopmaak. Die perseel moet gereinig word. Dokumente kan afgegee word by die wagkamer by die ministerie se hekke of, in […]

Read More

815 maatskappye staak bedwyighede - July 1, 2021

Plaaslike media berig dat 815 maatskappye tussen Januarie verlede jaar en Februarie vanjaar gederegistreer het. Die aankondiging kom saam met die nuus dat net 33 persent van die sektore in die Namibiese ekonomie enige groei sedert 2016 getoon het. Daar word verwag dat die impak van die heersende pandemie die stand van sake verder sal […]

Read More

CR-17: Mkhwebane het geen gesag gehad vir ondersoek nie - July 1, 2021

Die buurland se Konstitusionele Hof het bevind dat die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, geen gesag gehad het om bewerings van geldwassery tydens President Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog te ondersoek nie. Die hof het ook bevind dat sy geen reg gehad het om die speaker te beveel om te eis dat Ramaphosa sy skenkers bekend maak […]

Read More

Reaksie op naweek drankverbod - July 1, 2021

Reaksie word ontvang op die verbod op alkoholverkope vanaf Vrydag na Sondag wat deur President Hage Geingob aangekondig is. Daar is verskeie ander beperkings wat ook ingestel is. Horst Heimstädt van die Self-regulerende Alkohol Industrie-forum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Medelye na Nguvauva se afsterwe - July 1, 2021

Die Namibiese adjunkminister van werke en vervoer, en die hoof van die Ovambanderu tradisionele owerheid Kilus Nguvauva is op Gobabis oorlede as gevolg van Covid-komplikasies. Die president van die PDM, McHenry Venaani het sy medelye uitgespreek. Sy woordvoerder Roberto Dirkse…

Read More

CR-17 – Cyril het nie fouteer nie - July 1, 2021

Daar is geen bewyse dat president Cyril Ramaphosa persoonlik voordeel getrek het uit skenkings aan die CR17-veldtog nie. Die Konstitusionele Hof het vandag uitgespraak gelewer in die saak of Ramaphosa die Parlement doelbewus mislei het oor die geld, of persoonlik voordeel daaruit getrek het. Regter Chris Jafta het bevind daar was geen geldwassery betrokke nie […]

Read More