Spele – sewesspan sit vas in Dubai - July 1, 2021

Samoa se sewesspan is in Dubai gestrand en sal tot die 27ste van die maand moet wag voordat hulle kan terugkeer huis toe nadat hulle nie vir die Tokio Spele gekwalifiseer het nie. Spelers en personeel van die mans- en vrouespanne is volgens berigte verbied om ‘n repatriasievlug te haal van Dubai na Nieu-Seeland omdat […]

Read More

Ent jouself asb – Nahas - July 1, 2021

Die voormalige eerste minister Nahas Angula het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om hulself so spoedig moontlik in te ent. In sy mening moet die pandemie hok geslaan word en dit kan deur middel van inenting plaasvind. Hy verduidelik…

Read More

Myeni se Hawaii-skietdood was geregverdig - July 1, 2021

Die polisie in Hawaii het bevind die skietdood van Lindani Myeni van Suid-Afrika was geregverdig. Geen aanklagte gaan teen die betrokke beamptes van die Honolulu-polisie gelê word nie. Die polisie het Myeni, wat in Richardsbaai gebore is en rugby gespeel het, geskiet nadat hulle op ‘n 911-noodoproep oor ‘n inbraak gereageer het. Die aanklaer, Steve […]

Read More

‘Ons is reeds sedert verlede jaar gereed’ – Shangula - July 1, 2021

Met kenners, en self President Hage Geingob wat Woensdag bevestig het dat dit hoogs waarskynlik is dat die Delta-variant teenwoordig is in die land, is daar groot kommer. Toetsuitslae in die verband sal teen Vrydag bekend wees maar intussen het die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula gesê owerhede is sedert verlede jaar gereed om die krisis […]

Read More

Fosfaatmaatskappy sê hy sien uit na ontwikkeling van projek - July 1, 2021

Namibia Marine Phosphate het in ‘n verklaring gesê hy verwelkom die uitspraak van die hoërhof regter Harold Geier in verband met sy omgewing klaringsertifikaat. Geier het Woensdag bevind dat die maatskappy nie die sertifikaat deur die korrekte prosedure bekom het nie en gesê hy kan nie sy gelyste aktiwiteite toepas voor hy nie een bekom […]

Read More

Cosby se vonnis ongeldig verklaar - July 1, 2021

Die Hooggeregshof in Pennsilvanië in Amerika het die komediant Bill Cosby se vonnis weens seksuele aanranding ongeldig verklaar en sy onmiddellike vrylating uit die tronk beveel. Die 83-jarige Cosby is in 2018 skuldig bevind aan die bedwelming en molestering op sy voorstedelike landgoed van ‘n vrou wat by die Temple-universiteit gewerk het. Sy paroolaansoek verlede […]

Read More

Venaani loof Christine, Beatrice - July 1, 2021

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het die Namibiese atleet Christine Mboma gelukgewens met haar oorwinning in Pole. Sy het nie net die Afrika-rekord in die 400m verpletter nie, maar die 7de beste tyd ooit van 48.54 sekondes opgestel. Haar mede-atleet Beatrice Masilingi het Dinsdag ook ‘n nuwe nasionale rekord in die 200-meter in […]

Read More

Ergste is nog op pad – Augustus en September - July 1, 2021

Die ergste is nog lank nie verby nie, het President Hage Geingob in sy Covid-toespraak gesê. Hy het gesê die stygende vlak van blootstelling is baie kommerwekkend as gevolg van die uiters oordraagbare aard van die virus. Vooruitskatting van kundiges dui aan dat die stygende voorkomskurwe tydens die derde vlaag na verwagting ‘n hoogtepunt teen […]

Read More

G20-lande moet meer bystand bied tydens pandemie - July 1, 2021

Die hoofde van die Wêreldbank-groep, die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Wêreldhandelsorganisasie het ‘n taakspan saamgestel om die lewering van Covid-19 hulpmiddels aan ontwikkelende lande te volg, te koördineer en te verbeter. Die hoofde van die organisasies sê hulle is diep bekommerd oor die gebrek aan entstowwe, terapeutiese middels, diagnose en ondersteuning vir […]

Read More

Internasionale studie sê ivermektien doen niks vir Covid nie - July 1, 2021

Navorsing deur ses hoogs gekwalifiseerde dokters en wetenskaplikes van die VSA, Peru en Brasilië op die gebruik van ivermektien as Covid-behandeling is pas deur Oxford-universiteit se drukkery vir die Amerikaanse Vereniging van Aansteeklike Siektes gepubliseer. Streng kontroles is toegepas en plasebos is ook benut in groepe van Covid-pasiënte wat deelgeneem het. Die studie het bevind […]

Read More