Tshwane sluit biblioteke, vermaaklikheidsentrums - June 29, 2021

Die Stad Tshwane het inwoners in kennis gestel dat sy biblioteke en vermaaklikheidsgeriewe soos teaters en fliekteaters gesluit is. Kulturele geriewe soos museums en galerye word hierby ingesluit, aangesien die land tans in die aangepaste inperkingsvlak-vier is. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die provinsiale aanlyn biblioteekplatform genaamd Overdrive is steeds beskikbaar en bied […]

Read More

Kommer oor troeteldiere van Covid-slagoffers - June 29, 2021

Gedurende hierdie moeilike tye van die Covid-pandemie is baie lewens beïnvloed. Troeteldiere verloor ook hul geliefdes wanneer hul eienaars weens Covid sterf. Hanna Rhodin, DBV-bestuurder in Windhoek, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit belangrik is dat hierdie diere versorg word wanneer hulle geliefdes aan die dood afgestaan het en hulle wees agterlaat is. […]

Read More

Geslagsgeweld gedy tydens pandemie - June 29, 2021

Geslagsgeweld het tydens die Covid-pandemie drasties toegeneem. In die eerste maande van die Covid-pandemie het die Verenigde Nasies beraam dat inperkingsmaatmaatreëls tot 15 miljoen bykomende gevalle van geslagsgeweld kan lei. Wêreldleiers kom vandeesweek in Parys byeen om ongelykhede te bespreek. Anthea Basson, nasionale inligtingsbeampte van die Verenigde Nasies se inligtingsentrum in Windhoek het met Kosmos […]

Read More

PSEMAS-lede kry SMS-lyn - June 29, 2021

Die Namibiese ministerie van finansies het ‘n SMS-kennisgewing ingestel vir lede van die mediese fonds vir staatsdienswerkers, PSEMAS. Die ministerie en Methealth Namibia Adminstrators is verheug dat hulle die SMS-kennisgewing-inisiatief bekendgestel het. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus, het die ministerie se skakelbeampte, Tonateni Shidhudhu, gesê die SMS-diens sal op 1 Julie afskop. Die SMS-nommer […]

Read More

Griek vas met skildery van Pablo Picasso - June 29, 2021

‘n Griekse man is in hegtenis geneem nadat ‘n skildery deur Pablo Picasso aan die buitewyke van Athene in ‘n kloof weggesteek gevind is. Die Vrouekop en twee ander skilderye is nege jaar gelede tydens ‘n waaghalsige inbraak by die nasionale museum in die hoofstad gesteel. Picasso het dit in 1949 persoonlik aan die galery […]

Read More

Polisiebeampte op Rundu wond drie aangehoudenes - June 29, 2021

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n polisiebeampte van Rundu wat drie aangehoudenes by die Rundu polisiekantoor geskiet het. Die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie het gesê die polisiebeampte sal van poging van tot moord aangekla word nadat hy die drie aangehoudenes gewond het.

Read More

Kaapstad se inentingsplan brei uit - June 29, 2021

Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, sê die ontplooiingsplan vir entstowwe in Kaapstad sal hierdie week uitgebrei word om te verseker dat meer inwoners hul inentings ontvang. Plato het die regering versoek om meer entstowwe aan te skaf ten einde die doelwitte te verhoog. Hy het inwoners wat dit nog nie gedoen het nie en […]

Read More

Storms duur voor in Kaapstad - June 29, 2021

Die winterstormtoestande duur in Kaapstad voort met baie nat en koue weer wat die hele week tot Sondag voorspel word. Die aanhoudende reënval het oorstromings in laagliggende gebiede in die stad veroorsaak. Daar kan verwag word dat dit oor die volgende paar dae sal vererger namate reën sal voortduur. In die sentrale en oostelike dele […]

Read More

OUTA verwelkom Zuma se vonnis - June 29, 2021

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisaise, die Organisation Undoing Tax Abuse, oftewel OUTA, het die uitspraak teen oudpresident Jacob Zuma verwelkom. Hy is tot 15 maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof. Die organisasie het die Konstitusionele Hof geprys weens die verdediging van die howe en die regsorde. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die beslissing […]

Read More

Brandstofpryse styg op 7 Julie in SA - June 29, 2021

In Suid-Afrika is die prys van petrol oorgehaal om met 23 cent per liter te styg. Diesel word na verwagting 38 cent duurder. Paraffien word ook duurder. Die nuwe brandstofpryse geld vanaf 7 Julie. Die olieprys was onlangs op die hoogste vlak sedert 2018.

Read More