Monica Geingos huldig Dr. Hage G. Geingobstraat in Lusaka in - May 19, 2025

Die derde eerste dame van Namibië, Monica Geingos was die naweek in Zambië om die hernoeming van ‘n straat na wyle president Hage Geingob in te huldig. Die voormalige Sadzustraat in Lusaka heet nou Dr. Hage G. Geingobstraat. Geingos het by die geleentheid Geingob se liefde vir Zambië onderstreep.

Read More

GBV-werkswinkels goed, maar waar’s die aksie: aktivis - May 19, 2025

Die lynministerie hersien die Nasionale Geslagsgeweld Plan van Aksie om daaglikse ingrypings te verbeter. Die uitvoerende direkteur Lydia Indombo het dit tydens die afsluiting van ’n vierdaagse geslagsgeweld-opleidingswerkswinkel in Swakopmund aangekondig. Volgens die polisie is daar tussen April 2024 en Februarie 2025 4 405 gevalle van die geweld, insluitend 1 345 verkragtings, aangemeld. Kosmos 94.1 […]

Read More

Afrika-ondernemings ver agter met KI-aanvaarding - May 19, 2025

‘n Nuwe gereedheidstudie vir KI het gewys 90-persent van ondernemings in Afrika word negatief geraak word omdat hulle nie Kunsmatige Intelligensie ten volle gebruik nie. Die probleme sluit vertraging van projekte en verbeurde groeigeleenthede in. Die studie wys ook dat 60-persent van maatskappye KI-vaardighede as belangrik vir sukses in die komende jaar beskou. Die sagteware […]

Read More

Nuwe rekord vir vroulike kunstenaar in New York opgestel - May 19, 2025

Die kunstenaar Marlene Dumas het ‘n nuwe wêreldrekord opgestel vir die duurste werk deur ‘n lewende vroulike kunstenaar. Haar skildery uit 1997, Miss January, is vir sowat 245-miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling van Christie’s in New York verkoop. Die skildery van 2,8-meter hoog het die vorige rekord van Jenny Saville se Propped in 2018 […]

Read More

SA se Rayno Nel is Wêreld se Sterkste Man 2025 - May 19, 2025

Die Suid-Afrikaanse nuweling Rayno Nel het geskiedenis gemaak in Sacramento deur vanjaar se titel as die Wêreld se Sterkste Man te verower. Hy het daarmee die eerste Afrikaner en die eerste nuweling-wenner sedert 1997 geword. Die voormalige rugbyspeler het vroeg in die kompetisie ’n voorsprong opgebou en dit behou deur die uitmergelende Flintstone-gewigstange en Atlas-stene-eindstryd. […]

Read More

Walvisbaai begroot groot vir kapitaalprojekte - May 19, 2025

Die munisipaliteit van Walvisbaai het 632 miljoen Namibiese dollar vir kapitaalprojekte en 660 miljoen dollar vir bedryfskoste begroot vir die 2025/26-boekjaar. Grondontwikkeling geniet prioriteit met 272 miljoen dollar vir behuisings- en nywerheidspersele, insluitend projekte soos Farm 37, Narraville Uitbreiding 8 en Walvisbaai Uitbreiding 9. Nog 25 miljoen dollar is bestem vir die Shack Dwellers Federation. […]

Read More

Nuwe hoop vir SA Poskantoor-herlewing - May 19, 2025

Indiensneming en arbeid-minister, Nomakhosazana Meth, het aangekondig die Werkloosheidsversekeringfonds en Suid-Afrikaanse Poskantoor het ʼn nuwe ooreenkoms onderteken. Die doel is om byna 6 000 werksgeleenthede te behou en die staatsinstelling te laat herlewe. Die ministerie se woordvoerder, Thobeka Magcai, sê die fonds sal oor ʼn tydperk van ses maande deur die Tydelike Werkgewer-werknemer-verligtingsfonds 381 miljoen […]

Read More

Trump wil Harris ondersoek oor veldtog-‘betaling’ aan beroemdes - May 19, 2025

Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil ’n ondersoek begin na Kamala Harris, sy teenstander in die 2024-verkiesing, oor beroemdes wat haar gesteun het. Hy sê kandidate mag nie betaal vir steunverklarings nie. Hy beweer Harris het dit gedoen onder die dekmantel van betaling vir vermaak. Oprah Winfrey het ’n betaling van 18-miljoen Namibiese dollar […]

Read More

Alcaraz tweede op wêreldranglys na Rome-wen - May 19, 2025

Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje het Alexander Zverev van Duitsland in die tweede plek op die wêreldranglys vervang nadat hy nommer-een, Jannik Sinner, gister in die eindstryd van die Italiaanse Ope geklop het. Die Italianer het op 10 Junie verlede jaar die posisie oorgeneem. Sy landgenoot, Lorenzo Musetti, het sy hoogste posisie, agste, bereik en […]

Read More

Landbou waarsku oor nuwe aanlyn slenter - May 19, 2025

‘n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die ministerie van landbou ‘n inisiatief geloods het vir klein en mediumgrootte besighede. Volgens die plasing kan die besighede aansoek doen vir befondsing. Die plasing dui ook verder aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry, ook met toerusting. Belangstellendes moet op ‘n skakel klik om persoonlike […]

Read More