Zuma hoor môre oor minagting - June 28, 2021
Oudpresident Jacob Zuma sal môre hoor wat die Konstitusionele Hof besluit het oor die saak van minagting van die hof wat die staatskapingskommissie teen hom aanhangig gemaak het. Die kommissie het die land se hoogste hof gevra om Zuma skuldig te bevind omdat hy, ten spyte van ‘n hofbevel, vroeër vanjaar geweier het om voor […]
Okahandja se mense vat hande teen Covid - June 28, 2021
Okahandja se gesondheid infrastruktuur het baie groot uitdagings beleef as gevolg van ‘n skerp toename in Covid-infeksies maar, die gemeenskap het saamgespan en maak op die oomblik ‘n daadwerklike verskil. Die Okahandja Boerevereniging het ‘n mobiele lykshuis verskaf en die gemeenskap voorsien op die oomblik kos aan Covid-pasiënte wat nie self kan voorsien nie. Die […]
Alkoholverbod laat net onwettige handel toe - June 28, 2021
Suid-Afrika se verbod op die verkoop van alkohol het groot kommer plaaslik veroorsaak, veral omdat werksverliese weer kan voorkom. Die Self-Regulerende Alkohol Industrie-forum sê om alkoholverkope op te skort veroorsaak eenvoudig dat die onwettige handel daarin toeneem. Horst Heimstädt van die forum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Heimstädt meen die deel van drankies uit […]
Skole: onderwysers is nie gereed nie - June 28, 2021
Senior leerders keer op 1 Julie terug skool toe terwyl die res van die land ‘n vroeë wintervakansie vanaf 25 Junie tot 26 Julie het. Maar daar is kommer oor skole se gereedheid om fisiese klasbywoning te hervat. Volgens die sekretaris-generaal van die Onderwysersvakbond van Namibië Mahongora Kavihuha sê onderwysers ook hulle nie gereed nie.
Kim is te maer, Koreane is bekommerd - June 28, 2021
Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, se onlangse gewigsverlies het blykbaar die hoofstad, Pjongjang, se inwoners baie bekommerd gelaat. Staatstelevisie het ‘n onderhoud uitgesaai met ‘n man wat sê Kim se uitgeteerde voorkoms het hom in trane gehad. Daar is geen amptelike woord geuiter oor sy gesondheid of voorkoms nie omdat die land se leiers bekend […]
Amper N$2m vir Whk se landbou-program - June 28, 2021
Stad Windhoek het onlangs 1,92 miljoen Namibiese dollar van die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram ontvang om landbouprodukte van Farm Okukuna, die stad se stedelike landbouprojek, te ontwikkel en te bevorder. Farm Okukuna is geleë in die informele nedersettingsgebied van die Goreangabdam, waar die projek ten doel het om voedselonsekerheid en werkloosheid onder die stad se […]
Delta blykbaar nog nie hier nie - June 28, 2021
Volgens die Namibiese gesondheidsministerie is die Delta-variant van die Covid-virus nog nie in die land gekry nie, maar hulle wag op toetse in die verband soos Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die ministerie aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Meer oor Sondag se skudding - June 28, 2021
Die Namibiese ministerie van myne en energie se geologiese opname departement het meer inligting oor Sondagoggend se aardbewing naby Ariamsvlei bekend gemaak. Volgens die opname het die skudding, wat 4,2 op die Richterskaal gemeet het, om vyf minute voor ses plaasgevind. Die skudding was vlak, teen 15 kilometer se diepte en is deur drie Namibiese […]
Caster het nog net een kans vir Spele - June 28, 2021
Wêreldatletiek se Kontinentale Toer-byeenkoms Woensdag in Luik, België, is Caster Semenya se laaste kans om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Tokio. Sy sal aan die 5 000-meter-wedloop deelneem, aangesien sy verbied is om aan alle wedlope tussen 400-meter en een myl deel te neem ná die sportliggaam se besluit rakende vroue met natuurlike […]
Trauma is groot kommernis tydens derde vlaag - June 28, 2021
Die Covid-19-pandemie veroorsaak volgens kundiges op die oomblik baie hartseer en sielkundige probleme met geliefdes en kennisse wat of siek of oorlede is. Die probleem het die afgelope tyd toegeneem met die skerp toename in positiewe gevalle en sterftes in die land. Dr Hilda Losch ‘n kliniese sielkundige in die hoofstad het haar siening in […]