SAL weer in die nuus - June 27, 2021

Die stigter van Harith General Partners, Tshepo Mhloele, waarsku dat anders as met ‘n staatsonderneming, sal ‘n nuwe Suid-Afrikaanse Lugdiens onder die konsortium daarop gemik wees om kommersieel suksesvol te wees. Hy sê dít mag meer werksverliese beteken. Takatso, ‘n konsortium van Harith en Global Aviation, gaan 51-persent van SAA bekom. Mhloele het aan die […]

Read More

Ramaphosa praat vanaand. - June 27, 2021

President Cyril Ramaphosa praat vanaand agt uur weer met die buurland oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die Gesondheidsministerie sê vanaand se toespraak volg op ‘n spesiale vergadering van die Nasionale Koronavirus-bevelsraad die presidensiële koördineringsraad en die kabinet om ‘n verslag van wetenskaplikes te bespreek oor die toename in die Delta-variant in Suid-Afrika. […]

Read More

Nog 2 428 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig - June 26, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 2 428 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig. Windhoek het 1 244 nuwe gevalle, Gobabis 201, Rundu 152, Swakopmund 123, Rehoboth 107 en Oshakati 101. Die res is regoor die land versprei. Daar is op die oomblik nog 18 985 aktiewe gevalle, 63 357 het herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van […]

Read More

Proteas pak Wes-Indië vanaand in Grenada - June 26, 2021

Krieket: Die kaptein van die Proteas se Twintig-20-span, Temba Bavuma, gaan nie daarop aandring dat hulle moet kniel ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging wanneer hulle reeks van vyf wedstryde teen Wes-Indië vanaand in Grenada afskop nie. Bavuma steun die gesamentlike besluit van die span om hulle steun vir maatskaplike geregtigheid op hulle eie […]

Read More

Dis vandag Internasionale Dag teen Middelmisbruik en Onwettige Handel - June 26, 2021

Dit is vandag Internasionale Dag teen Middelmisbruik en Onwettige Handel.Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad het bekend gemaak dat meer as 36-miljoen mense wêreldwyd, die afgelope jaar aan versteurings wat met middelmisbruik verband hou, gely het. Die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het intussen die publiek aangemoedig om hulp en inligting van […]

Read More

Inentings teen Covid-19 gaan voort in weerwil van druk op voorraadc - June 26, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar druk op die beskikbare voorraad van AstraZeneca en Sinopharm entstof teen Covid-19 in die land ervaar word asgevolg van ‘n vertraging met die aflewering van nuwe voorraad.Inentings sal steeds volgens die ministerie voortgaan. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê intussen kwesbare mense vir Covid-19 , soos bejaardes , sal dalk jaarliks […]

Read More

Sanet gee raad vir dieet teen Covid-19 - June 26, 2021

Tydens die Covid-pandemie tref mense ekstra voorsorgmaatreëls, soos om te stoom of vitamienaanvullings te neem. ‘n Goeie dieet speel ook ‘n belangrike rol vir ‘n goeie immunstelsel. Bekende Namibiese sjef Sanet Prinsloo gee raad op Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Vragmotorkapers in Suid-Afrika aangekeer - June 26, 2021

Die nasionale polisiekommissaris in Suid-Afrika, Khehla Sitole, het die deurbraak met vragmotorkapings in die buurland verwelkom ná die inhegtenisname van verskeie verdagtes in Midrand, Gauteng. Die polisie het op die verdagtes toegesak wat na bewering beplan het om ‘n vragmotor tussen Pretoria en Johannesburg te kaap. Toe die polisie die perseel in Presidentspark binnegaan, het […]

Read More

Druk op sommige boere in die suide - June 26, 2021

Volgens Dolf de Wet Jr. ‘n boer in Grünau sal boere nooit genoeg weiding hê nie, maar wat hulle tans het, is wel genoeg. De Wet het die jongste nuus oor van plase in die Grünau-omgewing met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Probleme met muise in Onhangwena-streek duur voort - June 26, 2021

Die goewerneur van die Onhangwena-streek, James Uerikua, sê die muisprobleem in die streek bly sedert verlede jaar ‘n uitdaging. Die muise rig skade aan gewasse, gestoorde graan en veevoer aan. Hy sê die muise dra ook ‘n gesondheidsrisiko. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More