Meer bekostigbare suurtstofkonsentreerders beskikbaar - June 25, 2021

Sven Schulz, wat voorheen in die mediese veld gewerk het, sê hy is geskok hoe die pryse van suurstofkonsentreerders die hoogte inskiet. Hy het besluit om sy mediese vriende te kontak en bekostigbare suurstofkonsentreerders in die hande te kry om diegene in nood te help. Schulz het met Kosmos 94.1 Nuus gesels. Hy het ook […]

Read More

Dodetal van ineenstorting van Miami-gebou styg tot vier - June 25, 2021

Die dodetal in die ineenstorting van die multiverdiepinggebou in Miami in Florida het tot vier gestyg ná nog lyke onder die puin gevind is. Swaar reën belemmer die reddingspogings van enige mense wat dalk nog onder die rommel vasgekeer is, berig internasionale media.

Read More

Windhoekse motorfietsryers hou Prayer Warrior Ride - June 25, 2021

Die motorfietsgemeenskap van Windhoek gaan môre ‘n Prayer Warrior Ride teen die Covid-pandemie ry. Dit is die inisiatief van motorfietsryers Natascha van Heerden en Reinhard Redecker waartydens motorfietsryers by verskeie hospitale gaan aandoen en vir pasiënte bid. Redecker het met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

G4S maan teen misdadigers wat hulle as sekuriteitsbeamptes voordoen - June 25, 2021

G4S-sekuriteitesdienste waarsku Windhoek-inwoners, verval van die Eros-woonbuurt, dat mense hul as G4S-personeel voordoen wat hul alarmstelsels wil toets. G4S sê dat al hul personeel G4S-uniforms dra en met G4S-gemerkte voertuie ry. Hulle maan dat mense nie hul hekke of huise oopmaak nie en die beheersentrum onmiddellik skakel.

Read More

Altesaam 305 leerders toets positief vir Covid - June 25, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 2 547 nuwe Covid-gevalle uit 5 349 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 305 leerders, waarvan 22 van die St. Boniface College op Rundu is, asook 30 studente, 28 gesondheidswerkers, en 24 onderwysers. Daar is 17 694 aktiewe sake, waarvan 537 pasiënte in hospitale is, met 91 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 26 […]

Read More

Motorgroep sal 12 000 Kaapse onderwysers na intentingsentrum vervoer - June 25, 2021

Die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, sê toe hulle ‘n motorgroep nader om 12 000 onderwysers van 400 skole in Kaapstad na die Pinelands-inentingsentrum te vervoer, het die groep nie gehuiwer nie. Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman, sê die Motus-groep het vroeër ook vyf voertuie geskenk om die organisasie se werk […]

Read More

Een van drie klagte van meineed teen SA openbare beskermer laat vaar - June 25, 2021

Die Pretoriase landdroshof het vandag een van die drie aanklagte van meineed teen die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, teruggetrek. Die saak hou verband met haar ondersoek na die Absa/Bankorp-saak waarin sy beskuldig word dat sy onder eed gelieg het oor haar vergaderings met oudpresident Jacob Zuma. Mkhwebane se woordvoerder, Oupa Segalwe, sê sy sal die […]

Read More

NUST: 2 400 studente vang graad - June 25, 2021

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het vandag sy virtuele gradeplegtigheidseremonie gehad met 2 400 studente wat graad gevang het. Die Namibiese minister van hoër onderwys, Itah Kandjii-Murangi, het gesê volgens die Arbeidsmark-vooruitskattingsverslag van 2019 ervaar Namibië ‘n werksmag- en vaardigheidstekort in ‘n aantal kritieke sektore.

Read More

Nampol: 19 op Otjiwarongo vas oor oortreding van Covid-regulasies - June 25, 2021

Die Namibiese polisie op Otjiwarongo het 19 mense in verband met die oortreding van die Covid-regulasies in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha het die 19 mense partytjie by ‘n huis in die DRC informele nedersetting gehou. Tien van die mense het ook nie maskers gedra nie. Die 19 mense […]

Read More

IPPR sluit by Amnestie aan vir inentingsveldtogte - June 25, 2021

Met Suider-Afrikaanse lande wat tans ‘n derde vlaag van die Covid-pandemie ervaar, het Amnestie Internasionaal en 27 ander nie-regeringsorganisasies ‘n beroep op streeksleiers, sakelui, buitelandse regerings en skenkers gedoen om pogings en hulpbronne op te skerp om so gou as moontlik soveel mense in te ent. Die plaaslike Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ook die […]

Read More