Vlakke van akute honger styg (weer) in 2024 - May 19, 2025

Wêreldwye voedselonsekerheid en wanvoeding het in 2024 vererger, met 295 miljoen mense wat aan akute honger in 53 lande ly. Dit is volgens die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag. Die syfer verteenwoordig ‘n toename van 13,7 miljoen in vergelyking met 2023, wat die sesde agtereenvolgende jaarlikse styging in akute voedselonsekerheid in die […]

Read More

Trump en Putin gesels vandag - May 19, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump sal vandag met die Russiese president Vladimir Putin per telefoon praat oor vrede in die Oekraïne. Europese leiers eis dat die Kremlin ‘n onmiddellike wapenstilstand aanvaar om die streek se dodelikste konflik sedert die Tweede Wêreldoorlog te stop. Trump, wat sê hy wil as ‘n vredemaker onthou word, het herhaaldelik […]

Read More

NBL toon sterk oplewing in verdienste maar kontantvloei byt - May 19, 2025

Namibia Breweries Limited het ‘n sterk oplewing in verdienste oor die verlengde finansiële periode van 18 maande gerapporteer, met ‘n verdienste per aandeel wat met 94 persent gestyg het, inkomste wat byna verdubbel het en dividende wat heringestel is. Die onderliggende finansiële aanwysers wys egter dat kontantgenerering beperk bly, en winsmarges het beperkte verbetering getoon […]

Read More

Al Shabaab neem verantwoordelikheid vir bomaanval by weermagbasis - May 19, 2025

Die dodetal in Sondag se bomaanval in Mogadisjoe sal na verwagting verby die huidige 10 styg. ‘n Selfmoordbomaanvaller het jong rekrute geteiken wat by die Damanyo-militêre basis in die Somaliese hoofstad geregistreer, het getuies aan Reuters gesê, in ‘n aanval wat die militante groep al Shabaab sê was sy werk. Volgens ooggetuies het talle jong […]

Read More

Plastiek dood meer as ‘n miljoen seediere jaarliks - May 19, 2025

Die Tara Ocean Foundation berig plastiekbesoedeling in die see het sedert die 1970’s vererger. Groot stukke afval soos visnette maak jaarliks meer as ʼn miljoen seevoëls en 100 000 seediere dood. Minder sigbare mikroplastiek wat deesdae selfs in die diepste oseaan-trôe aangetref word, ontwrig mikrobiese gemeenskappe en dra gifstowwe oor aan voedselkettings. Die stigting sê […]

Read More

Drikus gesels oor sy Munga Grit Le Dur - May 19, 2025

Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor sowat 500 km oor die […]

Read More

Ballotti beklemtoon toewyding aan voldoende infrastruktuur - May 19, 2025

Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, het Nkurenkuru besoek as deel van sy streekstoere. Tydens gesprekke met die Kavango-Wes Onderwysdirektoraat is uitdagings soos vervalle klaskamers, ’n tekort aan toilette en ander infrastruktuurprobleme uitgelig. Daar is ook vordering gerapporteer, insluitend die bou van die Nkurenkuru Jeug- en Sportkompleks. Ballotti het die ministerie se toewyding om veilige en geskikte […]

Read More

Standard and Poor hou SA op BB - May 19, 2025

Standard and Poor het Suid-Afrika se kredietgraderings bevestig op sub-beleggingsgraad BB vir buitelandse valuta en BB vir plaaslike valuta. Kenners sê die vooruitsig bly positief en weerspieël hoop op ’n toekomstige opgradering indien hervormings volgehou word. Ten spyte van pogings tot fiskale konsolidasie, bly risiko’s soos stadige ekonomiese groei en stygende staatskuld, wat na verwagting […]

Read More

Bibi sê hy’s bereid vir ooreenkoms met Hamas - May 19, 2025

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy is bereid om ʼn ooreenkoms met Hamas aan te gaan. Dit ten spyte van die Israelse weermag se uitgebreide operasie die naweek in Gaza waarin meer as 100 mense dood is. Hamas en Israel het Saterdag in die Katarese hoofstad, Doha, met indirekte samesprekings begin. Netanyahu sê […]

Read More

Stokes gee doppie op vir vinniger herstel - May 19, 2025

Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, sê hy het opgehou alkohol gebruik om vinniger van sy jongste dyspieroperasie te herstel. Hy sal na verwagting Donderdag weer in Engeland se eenmalige toets teen Zimbabwe op Trent Bridge speel, nadat hy van Desember af op die krukkerlys was weens sy linker dyspier wat hy in Nieu-Seeland geskeur het. […]

Read More