Staatsamptenare wil meer weet oor SAL-ooreenkoms - June 22, 2021
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatdiensamptenare soek dringend duidelikheid oor die beweerde betrokkenheid van die Openbare Beleggingskorporasie by die befondsing van die omstrede verkryging van ‘n 51 persent belang in die Suid-Afrikaanse Lugdiens deur die Takatso-konsortium. Dié beroep deur die VSA volg ondanks die ontkenning deur die OBK dat hy by die finansiering van die ooreenkoms […]
Junior Bokke is gereed vir Argentinië môre - June 22, 2021
Die kaptein van die Junior-Springbokke, George Cronje, sê die ondervinding wat in die wedstryd teen Uruguay in die Onder-20 Internasionale reeks opgedoen is, sal sy span help in hulle benadering vir die wedstryd teen Argentinië. Cronje speel in die agtsteman-posisie en die onderkaptein, Jordan Hendrikse is die losskakel wanneer hulle môre in die tweede ronde […]
Leerlinglisensies – nuwe aansoeke tot 30 Julie opgeskort - June 22, 2021
Die Namibiese Paaie-owerheid het te kenne gegee dat alle nuwe aansoeke vir leerder bestuurderslisensies nou tot 30 Julie opgeskort is. Die owerheid het eers die aansoeke tot 30 Junie opgeskort maar, sê dit is verleng tot 30 Julie met onmiddellike effek. Hileni Fillemon, die owerheid se bestuurder van korporatiewe kommunikasie sê in ‘n verklaring dat […]
Moenie ons lede dwing om in te ent nie – Solidariteit - June 22, 2021
Solidariteit in Suid-Afrika sê dit is eenvoudig onwettig vir ‘n werkgewer om eensydig ‘n werknemer te dwing om teen Covid-19 ingeënt te word en daar kan selfs aangevoer word dit maak inbreuk op elke indiwidu se reg tot liggaamlike integriteit. Die vakbond is van mening daar is sekerheid in die opdrag deur die Departement van […]
Shanghala, Esau: VSA het bewys van korrupsie - June 22, 2021
Owerhede in die VSA het onlangs die twee voormalige ministers, Sacky Shanghala en Bernhardt Esau as persona non grata verklaar. Die twee, deel van die Fishrot-beskuldigdes is die enigstes in die groep wat deur die VSA geteiken is. Luidens die jongste berigte, het die Amerikaanse buitelandse minister Antony Blinken genoegsame bewyse dat Shanghala en Esau […]
Vatikaan moet seskuele uitbuiting van kinders stop - June 22, 2021
Die Verenigde Nasies se menseregte-kenners het ‘n beroep op die Vatikaan gedoen om stappe te doen ten einde die seksuele uitbuiting van kinders in Rooms-Katolieke instellings te voorkom. Die kenners sê hulle is ook bekommerd oor maatreëls wat die kerk ingestel het om vermeende oortreders te beskerm, hulle misdade te verdoesel, die aanspreeklikheid van oortreders […]
Recon skenk N$15m vir Covid - June 22, 2021
Die kantoor van die Namibiese eerste minister het 15 miljoen Namibiese dollar van Kanadese oliereus, ReconAfrica, ontvang. ReconAfrica se woordvoerder, Ndapewoshali Shapwanale, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatskappy besef dat dit nie net gaan oor hulp vir entstowwe nie, maar dat die program bewusmaking insluit.
LPM se saak teen Speaker op 21 Julie aangehoor - June 22, 2021
Die appèlsaak van die Landless People’s Movement wat deur die Windhoekse hoërhof toegestaan is, word op 21 Julie aangehoor. Dit volg ná die party se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, ‘n beslissing in die hoërhof betwis wat in die guns van die Speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, beslis is nadat hy hulle […]
Armer lande kan nou ook leer oor entstowwe - June 22, 2021
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê tegnologie-oordragsentrums is opleidingsfasiliteite waar vervaardigers uit lae- en lae-middel-inkomste lande opleiding kan kry hoe om sekere entstowwe te vervaardig en die toepaslike lisensies daarvoor bekom. Hy het gepraat by die aankondiging van die eerste boodskapper-RNA-tegnologie-oordragsentrum vir Covid-19-entstowwe wat in Suid-Afrika gesetel sal wees.
Geingob-inenting – natuurlik moet ons weet! - June 22, 2021
Plaaslike media berig dat die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari van mening is dat die inentingstatus van President Hage Geingob onbelangrik is. Hy het gereageer op navrae nadat daar aangekondig is dat die Geingob-egpaar op 29 Junie ingeënt sal word. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het einde Mei gesê dat nie een van die beskikbare […]