Minister deel haar Copps-ervaring - June 21, 2021

Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge die Windhoekse Stadspolisie, G4S Namibië, Auas Motors, Minet Namibië Insurance Brokers and E-Med Rescue 24 was Vrydagaand oudergewoonte tussen agtuur en middernag op grondvlak in die hoofstad bedrywig. Die Namibiese minister van jeug-, sport- en nasionale dienste, Agnes Tjongarero was Vrydagaand die gas. Sy het met […]

Read More

Toerisme: regering moet tafel toe kom - June 21, 2021

Daar is groot druk op die Namibiese toerismebedryf met lande wat verskeie nuwe Covid-19-regulasies vir hulle burgers ingestel het om na ons land te reis. Volgens Gitta Paetzold hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Gasvryheidsvereniging moet die regering en ander relevante instansies nou die bedryf bystaan in hierdie moeilike en onseker tye.

Read More

Zambezi-inwoners te bang om naby Chobe te kom - June 21, 2021

Uitdagings met die Botswana weermag duur volgens berigte voort in die Zambezi-streek. Die goewerneur Lawrence Sampofu sê inwoners van sy streek is te bang om naby die Chobe-rivier te kom omdat hulle nie weet of hulle lewendig sal terugkeer nie. Sampofu sê inwoners wag op die regering om hulle sekuriteit te waarborg. Hy sê sy […]

Read More

2% van Covid-sterftes was ingeënt - June 21, 2021

Daar word berig dat ses persone wat teen Covid ingeënt is aan die virus dood is tydens die derde vlaag infeksies wat die land tans ervaar. Al die pasiënte het onderliggende toestande gehad en was tussen 50 en 78 jaar oud. Tussen 27 Mei en Saterdag 19 Junie, het 332 persone aan Covid gesterf. In […]

Read More

Blitsbokke bereik oefen-doelwitte - June 21, 2021

Die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het opgetoë na Kaapstad teruggekeer nadat hy ‘n paar waardevolle doelwitte bereik het. Die Springbok-sewes het hulle Olimpiese oefenkamp van twee weke in Gauteng voltooi. Die span het teen die SA All Stars Sevens Academy en die Universiteit van Johannesburg se sewesspan wedstryde gespeel. Powell sê die span se […]

Read More

Stadspolisie bekyk jou nou van bo - June 21, 2021

Die Windhoekse Stadspolisie het ‘n hommeltuig aangeskaf om te help met misdaadvoorkoming in die hoofstad. Die hommeltuig sal volgens die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime handig te pas kom in die verband. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Emirates hervat SA-vlugte - June 21, 2021

Die lugvaartreus Emirates het bevestig dat hy vanaf Woensdag weer vlugte vanuit Indië, Suid-Afrika en Nigerië na Dubai sal hervat. Die lugdiens moes vlugte uit die lande opskort weens ‘n toename in Covid-19-gevalle. Emirates sê hy verwelkom die nuutste protokolle en maatreëls wat deur Dubai se komitee vir krisis- en rampbestuur aangekondig is om passasiersreise […]

Read More

Korrupte amptenare verdien nie om geprys te word nie - June 21, 2021

Namibië se Teenkorrupsie-kommissie is steeds besig met sy reeks openbare vergaderings om insette in te samel vir die tweede nasionale teenkorrupsiestrategie en plan van aksie vir 2021 tot 2025. In die hoofstad het die kommissie se direkteur-generaal Paulus Noa, aan beamptes van die Windhoek-munisipaliteit, die stadsraad, staatsondernemings en tradisionele owerhede gesê die benadering oor rykdom […]

Read More

Features of Marrying a great Asian Female - June 21, 2021

Are you thinking of getting married to an Asian Woman? In cases where so , you are on the right path. There are many reasons why marrying an Asian woman is advisable. In this article I will explain to you some points you should look at before getting married to an Cookware girl. Earliest, Asian […]

Read More

Palestynse owerheid wys Israel se Covid-enstof van die hand - June 20, 2021

Die Palestynse owerheid gaan nie Israel se aanbod aanvaar van ‘n miljoen dosisse koronavirus-entstof wat hulle later vanjaar voor kan vergoed wanneer hulle hul eie entstowwe kry nie. Die owerheid sê die entstof is te na aan die vervaldatum. Meer as 400-duisend Palestyne in Gaza en die Wesoewer-gebied is tot dusver ingeënt. Israel is egter […]

Read More