EFF gaan met die ANC praat oor grondonteiening - June 19, 2021

Die EFF in Suid-Afrika beoog om met ANC-leiers te ontmoet oor die wysiging van die Grondwet wat die weg sal baan vir onteiening sonder vergoeding. Die party het bevestig dat hy Woensdag met die top-ses leiers in die ANC gaan vergader. Die EFF se woordvoerder, Floyd Shivambu, sê hulle eis dat die staat die kuratorskap […]

Read More

Daar is steeds ‘n toename in die aantal Covid-19-gevalle in die land - June 19, 2021

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 1 649 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is.Windhoek as brandpunt van die pandemie het 785 gevalle,Swakopmund 190, Oshakati 163,Luderitz 71 en Rehoboth 68. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 11 646 aktiewe gevalle,58 970 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe […]

Read More

Nic Dlamini maak geskiedenis by die Tour de France - June 19, 2021

Fietsry: Nic Dlamini gaan geskiedenis by vanjaar se Tour de France maak deur die eerste swart Suid-Afrikaner te word om aan dié beroemde wedren deel te neem. Die 25-jarige is een van agt jaers in Afrika se enigste beroepsfietsryspan, Qhubeka-Assos, by die fietstoer wat aanstaande Saterdag begin. Dlamini maak sy debuut 20 maande ná oorywerige […]

Read More

SA Moslems gaan weer vanjaar nie aan die Haj in Mekka deelneem nie - June 19, 2021

Suid-Afrikaanse Moslems sal weer eens nie vanjaar die Haj in Mekka kan bywoon nie. Saoedi-Arabië het nog ‘n beperking op besoekers geplaas vir die jaarlikse pelgrimstog en Moslems van buite die Midde-Oosterse land word dus uitgesluit. Slegs 60-duisend mense sal toegelaat word. Voornemende pelgrims moet registreer en ten volle teen die koronavirus ingeënt wees. Nuusagentskappe […]

Read More

Hele dorpie in Suid-Afrika onder kwarantyn oor positiewe Covid-gevalle - June 19, 2021

Al die inwoners van ‘n landelike gemeenskap in die Matzikama-munisipaliteit in die Wes-Kaap in Suid-Afrika is onder kwarantyn. Altesaam tien-persent van die Kliprand-gemeenskap het positief vir Covid-19 getoets. Die gemeenskap bestaan uit sowat 250 mense in 50 huishoudings. Dertig infeksies is binne ‘n week aangemeld met drie sterftes. Die hele dorp is ingeperk in ‘n […]

Read More

Nampol oor reise van toeriste in en uit beperkte gebiede - June 19, 2021

Kommisaris Joseph Shikongo adjunk-inspekteur-generaal van Nampol het vanoggend bevestig dat die verskillende padblokkades ingelig is oor die nuwe Covid-19-regulasies wat spesifiek toeriste raak. Hy het ook bevestig dat onder andere vliegkaartjies en bewyse en bevestiging van besprekings aanvaar sal word vir reise in en uit beperkte gebiede. Volgens Shikongo was daar dusver geen noemenswaardige probleme […]

Read More

WGO oor Namibië se Covid-19-gevalle - June 19, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Namibië het aangedui dat Namibië ‘n groot aantal Covid-19-gevalle onder sy jong bevolking aangeteken het, wat 62 persent verteenwoordig. Volgens die WGO se jongste verslag was die totale bevestigde Covid-gevalle teen 15 Junie 69 096, waarvan 42 701 in die ouderdomsgroep 20 tot 49 is – die meerderheid van die aangetekende gevalle […]

Read More

Verassing in eerste Curriebeker wedstryd - June 19, 2021

Rugby: Die Pumas het opspraak verwek deur gisteraand die Leeus 39-10 in die eerste wedstryd van vanjaar se Curriebeker-kompetisie in Mbombela te klop. Die tuisspan het vyf drieë teenoor die besoekers se een gedruk. Die losskakel Eddie Fouché het met sy skopskoen nog 14 punte vir die Pumas aangeteken. Nog twee wedstryde in die premierafdeling […]

Read More

Katolieke kerk en Biden verskil oor aborsie - June 19, 2021

Amerika se Katolieke biskoppe stuur op ‘n moontlike botsing met president Joe Biden af, na hulle gestem het om ‘n dokument voor te berei waarin hulle hom kan verbied om die heilige nagmaal te gebruik. Die Amerikaanse Konferensie van Katolieke Biskoppe het aanlyn met mekaar verskil of ‘n dokument saamgestel moet word oor politici wat […]

Read More

Suid-Afrika ervaar derde vlaag van Covid-19 erg - June 19, 2021

Nog 118 Suid-Afrikaners het weens die koronavirus in die jongste verslagtydperk van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland gesterf. Tien-duisend-510 nuwe Covid-19 gevalle is gister geïdentifiseer, wat ‘n positiewe koers van meer as 20-persent verteenwoordig. Meer as een-en-half-duisend pasiënte moes tot hospitale toegelaat word. Die meerderheid van die nuwe gevalle is van […]

Read More