Amushelelo sê Verkrygingsraad konkel  - May 19, 2025

Aktivis Michael Amushelelo beskuldig die uitgaande Sentrale Verkrygingsraad van Namibië daarvan dat hulle op 2 April 2025, net ná hul termyn op 30 Maart geëindig het, tenders van 6 miljard Namibiese dollar aan sogenaamde “proxy”-maatskappye toegeken het. Die tenders, vir die verskaffing van kos aan koshuisleerlinge, is goedgekeur onder die vaandel van Amon Ngavetene, wat […]

Read More

Blokkasie van water na kritieke dam onder die loep - May 19, 2025

Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, hersien tans die bevindings van die finale verslag oor beweerde onwettige blokkering van sytakke wat die Middel-Letaba-dam voed. Die ondersoek volg op klagtes van plaasboere en plaaslike inwoners van Limpopo. Die dam is slegs agt persent vol wat huishoudings en landbou negatief beïnvloed. ‘n Woordvoerder, Cornelius Monama, sê […]

Read More

Zelensky en pous vergader  - May 19, 2025

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het pous Leo die 14de bedank vir sy ondersteuning aan die land en dat hy sy stem verhef vir ʼn regverdige en blywende vrede. Die nuwe Katolieke leier het Zelensky Sondag ná sy inhuldigingsmis privaat ontmoet. Die pous het verlede week die Vatikaan aangebied as moontlike ontmoetingsplek vir vredesonderhandelinge tussen […]

Read More

Final Destination is terug, en meer gewild as ooit  - May 19, 2025

Final Destination Bloodlines, die sesde aflewering van die riller-konsessie, was in sy eerste naweek die beste verkoper by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Kaitlyn Santa Juana speel die rol van ʼn jong vrou wat ontdek haar ouma kan die dood kul en talle lewens red, maar met skrikwekkende gevolge. Disney en Marvel se Thunderbolts is tweede en Ryan […]

Read More

Namport beplan groot uitbreiding op Lüderitz  - May 19, 2025

Namport gaan voort met planne vir ‘n grootskaalse olie- en gasvoorsieningsbasis in Lüderitz, met die aanvanklike fase van die projek wat na verwagting kapitaaluitgawes van meer as 4 miljard Namibiese dollar sal vereis. Die tender vir fase een word in die derde kwartaal van vanjaar verwag. Namibia Mining and Energy berig die maatskappy se uitvoerende […]

Read More

Ramaphosa sal swak in VSA behandel word – Malema  - May 19, 2025

EFF-leier Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa gaan swak behandel word en nie die nodige respek ontvang op sy werksbesoek die week aan Amerika nie. Ramaphosa ontmoet president Donald Trump Woensdag wanneer hulle bilaterale, streeks- en globale sake van belang sal bespreek. Die besoek is ook daarop gemik om ʼn platform te bied om die […]

Read More

Ondersoek na Meksikaanse Vloot-skip botsing in New York  - May 19, 2025

Die Amerikaanse Vervoerveiligheidsraad het ‘n ondersoek van stapel gestuur na hoe ‘n Meksikaanse Vloot-opleidingskip Saterdagaand die Brooklyn-brug getref het en twee bemanningslede dood is. Volgens die owerhede was die skip, die Cuauhtémoc, met 277 mense aan boord, op pad na Ysland, toe dit krag verloor en die kaptein nie ‘n botsing met die brug kon […]

Read More

Scottie Scheffler is nuwe Amerikaanse PGA-kampioen   - May 19, 2025

Die wêreld se voorste speler, Scottie Scheffler, het sy derde groot titel ingepalm deur die Amerikaanse PGA-kampioenskap op Quail Hollow vir die eerste keer te wen. Die Amerikaner se oorwinning met vyf houe is die grootste in die kampioenskap ná die Ier Rory McIlroy se sege van agt houe in 2012. Bryson DeChambeau van Amerika […]

Read More

Agentskap sê oor inkomste-, uitgawe-peiling  - May 19, 2025

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, het eers op 28 April afgeskop. Net meer as 11 000 huishoudings is gekies vir die opname. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda […]

Read More

SAOG-verslag oor November verkiesings steeds vertraag - May 19, 2025

Meer as ses maande ná Namibië se verkiesings in November 2024, is die finale SAOG-waarnemingsverslag steeds nie vrygestel nie – ondanks ’n sperdatum van drie maande. Op 17 Mei het SAOG-woordvoerder Barbara Lopi bevestig dat die verslag nog interne prosesse ondergaan. Die voorlopige verslag het die verkiesings as vreedsaam en oor die algemeen demokraties beskryf. […]

Read More