SA onderwysers kan volgende week ingeënt word - June 18, 2021

Suid-Afrikaanse onderwysers kan nou daarna uitsien om tot so vroeg as volgende week reeds hul Covid-19-inenting te ontvang. Die land se gesondheidsdepartement het vroeër aangekondig dat die 300 000 Johnson & Johnson entstowwe, wat uit die VSA verwag was, in die land aangekom het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.

Read More

Omusati-goewerneur gee streek se planne - June 18, 2021

Die Omusati-streek se goewerneur, Erginus Endjala, het vandag sy streeksrede op Outapi gelewer. Die goewerneur het sy beplande aktiwiteite aangekondig wat gedurende die boekjaar 2019-2020 en 2020-2021 in die Omusati-streek ontvou het.

Read More

Vakbondkongres van Namibië maan teen gedwonge inentings - June 18, 2021

In die buurland sal Solidariteit werkgewers wat werknemers ontslaan weens hul keuse om nie ingeënt te word nie, voor die hof daag. Mahongoro Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy vakbond sal met enige werkgewer afreken wat hul lede dwing om ingeënt te word. Dit is elke Namibiër […]

Read More

Omusati-goewerneur huldig Covid-19-slagoffers - June 18, 2021

Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, het vandag sy streeksrede op Outapi gelewer. Die goewerneur het met ‘n minuut van stilte sy vergadering begin ter ere van Namibiërs wat hul lewens weens die Covid-pandemie verloor het. Endjala het ook die jongste oor die toestand van Covid in sy streek bespreek.

Read More

Bruinbeer maak amok in Japan - June 18, 2021

Jagters het vandag ‘n bruinbeer in die woude buite Sapporo in Japan doodgeskiet ná die dier amok in die stad gemaak het. Skole is gesluit en vlugte na die stad is inderhaas gekanselleer. Volgens internasionale media het die beer vier mense beseer.

Read More

Nóg waarskuwings oor onwettige menslike gebruik van Ivermektien - June 18, 2021

Die Mediese Vereniging van Namibië het in ‘n brief aan die Farmaseutiese Vereniging van Namibië geskryf dat dit onder hul aandag gekom dat sekere apteke Ivermektien-tablette aan pasiënte verkoop indien hulle ‘n voorskrif van hul huisdokter het. Die Mediese Vereniging verwys weer na die Namibiese Medisyne Beheerraad se waarskuwing dat Ivermektien onwettig vir menslike gebruik […]

Read More

Nasionale Vergadering vergader eers weer op 6 Julie - June 18, 2021

Die Nasionale Vergadering stel die publiek in kennis dat die opskorting van sy sittings tot volgende week, verleng is tot Donderdag 1 Julie. Die eerste sitting van die Nasionale Vergaderings sal na verwagting eers op 6 Julie om halfdrie die middag hervat word. David Nahogandja, skakelbeampte by die parlement van Namibië, het aan Kosmos 94.1 […]

Read More

Sewe dae van rou vir Kaunda in Namibië - June 18, 2021

Die Namibiese President Hage Geingob het sewe dae van rou in Namibië ter ere van die stigterspresident van Zambië, Kenneth Kaunda, aangekondig. Dit sal vanaf môre tot 25 Junie van krag wees en alle vlae sal halfmas hang.

Read More

Nampol vra publiek moet Covid-maatreëls gehoorsaam - June 18, 2021

Namibiese President Hage Geingob het vandeesweek nuwe Covid-19-maatreëls aangekondig, soos openbare byeenkomste tot 10 mense vir slegs twee ure tot 30 Junie te beperk. Die Namibiese polisie het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om saam te werk en gehoorsaam aan die maatreëls te wees. Nampol se hoofinspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Namibiese suiwelbedryf het reuse-uitdagings - June 18, 2021

Meer inligting is bekend oor die plaaslike suiwelbedryf. Volgens die Namibiese Landbou-unie het suiwelprodukte se pryse vir die afgelope drie jaar konstant gebly. Die huidige gemiddelde produksieprys van 6,22 Namibiese dollar per liter, is nie langer volhoubaar vir die produksie van rou melk nie, want suiwelboere se insetkoste bly styg. Kokkie Adriaanse, die voorsitter van […]

Read More