Four Paws veroordeel teel van groot katte in aanhouding - June 17, 2021

‘n Aktiviste-organisasie wat hom beywer vir ‘n verbod op die teel van alle groot katte in aanhouding, Four Paws, het sy medelye uitgespreek met die familie van David Solomon. Hy is in ‘n roofdierpark in Gqeberha (Port Elizabeth) deur ‘n Siberiese tier doodgemaak. Die Seaview-roofdierpark se bestuur het in ‘n verklaring gesê daar is aan […]

Read More

SA oor gereedheid vir derde Covid-vlaag - June 17, 2021

Die waarnemende Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het aan die parlementêre portefeuljekomitee vir entstofverkryging terugvoer gegee ná die aankondiging dat 1,47 miljoen Johnson & Johnson-entstowwe Maandag in Suid-Afrika aankom. Sy het vrae beantwoord oor die land se gereedheid vir die derde Covid-19-vlaag. Die minister het ook vrae beantwoord wat verband hou met die omstrede Digital Vibes-ondersoek […]

Read More

Bewaringsgebiede se wildwagters met Goscars vereer - June 17, 2021

Die Goscars, of te wel die Grassroots Owen-Smith Community Ranger Awards, is nou oop vir nominasies. Jaarliks word drie top Namibiese wildwagters van bewaringsgebiede, leeu-of renosterswagters of mense wat ons visbronne in riviere beskerm, beloon. Die toekennings gee erkenning aan die mans en vroue wat vir kilometers in die veld loop en werk om Namibië […]

Read More

Bejaarde man wen lotto van N$30 miljoen - June 17, 2021

Die eienaar van die Lotto-wenkaartjie van 14 April het uiteindelik sy 30 miljoen Namibiese dollar opgeëis. Die 73-jarige man het sy kaartjie in Middelburg in Mpumalanga gekoop. Hy het 80 Namibiese dollar bestee en sy eie nommers gekies. Volgens die nasionale lotery-operateur, Ithuba, is die man in die wolke oor sy wengeld. Hy sê hy […]

Read More

Kontakklasse aan Tukkies opgeskort - June 17, 2021

Alle kontakklasse aan die Universiteit van Pretoria, waar talle Namibiese studente studeer, is vir die volgende tien dae opgeskort. Visekanselier Tawana Kupe het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die stap noodsaaklik is as gevolg van die kommerwekkende toename in Covid-19-gevalle in Gauteng. Hy benadruk dat die gesondheid en veiligheid van studente en personeel van […]

Read More

Namibiese Presidentsvrou gaan vrae oor Covid-19 beantwoord - June 17, 2021

Die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, gaan vandag ‘n vraag- en antwoordsessie op Facebook oor Covid-19 hê, nadat ‘n Namibiese Twitter-gebruiker het vir haar gevra waarom sy en President Hage Geingob so vinnig van Covid-19 herstel het en vra vir voorstelle hoe Namibiërs die virus kan bestry. Geingos het aangebied om in gesprek met hom te […]

Read More

China stuur eerste bemande tuig in vyf jaar ruimte toe - June 17, 2021

En China het sy eerste bemande ruimtetuig in byna vyf jaar lanseer toe drie ruimtevaarders aan boord van die Shenzhou-12-ruimtetuig by ‘n ruimtesentrum in die noordweste van die Gobi-woestyn die ruimte ingestuur is. Die bemanning sal drie maande weg wees terwyl hulle die lewensondersteuningstelsel en instandhouding toets. Twee ruimtevaarders sal ook twee ruimte-wandelings onderneem. Altesaam […]

Read More

Voorleggings vir voorgestelde Wes-Kaapse Biodiviersiteitsontwerp - June 17, 2021

Die openbare-deelnameproses vir die voorgestelde Wes-Kaapse Biodiversiteits-wetsontwerp het begin en omgewingsgroepe en inwoners word aangemoedig om voorleggings te doen. ‘n DA-lid van die wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê die konsepwet wil omgewingsuitdagings by die horings pak en rompslomp tot ‘n minimum beperk. Hy verduidelik die konsepwetgewing fokus op die uitbreiding van beskermende gebiede, die […]

Read More

Afrika-ministers onderteken Windhoek-ooreenkoms vir toerisme - June 17, 2021

Die Windhoek-ooreenkoms is deur Afrika-ministers onderteken tydens die Afrika-beraad van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie in die Namibiese hoofstad om toerisme op die vasteland te bevorder. Ministers van Afrika het belowe om saam met die Afrika-unie oplossings te vind om die vastelandtoerisme te laat herleef, wat swaar getref is deur die Covid-pandemie. Die uitvoerende hoof […]

Read More

Kerke sal steeds mense bystaan - June 17, 2021

Die Covid-pandemie maak die lewe vir almal moeilik, kerke ingesluit. Met baie lewens wat verloor word, is kerke die laaste hoop vir talle mense. Kerke is afhanklik van fondse van hul gemeentes, maar tans is openbare byeenkomste tot tien mense beperk. Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die Raad van Kerke van Namibië sê ondanks die situasie […]

Read More