Dwelms: Geheime operasie op Rehoboth, groot vonds in Windhoek - May 19, 2025
Twee mans sal na verwagting vandag in die Katutura-laerhof verskyn op dwelm verwante klagtes. Die Namibiese polisie sê die twee is in Tjikatistraat in Katutura gevind in besit van 37,7 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde van 188 500 Namibiese dollar. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. Ook oor die naweek en op Rehoboth […]
Indaba was groot sukses vir Namibië - May 19, 2025
Namibië het ‘n sterk indruk gemaak by Afrika se voorste toerismeskou, Africa’s Travel Indaba 2025, in Durban. Die Namibië Toerismeraad was saam met die toerismeministerie en meer as 20 uitstallers aan die voorpunt van die poging. Sleuteluitstallers het ingesluit Namibia Wildlife Resorts, FlyNamibia, Gondwana Collection, Ultimate Safaris, en nege klein- en medium-ondernemings. ’n Hoogtepunt was […]
Chris Brown se aanhangers soek werk in die gevangenis waar hy aangehou word - May 19, 2025
Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en danser, Chris Brown, se aanhangers oorstroom TikTok met plasings waarin hulle beweer dat hulle aansoek gedoen het vir poste by die Britse tronk waar hulle meen hy aangehou word. Die sanger is Donderdag in Manchester in hegtenis geneem weens beweerde ernstige aanranding in verband met ’n voorval in ’n Londense nagklub […]
Nuwe plan teen GBV in die pyplyn - May 19, 2025
‘n Hersiende nasionale aksieplan teen geslagsgebaseerde geweld is in die pyplyn, sê die uitvoerende direkteur van die ministerie van geslagsake en kinderwelsyn, Lydia Indombo. Indombo het tydens ‘n opleidingsessie vir onderwysers op Swakopmund na die onlangse moorde en verkragting van kinders op Okahandja verwys en gesê dié euwel moet sáám met mening getakel word. Volgens […]
Televangelis Omotoso vir 5 jaar uit SA verban - May 19, 2025
Die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso is vir vyf jaar uit Suid-Afrika verban ná sy deportasie. Verlede maand is hy vrygespreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, afpersing en mensehandel. Na bewering het hy ingestem het tot vrywillige uitsetting. Die woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake, Siya Qoza, sê Omotoso is kragtens die Immigrasiewet tot ‘n […]
Biden het aggressiewe vorm van prostaatkanker - May 19, 2025
Oudpresident Joe Biden van Amerika is met ʼn aggressiewe vorm van prostaatkanker gediagnoseer wat na sy skelet versprei het. Die 82-jarige Biden is Vrydag gediagnoseer toe hy die dokter vir urienwegsimptome besoek het. Sy kantoor sê al is dit ʼn aggressiewe soort, is dit sensitief vir hormone en kan behandel word. Hy sê die oudpresident […]
Alcaraz seëvier in Rome - May 19, 2025
Die 22-jarige Carlos Alcaraz het die eerste Italiaanse Ope van sy loopbaan, en sy derde 2025-titel gewen. Die Spanjaard het die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, met 7-6, 6-1 afgeransel en spog met sy sewende ATP Meesters 1000-titel. Intussen het die Italianer, Jasmine Paolini, die Amerikaner, Coco Gauff, verslaan en die eerste vroue-enkelspelwenner in 40 […]
Boere op uitkyk vir nagtelike hommeltuie - May 18, 2025
Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Daar is meer op die unie se webtuiste. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Omstrede Omotoso verlaat SA - May 18, 2025
Die omstrede Nigeriese televisieprediker Timothy Omotoso verlaat Suid-Afrika vandag vrywillig vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe. Dit volg op sy vrylating uit aanhouding hangende ’n appèl deur Binnelandse Sake teen sy klassifikasie as ’n verbode persoon. Omotoso en twee medebeskuldigdes is onlangs op 32 aanklagte, insluitend mensehandel en verkragting, vrygespreek ná ’n agtjaarlange verhoor. Die Nasionale […]
Pous Leo soek vrede, regverdigheid - May 18, 2025
Pous Leo XIV het vandag sy eerste openbare voordrag gelewer tydens ’n plegtige liturgie op St. Petrusplein en in die basilika. Dit huldig die begin van sy Petrusbediening. Hy het ’n beroep gedoen op wêreldvrede, kerkeenheid en geregtigheid, en belowe het om saam met die kerk as een liggaam te wandel. Die plegtige liturgie het […]