ADS ENABLED - June 17, 2021

Ramatex, Rhino uit, ministerie skep self beddens Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, het gesê Ramatex se eienaar het in 2020 ‘n jaar se gebruik aangebied en die Rhino Garment Factory se aanpassings sou te duur gewees het dus, is 709 ekstra beddens geskep by bestaande fasiliteite regoor die land met 30 hoësorg beddens in […]

Read More

Nog bewyse oor rugbyspeler se dood in Hawaii - June 17, 2021

Nuwe beeldmateriaal het aan die lig gekom van die voorval waarin die Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, in Honolulu in Hawaii geskiet is. Volgens Suid-Afrikaanse media wys dit hoe Myeni verskoning vra dat hy by die verkeerde huis ingegaan het terwyl hy na ‘n tempel daar naby gesoek het.

Read More

Digital Vibes maak wins van 314% - June 17, 2021

Die omstrede maatskappy, Digital Vibes, het die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid glo 1,1 miljoen Namibiese dollar gevra vir ‘n uitgekontrakteerde animasieprojek wat slegs 266 000 dollar gekos het. Dit is onthul in Scorpio se ondersoek na Digital Vibes. Media in die buurland berig dat Pelo as ‘n gelukbringer vir die Nasionale Gesondheidsversekering bekendgestel sou word. […]

Read More

some Qualities Which make a Perfect Oriental Wife - June 17, 2021

The best Hard anodized cookware wives discover how important it is for their companions to be successful and fulfilled. These women happen to be compassionate, caring, and loyal. They will expect their associates to be accountable, hard-working, and understanding. In addition they appreciate males who can keep up with them and take responsibility. Here are […]

Read More

Napha se kantore vir 10 dae toe - June 16, 2021

Die kantore van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, of te wel Napha, is van vandag af vir die volgende tien dae gesluit nadat ‘n kantoorwerker positief vir die Covid-virus getoets het. Jagpermitaansoeke sal Maandae tot Donderdae hanteer word. Die publiek word versoek om nie Napha se kantoor te besoek nie. Nicole Schwandt van Napha het met […]

Read More

Werkgewers kan nie personeel dwing om in te ent - June 16, 2021

Die regering van Namibië het entstowwe op ‘n vrywillige basis aan alle Namibiërs beskikbaar gestel, maar dit is elke Namibiër se keuse om ingeënt te word of nie. As ‘n poging om almal te laat inent, het sommige werkgewers hul werknemers gedwing om ingeënt te word of te bedank. Sommige het so ver gegaan om […]

Read More

Napha sê talle internasionale jagters in Namibië - June 16, 2021

Die kantore van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, of te wel Napha, is van vandag af vir die volgende tien dae gesluit nadat ‘n kantoorwerker positief vir die Covid-virus getoets het. Volgens Nicole Schwandt van Napha het Namibië tans talle internasionale jagters in die land. Sy het jagters verseker dat jagpermitte-aansoeke soos normaalweg voortgaan en nie […]

Read More

Taj Mahal is weer oop - June 16, 2021

Die Taj Mahal het vandag heropen nadat die Indiese regering Covid-regulasies verslap het. Besmettings in dié land het rekordhoogte in April en Mei bereik, maar begin nou afplat. Slegs 650 mense per dag mag die Taj Mahal besoek.

Read More

Noord-Korea ervaar ernstige voedseltekort - June 16, 2021

Vloede, die korona-pandemie en verlammende internasionale sanksies het gemaak dat Noord-Korea nou ‘n ernstige voedseltekort ervaar. Volgens internasionale media het landbouprodusente nie teikens behaal nie en Kim Jong-oen is baie bekommerd.

Read More

Toeriste mag Namibië besoek - June 16, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die land toegespreek oor die nuwe Covid-regulasies. Daar heers veral verwarring in die Namibiese toerismesektor. Shangula het gesê reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom. Hy sê toeriste met vooraf bespreekte reisplanne kan na hul bestemmings voortreis.

Read More