Wêreldvoedselprogram help Mosambiekers - June 16, 2021
Die Wêreldvoedselprogram het onderneem om sy humanitêre hulp uit te brei na meer mense in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie. Die provinsie word geteister deur insypelaars. Dié voedselprogram ondersteun reeds sowat 1,2 miljoen mense in Mosambiek.
Boetes vir oortreding van Covid-maatreëls - June 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het ook gewaarsku dat boetes gehef sal word op lede van die publiek wat Covid-maatreëls oortree, fopnuus versprei of kontakte versteek.
Lang wintervakansie vir pre-primêre tot graad 9 - June 16, 2021
Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die pre-primêre fase tot graad 9 en verskeie fases van skole vir leerders met intellektuele uitdagings landswyd vir die wintervakansie vanaf 25 Junie tot 26 Julie gesluit sal wees. Daar sal ook nie eksamens vir hierdie leerders wees nie.
Namibiese onderwysminister bespreek onderwysregulasies vanaand - June 16, 2021
Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, sal vanaand die kwessie van onderwys rakende die gewysigde Covid-regulasies bespreek. Die onderwyssektor is die laaste tyd gekritiseer or hoe hulle die probleem hanteer het, ná ‘n aantal skole weens van erge Covid-gevalle onder leerders en onderwysers moes sluit. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur in die ministerie, verduidelik aan Kosmos 94.1.
Reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom - June 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die land toegespreek oor die nuwe Covid-regulasies. Daar heers veral verwarring in die Namibiese toerismesektor. Shangula het gesê reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom. Hy sê toeriste met vooraf bespreekte reisplanne kan na hul bestemmings voortreis.
Maatskaplike aktivis sê baie te doen vir Afrikakind - June 16, 2021
Bertha Tobias, ‘n maatskaplike aktivis, sê dat daar baie deur regerings gedoen moet word om te verseker dat die beginsels van demokrasie verryk word op ‘n manier wat die dringendheid van die behoeftes van die Afrikakind prioritiseer. Tobias het hierdie sentimente ter herdenking van die Dag van die Afrikakind op die Facebook-blad van The Namibian […]
Eg Namibiese film, Woestynpsalm, vorder goed - June 16, 2021
Die pre-produksie van Woestynpsalm, ‘n eg Namibiese vollengte Afrikaanse rolprent van die Namibiese filmmaker Ben van der Walt, is voltooi. Volgens die 22-jarige Van der Walt, ‘n student aan die Kanbar Instituut vir Film en Televisie van New York Universiteit se vooraanstaande Tisch Skool vir Kunste, sal die post-produksie begin. Van der Walt, wat ook […]
Vroeë kinderontwikkelingsentrum op skoolpersele tot 19 Julie gesluit - June 16, 2021
Vroeë kinderontwikkelingsentrums op skoolpersele in Namibië is weens die kommerwekkende styging van Covid-gevalle van môre tot 19 Julie gesluit. Dit sluit dagsorgsentrums, crèches, kindergartens, kleuterskole en voorskoolse sentrums in.
Niks verander met Namibiese wapenwette - June 16, 2021
Die Wapeneienaars-vereniging van Namibië, oftewel GOAN, se jaarvergadering wat in Augustus verlede jaar gehou sou word, is onbepaald uitgestel vanweë die inperkings maatreëls wat van toepassing was. Die wetgewing rakende wapeneienaarskap is nog steeds dieselfde en niks is verander nie. Kallie Venzke, Voorsitter van GOAN het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Toerismesektor soek duidelike Covid-regulasies - June 16, 2021
Na die gewysigde Covid-regulasies wat die Namibiese President Hage Geingob aangekondig het, is daar onduidelikheid oor sekere regulasies, veral in die toerismesektor, wat ook die ergste deur die pandemie geraak is. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus die frustrasies van die toerismebedryf gedeel en hoop […]