Ivermektien steeds in die kollig - June 16, 2021
Sedert die versoekskrif van ‘n groep Namibiese dokters aan die Namibiese Medisynebeheerraad oorhandig is, om Ivermektien as behandeling vir Covid toe te laat, is daar gemengde gevoelens oor die gebruik van Ivermektien. Dieregering het gesê dat hulle professionele persone plaaslik en internasionaal geraadpleeg het, maar daar is nog nie veel bewyse dat Ivermektien as menslike […]
Aardbewing naby Maluku-eilande in Indonesië - June 16, 2021
Die Indonesiese geofisika-agentskap waarsku teen moontlike naskokke en tsoenami’s ná ‘n aardbewing van 6.1 naby die Maluku-eilande. Daar was geen onmiddellike berigte van noodgevalle nie, berig internasionale nuusagentskappe.
Amnestie Internasionaal: SA moet sukkelende onderwysstelsel regruk - June 16, 2021
Amnestie Internasionaal doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om sy sukkelende onderwysstelsel reg te ruk om aan alle jongmense ‘n beter toekoms te bied. Amnestie Internasionaal sê die jeug kan nie steeds gestraf word vir die regering se mislukkings nie.
Skuldigbevindinge in Wes-Kaap daal met 15% - June 16, 2021
In Wes-Kaap het in die vyf boekjare tussen 2016 en 2021 die skuldigbevindingsyfer vir alle misdade met 15 persent gedaal. Die syfer wat in 2016 op 40 persent gestaan het, is tans 25 persent. In 2016 het byna 77 000 uit die meer as 193 000 nuwe sake wat by distrikshowe voorgekom het, tot skuldigbevindings […]
SA vakbonde sê jeug moet veg teen neoliberale kapitalisme - June 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde onthou die militante jeug van die 1970’s se stryd om vryheid en demokrasie. Veertig uit elke 100 jongmense verlaat die basiese onderwysstelsel weens ‘n gebrek aan hulpbronne. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle eer die jeug van 1976 en moedig vandag se jeug aan om aan te sluit by […]
Ramaphosa: Miljoene Suid-Afrikaners binne weke ingeënt - June 16, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê met die probleme wat met die Johnson & Jonhson Covid-entstof ervaar is – wat nou uit die weg geruim is – behoort miljoene Suid-Afrikaners nou, binne weke, hul Covid-inenting te ontvang. Ramaphosa het die land se migrasie na vlak 3 van inperking aangekondig en sê die beste manier om nou […]
Harvey Weinstein kan aan Kalifornië uitgelewer word - June 16, 2021
Die gewese Hollywood-swaargewig, Harvey Weinstein kan aan Kalifornië uitgelewer word om daar tereg te staan op aanklagte van seksuele aanranding, het ‘n regter in New York gesê. Hy dien reeds 23 jaar vir verkragting en seksuele aanranding uit.
Namibiese gesondheidsminister bespreek vanaand nuwe Covid-maatreëls - June 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gaan vanaand om sewe-uur op NBC TV ‘n bespreking oor die nuwe Covid-19-maatreëls hê. Daar is veral nog talle vrae in die Namibiese toerismebedryf oor hoe die nuwe maatreëls toeriste gaan beïnvloed.
Dagga-wetgewing nog ver - June 16, 2021
Dit sal nog ‘n ruk neem om dagga in Namibië te wettig. Volgens Johannes Gaeseb, registrateur van die Namibiese Medisynebeheerraad is medisinale dagga nog nie in Namibië gewettig nie. Verlede jaar het die Namibiese gesondheidsministerie die publiek se opinie oor die wettiging van dagga, asook die voordele, nadele en gevare, gevra. Alle insette het op […]
Khomas-goewerneur sê oor Covid en maatreëls - June 16, 2021
Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod-Katjirua hou vanmiddag ‘n perskonferensie oor die huidige stand van sake in verband met Covid. President Hage Geingob het die streek ingeperk, saam met Okahandja en Rehoboth. Windhoek is op die oomblik die brandpunt van die pandemie en mediese fasiliteite is onder druk om die meer as 400 pasiënte […]