Repokoers onveranderd op 3,75% - June 16, 2021
Die bank terugkoopkoers is onveranderd gelaat op 3,75 persent. Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak en sê die lae koers moet die plaaslike ekonomie ondersteun, veral nou met die derde vlaag infeksies.
Airlink hofsaak onttrek, net kostes word bepaal - June 16, 2021
Die saak waar SA Airlink Air Namibia hoërhof toe sleep is vandag deur regter Harold Geier uitgestel tot 30 Junie om ‘n bepaling oor ‘n kostebevel te maak. Dei saak is in Maart opgeskort. Airlink het Air Namibia in die hof gedaag oor wat hy beskryf as onregverdige pryse op Air Namibia se Windhoek-Kaapstad roete. […]
Osaka moet veilige hawe vind – Chris Evert - June 16, 2021
Die Amerikaanse tennislegende Chris Evert sê Naomi Osaka van Japan moet ‘n veilige hawe vind en hulp soek om die dilemma waarin sy haar bevind, te hanteer. Die tweede gekeurde Osaka het aan Roland Garros onttrek na ‘n omstrede besluit om nie verpligte nuuskonferensies ná wedstryde by te woon nie. Sy het onthul dat sy […]
Julle moet betaal vir dienste gelewer deur owerhede - June 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza het gemeenskappe in die buurland aangemoedig om te betaal vir die munisipale dienste wat hulle ontvang. Mabuza sê inwoners moet help om owerhede se finansiële krisis op te los en vir dienste te betaal:
Dis Dag van die Afrika-kind - June 16, 2021
Dag van die Afrika-kind word vandag plaaslik herdenk. Die toestande waarin Namibiese kinders hulself bevind is nie gunstig nie en armoede en geweld is van die grootste uitdagings vir die groep landsburgers. Meer as helfte van Namibië se skoolgaande kinders maak staat op die skoolvoedingsprogram om ‘n ete ‘n dag te bekom. Kosmos 94.1 Nuus […]
ANC neem nie heraangewende medikasie in ag nie - June 16, 2021
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê President Cyril Ramaphosa se verbeeldinglose toespraak, waarin hy vlak drie-inperkings aangekondig het, maak dit duidelik dat doeltreffende vroeë behandeling en voorkoming met behulp van heraangewende medisynes soos ivermektien steeds nie op die regering se agenda is nie. Dít ten spyte daarvan dat oorweldigende wetenskaplike bewyse bestaan dat dit lewens kan red […]
Infeksie-koers per kapita is hoër as Indië sin - June 16, 2021
Op die oomblik is Namibië se infeksie-koers hoër as die huidige koers in Indië. Plaaslik is daar 255 gevalle per 100 000 mense en in Indië is daar 43. Ekonome is van mening dat om die pandemie uiteindelik hok te slaan moet meer inentings plaasvind. Net minder as 15 000 Namibiërs is ten volle ingeënt. […]
Marcell sê sy droom word waar - June 16, 2021
Die kaptein van die Bulls, Marcell Coetzee, sê hy koester die geleentheid om die span Saterdag op die veld te lei in die Reënboogbeker-eindstryd teen Benetton in Italië. Hy is as kaptein aangewys in die plek van sy beseerde Springbok-spanmaat Duane Vermeulen. Coetzee sê dis die verwesenliking van ‘n droom om in die eindstryd te […]
Vlak drie deur drankhandelaars verwelkom in SA - June 16, 2021
Die nasionale raad vir drankhandelaars in Suid-Afrika het die ANC-regering se besluit verwelkom om op vlak drie-inperking nie die gebruik van alkohol op persele te verbied nie. Taverne-eienaars het hard gewerk om besoekers te oorreed om Covid-19-protokolle toe te pas en sal voortgaan om dit te doen. Die nasionale raad se sameroeper, Lucky Ntimane, sê […]
DA sê inperkings is net nodig omdat inentingsveldtog gefaal het - June 16, 2021
Die DA-leier John Steenhuisen sê die beperkings wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het, is slegs nodig weens sy administrasie se onvermoë om voldoende entstof-voorraad te bekom; om die inentingsveldtog suksesvol te beplan en uit te voer; en die kapasiteit vir gesondheidsorg te vestig. Die DA vra dat ‘n omvattende parlementêre ondersoek gedoen word na die […]