SA onderwysers wag vir Johnson & Johnson-inentings - June 15, 2021
Suid Afrika se tweede grootste onderwysers-unie, Naptosa sê hy is versigtig optimisties oor die nuus dat 300 000 dosisse Johnson en Johnson Covid-19-entstof die week in die land versprei sal word om onderwysers mee in te ent. Die besending entstowwe het vanoggend in die land aangekom en behoort teen Vrydag in die verskeie provinsies afgelewer […]
Vier gesondheidswerkers in Afghanistan vermoor - June 15, 2021
Vier mense wat polio-inentings doen, is vandag in die ooste van Afghanistan vermoor. Nog vier kollegas is in die geteikende, aparte aanvalle in Jalalabad gewond. Die inentings is pas hervat ná dit Maart weens die moord van drie werkers gestaak is.
Medelye stroom in vir Mburumba Kerina - June 15, 2021
Boodskappe van medelye stroom in ná die afsterwe van die Namibiese held, Mburumba Kerina. Namibiese President Hage Geingob het sy innige simpatie met die familie van Kerina in ‘n verklaring van die Namibiese Presidensie uitgespreek. Die 91-jarige Kerina het Namibië sy naam gegee en was ‘n stigter van Swapo, Nudo en ander partye, sowel as […]
SA Wet op Vuurwapenbeheer: Ammunisie mag nie herlaai word - June 15, 2021
Ingevolge die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer in Suid-Afrika wat die besit van ‘n vuurwapen vir selfverdediging wil skrap, sal dit ook ‘n misdryf wees om ammunisie te herlaai. Volgens Suid-Afrikaanse media sal jy nie eens herlaai-apparate mag besit nie.
Vleispryse hemelhoog - June 15, 2021
Die verbruikersprysindeks vir Mei 2021 is bekend. Inflasie is tans op 3,8 persent teenoor 2,1 persent in Mei 2020. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het voedsel en nie-alkoholiese drankies met 6,6 persent toegeneem en het die grootste bygedra tot die styging. Vleis is 16,9 persent duurder as verlede jaar terwyl olies en vette met 13,5 […]
Wapen in teddiebeer versteek - June 15, 2021
Die Wes-Kaapse polisie verbonde aan die Covid-19 vlak twee inperking is in Kleinvlei, Mfuleni en Kraaifontein ontplooi. Hulle het tydens die intelligensie-gedrewe operasie verskeie verdagtes in hegtenis geneem. In Kleinvlei is ‘n 35-jarige man aangekeer vir die besit van ‘n onwettige rewolwer, ammunisie en ‘n voertuig wat aan die begin van vanjaar in Parow gesteel […]
‘Profeet’ Babi Jackson bly in aanhouding - June 15, 2021
Die selfverklaarde Namibiese profeet, pastoor Babi Jackson , se poging om sy renosterstroperysaak voorlopig in die hof te onttrek, was onsuksesvol. Aanklaer Sylvia Kauluma het in die Windhoekse landdroshof gesê die aanklaer-generaal het gelas dat die drie sake van Gobabis en Windhoek saamgevoeg word. Landdros Samunzela Samunzela het die saak tot 4 Oktober uitgestel. Babi […]
Suurstofvoorraad by hospitale getakel - June 15, 2021
Nambiese gesondheidsbeamptes blameer die middelman Knowledge Katti oor die land se swak suurstofvoorraad by hospitale. Sy maatskappy voorsien sedert 2011 suurstof aan hospitale landswyd. ‘n Ondersoek van die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind dat Katti se maatskappy nie aan die basiese standaarde voldoen nie. Die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Namgombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus […]
Ramahosa praat vanaand oor derde pandemie-vlaag - June 15, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa gaan vanaand om agt-uur Suid-Afrikaners oor die derde vlaag van die Covid-19-pandemie toespreek. Sy Namibiese eweknie, President Hage Geingob, spreek ook vanaand om half-agt Namibiërs oor die Covid-maatreëls toe.
Amerikaanse reisverbod op Esau, Shangala - June 15, 2021
Die Amerikaanse ambassade in Namibië het vandag die openbare aanwysing van die voormalige Namibiese ministers Bernhardt Esau en Sakeus Shanghala aangekondig weens hul betrokkenheid by beduidende korrupsie. Die Amerikaanse ambassade sê in hul amptelike hoedanigheid as ministers was hulle betrokke by korrupte dade en dat daar ‘n reisverbod na Amerika op die twee Fishrot-beskuldigdes geplaas […]