Gee bewyse dat my regters dronklappe is – Shivute - June 15, 2021
Die Hoofregter Peter Shivute het die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi gedaag om te bewys dat Namibiese regters te veel drink. Sy aanmerking kom nadat Swartbooi gesê het die regbank behoort rehabilitasie vir sy regters aan te bied omdat meeste aan drank verslaaf is en dus onbevoeg is. Volgens Swartbooi voldoen uitsprake deur regters […]
Psemas-drama duur voort - June 15, 2021
Reaksie is ontvang oor berigte dat die Namibiese mediese fonds vir staatsamptenare, Psemas, weer in die moeilikheid is. Dit volg na ‘n onlangse ondersoek wat deur die destydse minister van finansies Calle Schlettwein gelas is na talel aantyging van korrupsie. Psemas is al by verskeie geleenthede as onvolhoubaar beskryf, ook deur die regering. Konsultant Eben […]
Covid het groot impak op bewaring - June 15, 2021
Dit is alom bekend dat Covid-19 ‘n groot impak op talle sektore in die land het en bewaring is nie die impak vrygespring nie. Donasies het ook verminder maar, soos Dr Laurie Marker, stigter van die Cheetah Conservation Fund in Otjiwarongo verduidelik, het besoeker-getalle oor geval. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Besighede sukkel steeds van vorige inperking - June 15, 2021
Terwyl Namibiërs in spanning wag vir ‘n aankondiging deur President Hage Geingob vir nuwe maatreëls in verband met die heersende derde vlaag Covid-infeksies. Volgens Daan Strauss, die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie word die impak van die eerste inperking steeds deur besighede gevoel.
ANC het nie sy werkers betaal nie - June 15, 2021
ANC-werknemers sal vandag tydens die middagete voor Luthuli-huis betoog omdat die party versuim om hul salarisse betyds te betaal. ANC-werknemers wag steeds om Mei se salaris te ontvang. Die adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, het verlede maand gesê die party ondervind kontantvloei-probleme. Die tesourier-generaal, Paul Mashatile, het tydens die nasionale uitvoerende komitee se vergadering verlede maand gesê […]
White Ribbon hou werkswinkels - June 15, 2021
Die White Ribbon-veldtog in Namibië hou tans ‘n reeks werkswinkels met deelnemers wat beide jongmense en ouderlinge insluit. Volgens die stigter van die plaaslike veldtog, Charles Simakumba, word die impak van Covid-19 op seksuele geweld, MIV/Vigs en meer bespreek. Simakumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Skole in SA sukkel nes in Namibië - June 15, 2021
Suid-Afrika het nes Namibië talle uitdagings met onderwys en daar is daadwerklike tekorte is meeste van die stelsels. Die jongste navorsing uit die buurland dui aan dat minder as die helfte van die skole vertroue het in hul eie vermoë om visuele, gehoor- of leerprobleme by leerlinge waar te neem. Nicola Deghaye het die navorsing […]
MIV moet ook aandag kry - June 15, 2021
Met die Covid-19-pandemie wat die wêreld verswelg het, is MIV-voorkoming, toetse, behandeling en versorgingsdienste, veral in lande met swak gesondheidstelsels, onderbreek. Volgens die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi, is dit nou meer as ooit nodig dat die stryd teen MIV/Vigs verskerp word. Hy verduidelik.
Stand van damme steeds baie goed - June 15, 2021
NamWater se jongste dam bulletin is bekend en in die afgelope week is ‘n rekord lae onttrekking van 680 000 kubieke meter uit Hardapdam gepomp. Bronne vir die Suide is op die oomblik op 89 persent. Yanna Smith het meer.
EU het kommer oor korrupsie - June 15, 2021
Die Europese Unie sê die bevindings van ‘n verslag deur Transparency International oor korrupsie is kommerwekkend. Die Global Corruption Barometer-verslag onthul dat bykans ‘n derde van inwoners in die EU op persoonlike konneksies staat gemaak het om op die hoogtepunt van die pandemie toegang tot gesondheidsorgdienste te verkry. Nagenoeg 62 persent van die 40 000 […]