Verkiesingskandidate genomineer, dís wat nou gaan gebeur - October 16, 2025
Die nominasies vir kandidate vir die streeks- en plaaslike owerhede-verkiesings het vanoggend om 11-uur gesluit. Die nominasies vir onafhanlike kandidate het reeds die 14de gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die Verkiesingkommissie gepraat.
Privaatsektor kredietverlening styg effe in Augustus - October 16, 2025
Privaatsektor kredietverlening het effens gestyg in Augustus tot 5,8 persent op ‘n jaargrondslag, vergeleke met 5,7 persent in Julie, volgens FNB se jongste verslag. Korporatiewe krediet was die belangrikste groeidryfveer, en het in Augustus tot 10,3 persent op ‘n jaargrondslag gestyg van 10,1 persent in Julie, wat deurlopende besigheidsbeleggings en bedryfsfinansieringsbehoeftes weerspieël. Huishoudelike krediet het […]
‘Almal moet insette lewer’ op geestesgesondheid-wetsontwerp - October 16, 2025
Reaksie word ontvang op die geestesgesondheid-wetsontwerp wat in die Nasionale Vergadering ingedien is. Die Swapo-parlementslid Sharonice Busch het in ‘n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die wetsontwerp insette en ondersteuning van almal benodig om ‘n omvattende wet te word. Dit is aangesien daar gepoog word om te verseker dat geestesgesondheidsdienste in al 14 […]
Twee vas vir dwelms van N$618 910 - October 16, 2025
NamPol het vanoggend twee mense in Hentiesbaai gearresteer vir dwelmhandel, by ‘n adres in Libertina Amadhilastraat. Daar is beslag gelê op 8 821 gram dagga, 1 467 vol Mandrax-tablette asook vier blokke en vier eenhede crack-kokaïen. Die totale waarde van die dwelms is 618 910 Namibiese dollar. Die verdagtes, ‘n 53-jarige man en 41-jarige vrou, […]
Namibië gereed om N$13,5 miljard-Eurobond terug te betaal - October 16, 2025
Die Eurobond wat Namibië in 2015 van die Europese Sentrale Bank ontvang het gaan op 29 Oktober verval. Die nodige 13,5 miljard Namibiese dollar is ingesamel om die skuld te vereffen. Tydens die rentekoersaankondiging het die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, meer inligting gegee.
Hof moet R28 miljoen van Zuma vir staat terugkry - October 16, 2025
Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag ʼn aansoek van die Presidensie en die staatsadvokaat aan om 28-miljoen Suid-Afrikaanse rand se regskoste in sy persoonlike hoedanigheid van oudpresident Jacob Zuma te verhaal. Die Appèlhof het in 2021 beslis Zuma is nie geregtig op voortgesette staatsbefondsing vir sy korrupsiesaak nie. Die staat het verlede jaar met ʼn […]
Israeliese forum wil vredesooreenkoms stop tot alle gyselaars tuis is - October 16, 2025
Die Forum vir Gyselaars en Vermistes se Families doen ‘n beroep op die Israeliese regering om onmiddellik die instelling van enige verdere fases van die vredesooreenkoms te staak. Die forum meen Hamas hou aan om sy verpligtings te skend wat betref die terugkeer van alle gyselaars en die oorskot van slagoffers. Volgens die raamwerk wat […]
Binder glo hy kan swak seisoen omkeer - October 16, 2025
Motorsport: Die Suid-Afrikaner Brad Binder, wat tans sy swakste seisoen in MotoGP ondervind sedert sy buiging in 2020, sê hy is vasberade om hierdie seioen sterk te eindig. Die renjaer van Red Bull KTM is tans in die 11de plek met slegs 118 punte, met nog vier wedrenne oor. Hy het twee weke terug in […]
Vrouestudente slaan die kitaar by Unam - October 16, 2025
Unam se vise-kanselier professor Kenneth Matengu het sy hoofrede van die universiteit vanoggend gelewer. Hy het ‘n oorsig van die universiteit se bedrywighede gegee. Vroue neem die voortou by die universiteit met 63 persent, amper 17 000 van die studentetal, wat vroulik is.
Beboet onwettige myners naby Krugerwildtuin, vra AfriForum - October 16, 2025
AfriForum het owerhede versoek om diegene wat verantwoordelik is vir onwettige mynbou naby die Krugerwildtuin te beboet. Die burgerregtegroep sê die ongemagtigde boorwerk op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch het reeds ernstige omgewingskade veroorsaak. Lambert de Klerk van AfriForum eis dat die regering binne 30 dae moet optree om omgewingswette af te […]