Simbine onoorwonne by Atlanta Spele - May 18, 2025
Akani Simbine het sy onoorwonne rekord in die 100 meter naelloop gister by die Atlanta Spele voortgesit met ’n oortuigende oorwinning van 9,86-sekondes oor Udodi Onwuzurike van Nigerië wat 10,05 aangeteken het. Simbine, wat verlede naweek goud gewen het in die 4×100 meter-aflos by die Wêreldaflosbyeenkoms in Guangzhou, China, het ook die eerste drie 100 […]
Namibië, Botswana wil saam raffinadery bou - May 18, 2025
Namibië en Botswana gaan die moontlikheid ondersoek om ‘n gesamentlike olieraffinadery te bou wat nie net aan die brandstofbehoeftes van die twee lande voldoen nie, maar ook van die streek. Dit is van die besluite wat president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar eweknie president Duma Boko tydens haar besoek aan Botswana die afgelope week geneem het. […]
Ramaphosa ruk op na Withuis - May 18, 2025
President Cyril Ramaphosa vertrek vandag na die VSA om gespanne verhoudings te herstel en bewerings van ‘n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika te bestry. Ramaphosa het tydens die induksie van die ANC in die Noord-Kaap se Provinsiale Uitvoerende Komitee gesê hy sal die bewerings ferm verwerp en noem dit disinformasie wat gebruik word deur individue wat asiel […]
Rusland brand los op Oekraïne - May 18, 2025
Rusland het die grootste nóg hommeltuigaanval op Oekraïne sedert die begin van die oorlog in 2022 geloods. Vanoggend is 273 hommeltuie op die sentrale en oostelike gebiede van Oekraïne afgevuur. Die jongste aanval volg ná onderhandelinge vir ‘n skietstilstand Vrydag misluk het. Amerika se president Donlad Trump het gesê hy sal môre met Rusland se […]
Pumas, Griekwas in stryd om SA-beker - May 18, 2025
Die Pumas het ’n dramatiese 31-29 oorwinning oor die Boland Kavaliers in die Mbombela-stadion die naweek behaal om ’n tuiseindstryd vir die 2025 SA-bekertoernooi volgende naweek te verseker. Die Pumas het op een stadium met net 12 man gespeel ná drie geel kaarte, maar het steeds daarin geslaag om te wen toe losskakel Danrich Visagie […]
Agt sterf aan malaria - May 18, 2025
Altesaam 5 921 mense het van 5 tot 11 Mei malaria gehad, waarvan 555 nuwe gevalle is. Agt sterftes is in totaal is in die Rundu-, Nkurenkuru-, Oshakati- en Outapi-distrikte aangemeld, toon die jongste data van die gesondheidsministerie. Die meeste malaria het in Katima Mulilo voorgekom, gevolg deur Nkurenkuru, Andara, Outapi en Nyangana. Volgens die ministerie was […]
AfriForum maan teen weermag, verkeersdepartement - May 18, 2025
AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van ‘n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk van AfriForum het om duidelikheid […]
Tornado’s karnuffel Missouri, Kentucky - May 18, 2025
Minstens 25 mense in Missouri en Kentucky in Amerika is dood ná verwoestende tornado’s verskeie state in die sentrale gedeelte van Amerika getref het. Buiten vir Missouri en Kentucky, het reuse-tornado’s ook in Illinois en Indiana gewoed. Saterdag was sowat 459 000 huise en besighede in 12 state sonder krag gestrand.
Gholf: Scottie mik vir derde major-titel - May 18, 2025
Kanse is goed dat Scottie Scheffler vandag in die PGA-kampioenskap sy derde major-titel sal verower. Dié 28-jarige Amerikaner het Saterdag die derde ronde op die Quail Hollow-baan ‘n meesterlike vertoning gelewer toe hy met ‘n rondte van 65 (-6) ‘n voorsprong van drie houe bewerkstellig het. Hy het in 2022 en 2024 in die Meesterstoernooi […]
Korridor strategies vir Namibië, Zambië - May 18, 2025
Die ontwikkelingskorridor tussen Walvisbaai, Ndola en Lubumbashi is van strategiese belang vir Namibië en Zambië en enige bottelnekke moet verhoed word, sê die leiers van dié twee lande. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die afgelope week haar Zambiese eweknie president Hakainde Hichilema besoek. Die staatshoofde meen praktiese stappe is nodig om ou infrastruktuur by grensposte te […]