Koste van grond dryf huispryse - June 15, 2021

Tekorte aan beskikbare grond is die oorsaak van die koste van huise. Luidens die jongste verslag van FirstRand sal dieselfde gedienste erf wat 20 000 Namibiese dollar in Keetmanshoop kos, ongeveer 225 000 dollar in Khomasdal kos, ongeveer 11 keer meer. Die verslag voeg by dat sou die waardeketting van die konstruksie van in huis […]

Read More

Nuwe wapenwet sal nie minder geweld in SA bring nie - June 15, 2021

Meer as 21 Suid-Afrikaanse organisasies, waaronder drie politieke partye, is op hulle agterpote oor die voorgestelde wetgewing in verband met die wapenwet. Die SafeCitizen-veldtog se woordvoerder, Ian Cameron, sê die wetsontwerp ontwapen landsburgers en laat hulle weerloos teen misdaad: Cameron sê die wysigings sal nie wapengeweld laat afneem nie:

Read More

Angula onthou Kerina so - June 15, 2021

Mburumba Kerina, wat daarvoor erken word dat hy Namibië sy naam gegee het en ‘n stigter was van Swapo, Nudo en ander partye, sowel as regeringstrukture wat die parlement insluit was, is oorlede. Hy was 91. Die voormalige Namibiese eerste minister Nahas Angula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Kerina het hom destyds geïnspireer….

Read More

Klimaat: mense moet in ag geneem word - June 15, 2021

Die Wêreldbank se klimaatkenner, Marc Sadler, sê dit is noodsaaklik om die impak op mense se lewens en hulle werk in ag te neem wanneer daar na ‘n laer-koolstof-ekonomie beweeg word. ‘n Laer-koolstof-ekonomie is ‘n stelsel wat daarna mik om sy kweekhuisgasse so laag as moontlik te hou terwyl dit steeds as ‘n tipiese ekonomiese […]

Read More

Navo plaas sy visier op China - June 15, 2021

Navo se sekretaris-generaal het die alliansie se 30 lidlande versoek om te reageer op die volgehoue groei van China. Jens Stoltenberg beskryf die Navo-beraad in Brussel as ‘n deurslaggewende oomblik vir die organisasie. In ‘n verklaring word China se gedrag as ‘n sistemiese uitdaging bestempel. Media berig die beraad beskryf China se selfverklaarde ambisies en […]

Read More

N$500 borg vir moord-verdagte - June 15, 2021

Die regbank gaan gereeld gebuk onder kritiek dat misdadigers te maklik borg kry en dan weer terugkeer na die tipe misdaad waarvoor hulle in hegtenis geneem is. Volgens nuusagentskappe, het ‘n 43- jarige man borg van 500 Namibiese dollar gekry na hy ‘n man wat na bewering hom probeer beroof het, doodgesteek het. Dawid van […]

Read More

Dit gaan goed met Mutorwa – woordvoerder - June 15, 2021

Die woordvoerder van die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa se familie, dr. Marius Kudumo sê dit gaan goed met hom. Mutorwa is sedert Vrydag gehospitaliseer weens Covid-19. Kudumo het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Britte moet nog so bietjie wag - June 15, 2021

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het bevestig dat die beoogde opheffing van alle Covid-19-inperkings in Engeland wat vir 21 Junie beplan was, met vier weke uitgestel word. Dit word gedoen sodat meer mense teen die korona-virus ingeënt kan word en hul tweede dosis entstof kan ontvang te midde van die styging in gevalle van […]

Read More

Biden waarsku Putin - June 15, 2021

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n waarskuwing aan sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, gerig op die vooraand van hulle ontmoeting in Switserland môre. Biden sê hy wil nie in konflik met Rusland gewikkel wees nie, maar as dié land volhou met sy vyandige optrede, sal Amerika terugslaan. Biden sê hy wil ook met Putin […]

Read More

SAL is polities meer uitdagend vir Cyril - June 15, 2021

Anders as die belangriker hervormings binne die energiesektor, is die model wat gebruik word vir die heropbou van die Suid-Afrikaanse Lugdiens polities meer uitdagend vir president Cyril Ramaphosa. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Takatso Konsortium het ‘n belang van 51 persent in die SAL verkry, met die regering wat 49-persent […]

Read More