Mmusi vir N$4m gedagvaar - June 15, 2021
Die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane, staar ‘n regstryd in die gesig nadat vier voormalige Wes-Kaapse lede van die party hom vir altesaam 4 miljoen Suid-Afrikaanse rand dagvaar vir beweerde naamskending. Suzette Little, Shaun August, Greg Barnardo en Thulani Stemele eis elkeen ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand van Maimane. Volgens hulle het hy in sy nuusbrief beweer […]
Onduidelikheid heers as gevolg van pandemie - June 15, 2021
Voertuigverkope het sedert verlede jaar baie swak presteer en syfers wat in Mei vanjaar aangeteken is toon wel groei teenoor Mei 2020 maar toe was Namibië ingeperk. Volgens Cirrus is dit steeds die laagste groei sedert 2009. Cheryl Emvula van Cirrus sê dit is moeilik om te sê wanneer positiewe veranderinge weer verwag kan word.
SA se wapenwet steeds in die nuus - June 15, 2021
Suid-Afrikaners maak heftig beswaar teen die beplande wysigings aan die Vuurwapenwet, veral omdat dit die besit van ‘n vuurwapen vir selfverdediging onwettig sal maak. Die voorgestelde wetgewing plaas ook nuwe beperkings op jagters en sportskuts. Sedert die wysiging in Mei in die Staatskoerant gepubliseer is, het die ministerie van Polisie meer as 60 000 geskrewe […]
Afrika moet Afrika self voed - June 15, 2021
Die impak van Covid-19 het die swakheid van die huidige voedselstelsels blootgelê, maar ook die geleentheid vir Afrika om binne die Afrika-vryhandel-ooreenkoms met Afrika te handel. Anthea Basson, nasionale inligtingsbeampte van die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus oor hoe Afrika vir Afrika kan voed.
Duitsers sê volksmoord-gesprek dra niks by nie - June 15, 2021
Die Forum vir Duitssprekende Namibiërs sê die neiging in die kommentaar oor die volksmoord is nie net onaanvaarbaar nie maar dra ook nie positief by tot die debat nie. Die aanmerking volg na dreigemente deur die voormalige Swapo minister Kazenambo Kazenambo verlede week dat grond in Duitse besit afgevat sal word. Die forum se voorsitter […]
BBC het nie fouteer met Bashir nie - June 15, 2021
‘n Ondersoek het bevind die BBC het nie korrespondent Martin Bashir in 2016 heraangestel, om die gebeure rondom sy onderhoud met prinses Diana in 1995 te verdoesel nie. Die ondersoek is gedoen ná bewerings dat Bashir onderduimse metodes gebruik het om Diana te oorreed om die onderhoud te doen. Diana het tydens die onderhoud die […]
Gee vir die mense ivermektien – Itula - June 15, 2021
Die leier van die IPC-party het sy stem bygevoeg by die 30 dokters wat onlangs ‘n petisie aan owerhede gerig het om ivermektien goed te keur vir die behandeling van Covid-19. Die middel, wat ook ‘n tablet het vir menslike gebruik, is nie goedgekeur in Namibië nie en net die dieremedisyne is plaaslik beskikbaar. Itula […]
Pandemie versprei vinniger as entstof – WGO - June 15, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is kommerwekkend dat Covid-19 vinniger versprei as wat die geval is met entstowwe wêreldwyd. Die syfers vir nuwe Covid-19-gevalle wat die WGO van oor die wêreld ontvang, toon die afgelope sewe weke agtereenvolgens ‘n afname. Dit is die langste aaneenlopende weeklikse daling tot dusver tydens die pandemie. Die direkteur-generaal van die […]
Rekord-getalle, suurstoftekorte, mediese afval hoop steeds op - June 15, 2021
Die jongste Covid-syfers toon ‘n positiewe koers van 46 persent. Die Namibiese gesondheidsministerie het 726 nuwe Covid-19-gevalle in 13 streke uit 1 594 toetsuitslae aangekondig. Daar is tans 9 609 aktiewe gevalle, waarvan 377 gehospitaliseer is met 72 in intensiewesorg- en 25 in hoësorg-eenhede. Dertien sterftes is aangemeld. Intussen is daar druk op mediese instansies […]
Entrepo-slenter: amptenare ook skuldig aan bedrog - June 15, 2021
Die Namibiese polisie sê staatsamptenare neem deel aan ‘n bedrogspul en die mag sê hy het reeds talle klagtes in die verband ontvang. Volgens Nampol se woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê ‘n groep, ‘Entrepo Finance Employees’ hulle verteenwoordig lenings vir staatsamptenare. Maar, indien die amptenaar wel ‘n lening by Entrepo Finance neem, en 50 persent […]