Hage sê (blykbaar) vandag, McHenry sê Hage moet lei! - June 15, 2021
Na bewerings en toe ‘n bevestiging en toe ‘n kansellasie, wil dit voorkom asof President Hage Geingob vandag die nasie sal toespreek oor die regering se reaksie op die derde vlaag van die pandemie, wat ongekende syfers aanteken. Die Presidensie het nog nie ‘n tyd bevestig nie. Intussen het die president van die PDM-party McHenry […]
Plakkersaak: AR sê hulle behoort te wen - June 15, 2021
Dimbulukeni Nauyoma van die Affirmative Repositioning se saak is vandag weer in die hof nadat die beweging die Namibiese regering gedagvaar om die sogenaamde Plakkersproklamasie van 1985 ter syde te stel. Volgens hom is die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers te verwyder wat onwettig op grond woon, strydig met die Grondwet. Die beweging se […]
Ondersoek ook vyandigheid teenoor Afrikaans – VF+ - June 15, 2021
Die Menseregtekommissie van Suid-Afrika se ondersoek na die onderdrukking van Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch, moet ook die kultuur van vyandigheid teenoor Afrikaanssprekendes en die universiteitsbestuur se bevordering daarvan deur die lakse hantering van klagtes in dié verband insluit. Die MRK se ondersoek spruit uit gebeure in Maart vanjaar by koshuise van die universiteit […]
2 SA-leerders sal in Hongkong wetenskap verteenwoordig - June 15, 2021
Twee jong Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die virtuele wêreldwye jeugwetenskap- en tegnologie-skou in Hongkong. ‘n Graad 11-leerder aan die Hoërskool Bryanston in Johannesburg, Kavya Kaushik, en ‘n graad 10-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, Catherine Kies, het albei silwermedaljes verower in die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes-kompetisie. Kavya het ‘n masjien-leermodel ontwikkel wat hartritme-steurings […]
Geingob vereer vir toewyding tot toerisme - June 15, 2021
Namibiese President Hage Geingob het ‘n ereprys van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie, Zurab Pololikashvili, ontvang vir sy toewyding om toerisme vir volhoubare ontwikkeling te bevorder.
AR weer môre in die hof oor plakkers - June 14, 2021
Die Affirmative Repositioning se saak is môre weer in die hof nadat die politieke party die Namibiese regering gedagvaar het om die sogenaamde Plakkersproklamasie van 1985 ter syde te stel. Volgens Dimbulukeni Nauyoma van die AR is die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers te verwyder wat onwettig op grond woon, strydig met die land […]
SA: Taxibestuurders huiwerig om pendelaars te laat maskers dra - June 14, 2021
Die Santaco-taxivereniging in KwaZulu-Natal sê sommige taxibestuurders is huiwerig om pendelaars te dwing om maskers te dra uit vrees dat hulle kliënte sal verloor. Die land sukkel tans om Covid-19-getalle te verminder te midde van die derde koronavirus-vlaag. Santaco se woordvoerder in die provinsie, Sfiso Shangase, het gesê een van die bedryf se uitdagings is […]
Wildmisdaad: 18 verdagtes vas - June 14, 2021
Volgens die Namibiese wildmisdaadverslag is 18 vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem en nege nuwe sake aanhangig gemaak. Beslag is op twee elk renosterhorings, stukke olifanttande en luislangvelle gelê, asook een lewende ietermagô en drie ietermagôvelle, en een elk kameelperdvel en hiënavel.
IPC vra vir goedkeuring van Ivermektien - June 14, 2021
Die stryd om Covid-19 te beveg, is ‘n voortdurende stryd in hospitale en die politieke arena. Die jongste wat sy stem by die stryd teen die pandemie gevoeg het, is dr. Panduleni Itula van Independent Patriots for Change, wat blykbaar kritiek lewer op die weiering van die regering om die gebruik van Ivermektien vir die […]
PSEMAS moet hersien word. - June 14, 2021
Volgens berigte is die Namibiese mediese fonds vir staatsamptenare, PSEMAS, tans in die moeilikheid. Die regering het PSEMAS al by verskeie geleenthede as onvolhoubaar beskryf en hersiening is nodig. Omu Kakujaha-Matundu , senior lektor in die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.