Katima-inwoners moet steeds paraat wees vir olifante - June 14, 2021

Die groep olifante wat vermoedelik van Zambië by Katima Mulilo verlede week Maandag opgedaag het is steeds in en om die dorp. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing Romeo Muyunda sê die situasie word deurentyd gemonitor maar het weer inwoners gemaan om die diere uit te los en versigtig te wees.

Read More

Tradisionele owerheid lê boete op vir sandontginning - June 14, 2021

Plaaslike media berig dat die Oukwanyama tradisionele owerheid ‘n boete van 668 000 Namibiese dollar aan ‘n siviele ingenieurs maatskappy vir die onwettige ontginning van sand opgelê het. Luidens berigte het die maatskappy na bewering tussen Augustus 2018 en September 2019 sand by die Ohailulu nedersetting ontgin sonder om klaring by die ministerie van omgewingsake […]

Read More

Klimaatsverandering: en die geld? - June 14, 2021

Oxfam Internasionaal sê dit is onaanvaarbaar dat die meeste G7-leiers versuim het om opnuut aankondigings te doen oor klimaatsfinansiering. Ryk lande het hul doelwit herbevestig om aardverwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk. Hulle het ook ooreengekom om teen die einde van die dekade 30 persent van die omgewing te beskerm en te herstel. Max […]

Read More

Versigtig om net tradisionele energiebronne te onttrek - June 14, 2021

President Cyril Ramaphosa sê die eksistensiële bedreiging van klimaatsverandering vereis niks minder nie as dringende, ambisieuse en kollektiewe optrede deur al die lande van die wêreld. Hy het aan die einde van die G7-leiersberaad in Brittanje gesê leiers moet versigtig wees om nie ‘n algemene benadering ten opsigte van onttrekkings van tradisionele energiebronne te bepleit […]

Read More

Ons herdenk Wêreld-bloedskenkersdag - June 14, 2021

Vandag is Wêreld-bloedskenkersdag. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die doel met dié dag is om bewustheid te kweek oor die behoefte aan veilige bloed en bloedprodukte vir oortappings. Hulle wil egter ook klem plaas op die kritieke bydrae van vrywillige, onbetaalde bloedskenkers tot die onderskeie lande se gesondheidstelsels. Titus Shivute van die Namibiese Bloedoortappingsdiens het met Kosmos […]

Read More

SA-diplomate het onwettig drank verkoop - June 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Dirco, waarsku dat nóg diplomate ondersoek word vir beweerde betrokkenheid by onwettige drankhandel. Verskeie buitelandse regeringsamptenare van Lesotho en al Malawi se diplomate is verlede week 72-uur gegee om die land te verlaat. Dirco sê ‘n ondersoek het onthul hulle het glo alkohol in grootmaat van doeanevrye […]

Read More

ANC-regering besit amper 10 miljoen hektaar - June 14, 2021

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onthul dat daar 9,8 miljoen hektaar grond onder sy voogdyskap geregistreer is. Dit volg nadat die ANC en die EFF van plan is om ‘n klousule oor staatsbewaring in die Wysigingswetsontwerp op Artikel 25 in te sluit om die onteiening van grond sonder […]

Read More

Bye-bye Bibi - June 14, 2021

Benjamin Netanyahu is ná 12 jaar nie meer eerste minister van Israel nie nadat die land se parlement ‘n nuwe koalisieregering goedgekeur het. Die koalisie is met ‘n skrale meerderheid van net een stem met 60 teenoor 59 goedgekeur. Die regse nasionalis Naftali Bennett van die Yamina-party sal ingevolge ‘n rotasie-ooreenkoms die nuwe regering tot […]

Read More

Vermeende dwelmhandelaar van Osire vlugtelingskamp - June 14, 2021

Die Kongolese burger wat gevang is met 27 kilogram dagga met ‘n straatwaarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar, se saak is in die Swakopmund landdroshof tot 23 Junie uitgestel. Gilbert Kalenga, 31 jaar oud, sal dan aansoek om borg doen. Kalenga is volgens die stukke voor die hof van die Osire vlugtelingskamp. Hy is in […]

Read More

GRN oorweeg op die oomblik maatreëls – Steenkamp - June 14, 2021

Daar is toenemende druk van onderwysersvakbonde, studenteliggame en ouers vir die ministerie van onderwys om die skole ‘n rukkie te sluit te midde van die toename in Covid-19 gevalle. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die ministerie Sanet Steenkamp gepraat oor wat die jongste is in die verband.

Read More