Publiek gevra om bloed te skenk - June 12, 2021
Die Namibië Bloedoortappingsdienste doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk. Volgens Titus Shivute van die Bloedoortappingsdiens, word nie net lewens gered deur bloed te skenk nie, maar hou dit ook verskeie gesondheidsvoordele in. Shivute het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
VSA skenk half miljard Pfizer-entstowwe - June 11, 2021
Amerikaanse President Joe Biden het aangekondig dat die VSA ‘n half miljard bykomende Pfizer-entstowwe sal skenk om lande in ernstige nood tydens die Covid-pandemie te help. Hy het gesê waardes noop op hierdie oomblik dat alles in almal se vermoë gedoen moet word om die wêreld teen Covid-19 in te ent.
Streng, nuwe wetgewing oor dronkbestuur in SA - June 11, 2021
Wanneer Suid-Afrika se streng nuwe wetgewing oor dronkbestuur later vandeesmaand in werking tree, mag jy nie eens een drankie drink as jy van plan is om te bestuur nie. En as jy in ‘n ongeluk is ná net een drankie, kan versekeraars jou eis afkeur.
SA: Beurtkrag vanaand opgeskort - June 11, 2021
In die buurland word beurtkrag vanaand om agt-uur opgeskort. Eskom het aangekondig dat kragopwekking oor die afgelope twee dae verbeter het. Die slegte nuus is dat daar wel fase 1-beurtkrag sal wees op Saterdag en Sondag van vyf-uur tot agt-uur die aand wanneer die vraag die hoogste is.
Adjunkminister van gesondheid vanaand saam met Copps 94.1 - June 11, 2021
Die Namibiese adjunk-minister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gaan vanaand vanaf agt-uur tot middernag die span van Copps 94.1 in Windhoek vergesel. Francois Lottering sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarna luisteraars vanaand op die teen-misdaad realiteitsprogram kan uitsien.
Agribank bied lenings aan vroue, jongmense - June 11, 2021
Die nuwe leninginisiatief van die Agribank of Namibia vir vroue en jongmense sal ook die eens uitgeslote landbou-entrepreneurs dek. Die skema sal meer vroue en jong mense wat ‘n salaris verdien, in staat stel om toegang tot finansiering te kry om met vee en kommersiële gewasse te boer. Kosmos 94.1 Nuus het aan die landbou-ekonoom, […]
Kansellasie van sensus het wel ‘n impak – ekonome - June 11, 2021
Ekonome stem nie saam met die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze wat sê daar sal nie ‘n wesenlike impak op beplanning wees met die uitstel van die 2021 sensus nie. Kandjoze sê daar is nie voldoende befondsing om die sensus uit te voer nie. Die data word as baie belangrik beskou vir ontwikkelingsplanne […]
Covid: alles onder beheer by die weermag - June 11, 2021
Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi sê talle maatreëls is in plek om lede van die weermag teen Covid-19 te beskerm. Namibië is tans in sy derde vlaag en rekord-getalle word daagliks aangemeld. Weermagbasisse het baie ooreenkomste met skole en koshuise, maar volgens Kapofi is die situasie tans onder beheer.
22 lenings, 12 eiendomme opgeëis by Mosiehof - June 11, 2021
Die Mosiehof in die hoofstad het vanoggend 80 aansoeke op verstekvonnisse aangehoor waarvan 12 reël 108 aansoeke was. Dertig is deur kommersiële banke gebring en lenings het die rol gedomineer. ‘n Totaal van 22 lenings met uitstaande betalings van 4,87 miljoen Namibiese dollar is opgeëis terwyl 12 eiendomme, ter waarde van 13,53 miljoen dollar is […]
Botswana het moordenaar vanoggend tereggestel - June 11, 2021
Botswana se gevangenisdiens het aangekondig dat Phemelo Botogeleng, 34 jaar oud, vandag tereggestel is vir die moord op sy vriendin Anna Simon en hulle kind Atang Simon. Die moord het op 5 Mei in 2011 plaasgevind en hy is ter dood veroordeel op 28 Julie verlede jaar. Hy het appèl aangeteken wat op 10 Februarie […]