Eskom sê krag bly onder druk - May 18, 2025

Eskom het herklemtoon dat die kragnetwerk steeds beperk is, ten spyte van ‘n meer bestendige kragstelsel en beurtkrag wat opgeskort is. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê meer as 2 600 megawatt sal teen Maandagaand weer in gebruik wees om in die winteraanvraag te voorsien. Onbeplande onderbrekings is op veillige vlakke op gemiddeld meer as 14 000 […]

Read More

Iran se ajatolla kap Trump - May 18, 2025

Iran se opperleier ajatolla Ali Khamenei het Saterdag gesê uitlatings van Amerika se president Donald Trump tydens sy afgelope besoek aan die Midde-Ooste is skandalig. Hy het gesê Trump lieg as hy sê hy wil mag gebruik om vrede te bewerkstellig, en na Amerika se ondersteuning van Israel in die oorlog met Gaza verwys. Die […]

Read More

Rugby: Etzebeth skitter as kaptein - May 18, 2025

Ná ’n angswekkende besering verlede week het Eben Etzebeth ’n kapteinsvertoning gelewer vir die Haaie, met die Durbanse span wat ’n 12-3 oorwinning sonder drieë teen die Scarlets in Durban behaal het. Op Loftus Versfeld het die Bulle op die best moontlike manier afskeid geneem van die ontslape Cornal Hendricks met ’n briljante vertoning van […]

Read More

Meer as 500 bouplanne in Windhoek goedgekeur - May 18, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit het in die eerste vier maande van vanjaar 546 bouplanne met die totale waarde van bykans 686 miljoen Namibiese dollar goedgekeur. Hoewel die aantal bouplanne amper 8 persent minder is as dieselfde vier maande in 2024, het die waarde daarvan met bykans 10 persent gestyg. Volgens IJG bly boubedrywighede in die hoofstad […]

Read More

Ma kry 20 jaar vir moord op kleuter - May 18, 2025

Die Durbanse Hooggeregshof het Teneil Ursula Kok tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar driejarige dogter, Fadillah Chantal Kok, in Mei 2022. Die hof het mishandeling in haar verlede en geestesgesondheids-probleme as versagtende faktore beskou. Die NVG se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê regter Jacqueline Henriques het beveel dat sy haar vonnis naby […]

Read More

Israel, Hamas hervat stilstandonderhandelinge - May 18, 2025

Israel en Hamas het onderhandelinge oor ‘n skietstilstand Saterdag in Katar hervat midde voorbereidings deur die Israeliese weermag vir ‘n massiewe lug- en grondaanval op Gaza. Volgens Hamas se gesondheidsministerie is meer as 150 mense die afgelope 24 uur in Gaza dood. Bomaanvalle op Gaza die afgelope week was die ergste sedert die verstryking van die […]

Read More

Grand Prix: Piastri voor in Italië - May 18, 2025

Oscar Piastri het Saterdag opnuut gewys hy en sy McLaren kan die vinnigste wees en sal vandag by die Emilia Romagna Grand Prix in Imola, Italië, voor wegspring. Piastri se tyd van 1 minuut 46,670 sekondes in die kwalifiseringsronde Saterdag was die vinnigste. Die Australiër was 0,034 sekonds voor Max Verstappen, Nederlandse wêreldkampioen van Red […]

Read More

Geldnood kelder stryd teen korrupsie - May 18, 2025

Die Teenkorrupsiekommissie is 116 miljoen Namibiese dollar toegewys in die 2025-begroting, waarvan 103 miljoen dollar gaan aan bedryfsuitgawes. Die kommissie sê die bedrag is nie genoeg om die nodige ondersoekers aan te stel nie, waarvan heelwat vertrek het na beter-betalende geleenthede. Sonder genoeg ondersoekers kan dit nie korrupsie doeltreffend beveg nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

‘Elke rand tel,’ sê SA staatsamptenare - May 18, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare is woedend nadat die Gautengse regering versuim het om 1,8 miljard rand van sy 2023/24-begroting te bestee. Die vakbond sê dit verraai openbare vertroue, veral terwyl hospitale met tekorte sukkel, skole oorvol is, en infrastruktuur ineenstort. Die vakbond eis antwoorde van die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, en vra ‘n dringende […]

Read More

Vlootboot van Mexiko bots teen Brooklyn-brug - May 18, 2025

Een persoon is dood toe ‘n opleidingsboot van die Meksikaanse vloot Saterdagaand tydens ‘n promosietoer teen die Brooklyn-brug in New York gebots het. Ministens 22 mense, almal passasiers, is in die voorval beseer en vier van hulle is in ‘n ernstige toestand. Die brug, die vernaamste verbintenis tussen Brooklyn en Manhattan, is ‘n gewilde toerismebestemming.  

Read More