Werkstoestande, uiters lae lone van die klagtes - June 11, 2021
Die voorsitter van die minimumloon-kommissie dr. Marius Kudumo sê in sy weeklikse verslag dat die meerderheid insette wat in die Kavango Oos en Zambezi-streke ontvang is handel oor swak werkstoestande en nakoming van bestaande loon-ooreenkomste. Die kommissie het die week besoek in die twee streke afgelê. Volgens Kudumo sê lede van die publiek hulle word […]
Voertuigverkope steeds bedroef - June 11, 2021
Cirrus in die hoofstad het voertuigverkope vir Mei bekend gemaak. Groei van 4,9 persent is op ‘n maandelikse grondslag aangeteken en teenoor verlede jaar het verkope gegroei met 68,5 persent. Terwyl die syfers goed vertoon, maan Cirrus dat sou die swak verkope van Mei 2020 tydens die inperking nie in ag geneem word nie, is […]
Media! Bemoei julle met regte werk – JP Smith - June 11, 2021
Die DA se adjunk-koukusleier in die Stad Kaapstad, JP Smith, is die jongste lid van die party wat betrokke is by ‘n moontlike skandaal oor sy kwalifikasies. Hy sê egter dit is ‘n kwaadwillige gissing deur ‘n koerant. Smith sê die verslag haal ‘n biografie aan wat in 2019 aan konferensie-organiseerders gestuur is en waarin […]
Guptas: uitlewering is nie vandag en môre nie - June 11, 2021
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, sê die uitleweringsooreenkoms met die Verenigde Arabiese Emirate is ‘n positiewe ontwikkeling. Die ooreenkoms tree op 10 Julie in werking maar volgens Batohi, is uitlewering op die einde van die dag ‘n politieke proses…
Minister spreek onwettige brandstof aan - June 11, 2021
Die toename in die verkoop van onwettige brandstof in die Noorde is ‘n groot bron van kommer vir die Namibiese minister van mynbou en energie, Tom Alweendo. Hy sal op 14 Junie op Oshikango ‘n vergadering met die gemeenskappe van Omusati en Ohangwena hou om die kwessie van die verkoop van onwettige brandstof te bespreek. […]
Minister was laat met hervormings - June 11, 2021
‘n Kundige oor die volhoubare oorgang van energiestelsels by die Universitiet van Stellenbosch, Mark Swilling, het die energiehervormings verwelkom wat president Cyril Ramaposa gister aangekondig het. Hy sê dit is produktief vir die land dat die president die minister van minerale hulpbronne en energie se vorige besluite tersyde gestel het. Swilling sê die hervormings sal […]
Vlugtelinge van Angola soek elders werk - June 11, 2021
Angolese vlugtelinge is steeds ‘n bron van kommer vir owerhede in die Noorde en luidens die jongste berigte het die getalle by Etunda skerp oor die afgelope paar dae gedaal. Die mense het volgens die Omusati-goewerneur Erginus Endjala nie teruggekeer Angola toe nie maar is elders in die land opsoek na werk. Van hulle het […]
Dossier van 1965-ongeluk heropen - June 11, 2021
Die polisie in Mpumalanga doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom met inligting oor ‘n ongeluk in 1965 in Mmamethlake in die gedeelte van Hammanskraal wat tans in Mpumalanga val. Nege leerlinge is dood en ‘n aantal beseer toe ‘n bakkie hulle raakgery het nadat hulle uit ‘n bus geklim het. […]
Malema sê die EFF help werkers - June 11, 2021
Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party se afdeling vir arbeid is aan die voorpunt van die stryd vir werkers wat landwyd uitgebuit word. Die afdeling was verlede maand een jaar oud. Malema sê die arbeidsafdeling sien toe dat rassisme en seksisme voor die deur van sogenaamde kapitalistiese instellings gelê word. Malema sê die afdeling […]
AfriForum bring hofaansoek oor J&J-entstof aankope - June 11, 2021
AfriForum wil meer inligting hê oor die voorwaardes wat die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte geplaas het op Johnson en Johnson se entstowwe. Die groep het ‘n dringende hofaansoek gebring om die besluit oor die voorwaardes te laat hersien. Die reguleringsowerheid het die J & J-entstof goedgekeur op voorwaarde dat dit net deur die regering gekoop […]