Jones sê nuwelinge kan nou aandag trek - June 11, 2021
Engeland se afrigter, Eddie Jones, sê hy hou nuwe spelers dop wat hy op die lange duur in sy span gaan insluit. Hy het 21 nuwelinge in sy oefenspan van 34 spelers vir die komende toetse teen Amerika en Kanada ingesluit. Twaalf van sy kerngroep is op pad na Suid-Afrika vir die Britse en Ierse […]
Willem Konjore, 75, sterf - June 11, 2021
Ds. Willem Konjore is volgens berigte vanoggend oorlede in die Lady Pohamba privaathospitaal in Windhoek. Hy was 75. Konjore was in 2005 aangestel as die minister van toerisme en in 2008, as minister van sport. Dit is nie bekend of die oorsaak Covid-19 was nie. Henny Seibeb van die LPM het by saam met Konjore […]
Afrika het 1% van 2,1 miljard entstowwe toegedien - June 11, 2021
Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê nagenoeg 90 persent van alle lande in Afrika gaan nié hul teiken haal om teen September reeds 10 persent van hul bevolking teen Covid-19 ingeënt te hê nie. Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle op die vasteland sal na verwagting binnekort die 5 miljoen-kerf verbysteek. Altesaam 133 000 mense is reeds […]
Noa moet wag tot 16 Junie, prokureur isoleer - June 11, 2021
Dennis Noa, 26, se borgaansoek is in die Katutura-landdroshof uitgestel omdat sy prokureur James Diedericks in isolasie is en op die uitslag van ‘n Covid-toets wag. Die saak is deur die landdros Esme Molefe tot 16 Junie uitgestel en Noa bly in aanhouding op Seeis. Hy is op 13 April in hegtenis geneem op klagte […]
Nie nodig om skole te sluit nie – ministerie - June 11, 2021
Die Namibiese onderwysministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, het gesê as daar positiewe Covid-gevalle in skole is, is dit nie nodig om ‘n hele skool te sluit nie, want dit veroorsaak paniek by ouers en leerders. Dit kom na die beroep deur die Onderwysvakbond van Namibië dat skole tot Julie gesluit moet word. Bohn sê […]
Energie-aanpassings verwelkom in SA - June 11, 2021
‘n Produsent van hernubare energie, Scatec South Africa, het president Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die wysiging van Bylae 2 van die Wet op Elektrisiteitsregulering verwelkom en sê die bedryf wag al baie lank vir die besluit. Die gewysigde regulasie bepaal dat opwekkingsprojekte van tot 100 megawatt nie ‘n lisensie van die elektrisiteitsreguleerder, Nersa, benodig […]
Khoisan-sprekers die armste - June 11, 2021
Die Namibiese Statistieke Agentskap het die 2021 Multidimensionele Armoede-indeks van stapel gestuur. Volgens die verslag wat ondersoek na armoede instel, is 43 persent van die Namibiese bevolking arm met Khoisan-sprekers wat 93 persent van die totaal uitmaak. Rukavango-sprekers, en ander tale in die Zambezi-streek is onderskeidelik 68 persent en 54 persent arm en kry die […]
KK-aanmerkings: ons het belangriker goed om te doen sê Presidensie - June 11, 2021
Aanmerkings deur die voormalige Swapo-minister Kazenambo Kazenambo, dat President Hage Geingob ‘n idioot en lafaard is as gevolg van die manier wat die volksmoord onderhandelings gevoer is, is deur die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari geïgnoreer. Hy het in reaksie op die kommentaar gesê dat die die Presidensie baie belangrike kwessies het om na om […]
Moenie groot hoeveelhede kontant trek nie – Nampol - June 11, 2021
Misdadigers probeer in hierdie moeilike tye munt slaan uit onskuldige mense. Die Namibiese polisie maan die publiek om nie groot bedrae geld te onttrek nie. Nampol se hoofinspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Kenner reageer op aanpassings in SA energiebeleid - June 11, 2021
Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het aanpassings gemaak aan die buurland se energiebeleid. Hy het gesê energie is die kern van ekonomiese groei en beklemtoon hoe belangrik die energiesektor vir die ekonomie is. Die energie-kenner Ted Blom het op die Ramaphosa se verklaring gereageer.