Macron-klap kos 4 maande agter tralies - June 11, 2021
‘n Agt-en-twintigjarige man wat die Franse president Emmanuel Macron geklap het, is vier maande tronkstraf opgelê. Die president is vroeër die week tydens ‘n wandeling op ‘n amptelike besoek aan die suidooste van Frankryk deur ‘n man in ‘n groen T-hemp geklap. Damien Tarel beskryf homself as ‘n regse of ver-regse patriot. Hy mag vir […]
Rekord Covid-gevalle, ministerie sê hy hersien maatreëls - June 11, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie sê met 1 045 nuwe Covid-gevalle, word die situasie in die land hersien. “Dringende aandag is nodig”, en ‘n “gepaste reaksie is nodig”. Dit wil voorkom asof owerhede binnekort nuwe maatreëls sal aankondig. Die aankondiging kom na die rekord-getal Covid gevalle uit 3 178 toetsuitslae bevestig is. Windhoek alleen het 619 gevalle […]
Bank Windhoek, Farm Windhoek Fitness bied aflosbyeenkoms aan - June 10, 2021
Bank Windhoek bied in samewerking met Farm Windhoek Fitness sy jaarlikse aflosbyeenkoms van vier mense in ‘n span op Saterdag 10 en Sondag 11 Julie aan. Dit sal ook ‘n virtuele aanlyn-komponent bevat. Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskap en geleenthede, Bronwyn Moody, heta an Kosmos 94.1 Nuus gesê die opbrengs van […]
Lonekommissie sluit openbare verhoor in Noordooste af - June 10, 2021
Die Lonekommissie wat alle relevante bedrywe ondersoek om ‘n voorgestelde nasionale minimum loon by die Namibiese arbeidsministerie aan te beveel, het sy openbare verhore op Katima Mulilo in die Zambezi-streek en Rundu in die Kavango-Oos-streek afgesluit. Die voorsitter, Marius Kudumo, is tevrede met die teenwoordigheid by die verhore bygewoon is en die insette wat hulle […]
Gyselaarsdrama in Durban ontlont - June 10, 2021
In die buurland het KwaZulu-Natal se polisie vanmiddag daarin geslaag om ‘n gyselaarsdrama in Anton Lembedestraat in Durban onder beheer te bring. Luidens berigte het ‘n voormalige staatsamptenaar geld geëis wat glo aan hom geskuld word. Hy was glo gewapen en het ‘n ploftoestel gehad. Niemand is in die voorval beseer nie, berig Suid-Afrikaanse media.
Shangula sê strenger Covid-maatreëls kan kom - June 10, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het in die Nasionale Vergadering gesê die regering probeer nóg ‘n inperking vermy, maar mag dalk gedwing word om strenger Covid-19-maatreëls in te stel. Hy het vanmiddag op ‘n vraag van Nudo se LP, Joseph Kauandenge, geantwoord wat wou weet of die land op nóg ‘n inperking afstuur.
Ramaphosa wil beurtkrag beëindig - June 10, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê sy regering werk nou hard daaraan om beurtkrag so vinnig as moontlik tot ‘n einde te bring. Dit, nadat hy vroeër vandag aangekondig het dat daar wysigings aan die land se Elektrisiteitsreguleringswet aangebring sal word, wat onafhanklike kragprodusente sal toelaat om hul elektrisiteit-uitset aansienlik te kan verhoog. Ons korrespondent, Fritz […]
Ramaphosa wil beurtkrag beëindig - June 10, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê sy regering werk nou hard daaraan om beurtkrag so vinnig as moontlik tot ‘n einde te bring. Dit, nadat hy vroeër vandag aangekondig het dat daar wysigings aan die land se Elektrisiteitsreguleringswet aangebring sal word, wat onafhanklike kragprodusente sal toelaat om hul elektrisiteit-uitset aansienlik te kan verhoog. Ons korrespondent, Fritz […]
Ramaphosa veroordeel vandalisme - June 10, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die beskadiging van infrastruktuur in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal veroordeel. In antwoord op vrae in die nasionale raad van provinsies, het Ramaphosa onthul dat daar ‘n beduidende toename in sulke misdaadvoorvalle is, veral in die spoor-sektor. Die president het planne aangekondig om die skade te bepaal en infrastruktuur te […]
Ramaphosa geprys vir oopkop-benadering tot energie - June 10, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se oopkop-benadering tot energievoorsiening in die land word verwelkom. ‘n Professor aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, sê dit is goed vir beleggingsentiment in hierdie tyd waarin die land die huidige ekonomiese herstel ten volle moet benut. Parsons sê die jongste stappe om privaat sektor beleggings in gevestigde opwekking aan te moedig, […]