Nasa se Ingenuity pronk op Mars - June 10, 2021

Nasa se Ingenuity het sy sewende suksesvolle vlug op Mars onderneem en 107 meter ver gevlieg. Wat dit meer merkwaardig maak, is die feit dat Nasa Ingenuity net vir vyf vlugte ontwerp het en aanvaar het die tuig sal daarna ingee.

Read More

Onderwysminister sê skole bly oop midde pandemie - June 10, 2021

Ondanks stygende Covid-gevalle tussen leerders en onderwysers wat verskeie skole in genoop het om te sluit, het die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, gesê dit gaan nie lei tot die landswye sluiting van skole nie. Lede van die parlement en die onderwysvakbond het ‘n beroep op die onderwysministerie gedoen om skole tydens die wintermaande van Junie […]

Read More

Mens-dier-konflik Bestuursaksieplan op die boeke - June 10, 2021

Alhoewel dit lyk asof mens-dier-konflik in Namibië ‘n nimmereindigende probleem is, kan dit deur die regte bestuursmaatreëls verminder word. In die land bly gemeenskappe saam met wilde diere. Die Namibiese omgewingsministerie en nie-regeringsorganisasies werk saam om ‘n Mens-dier-konflik Bestuurs-aksieplan saam te stel. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie, verduidelik aan Kosmos 94.1 nuus wat hierdie […]

Read More

Aanpassings aan SA energiebeleid - June 10, 2021

Energie-ontleders in Suid-Afrika sê Eskom se beskikbare energievermoë het verlede jaar van 84,5 persent in 2011 tot 66,6 persent getuimel. Een energie-ontleder, Chris Yelland, sê indien hierdie week ‘n aanduiding is, sal die projeksies vanjaar laer as 64,7 persent wees. Intussen het President Cyril Ramaphosa vandag aanpassings aan die buurland se energiebeleid bekend gemaak. Ramaphosa […]

Read More

Straatkinders: probleem moet anders na gekyk word - June 10, 2021

Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn het groot uitdagings met die sogenaamde straatkinders. Hulle was onlangs weer van die strate van die hoofstad verwyder maar, hulle is weer terug. Die minister, Doreen Sioka het ook melding gemaak van die feit dat die kinders nie in tehuise wil wees nie en dat hulle herhaaldelik ontsnap. […]

Read More

IMF het nie voorwaardes gestel nie - June 10, 2021

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi het in ‘n verklaring gesê dat die 3,9 miljard lening van die Internasionale Monetêre Fonds nie bepaal het watter besparingsmaatreëls die regering instel nie. Shiimi sê dat die onveranderde lone van staatsamptenare ‘n goeie voorbeeld hiervan is. Die maatreël is reeds ‘n geruime tyd in plek. Die ministerie […]

Read More

Twee vas vir N$1,7m se dagga - June 10, 2021

Die Namibiese polisie in die Suide sê twee mans, onderskeidelik 31 en 34 jaar oud, sal môre in die landdroshof op Karasburg verskyn op klagte van die besit van dagga ter waarde van 1,7 miljoen Namibiese dollar. Die twee is vasgetrek net na middernag by die Ariamsvlei-grenspos. Hulle vragmotor is by die weegbrug ondesoek en […]

Read More

Shaleen se begrafnis regstreeks uitgesaai - June 10, 2021

Die Suid-Afrikaanse nuusagentskap eNCA sal die begrafnis van Shaleen Surtie Richards regstreeks uitsaai wanneer dit Sondag plaasvind. Surtie Richards is Maandag in die Kaap oorlede op die ouderdom van 66. Die besturende redakteur van eNCA John Bailey, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Guptas sal sukkel-sukkel vasgetrek word - June 10, 2021

Reaksie word ontvang op berigte dat die Ahmed Kathrada-stigting vandag voor die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Pretoria sal betoog om te eis dat die Guptas se uitlewering afgehandel word. Dit volg nadat die Emirate ‘n uitlewerings-ooreenkoms met Suid-Afrika bekragtig het. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week bevestig hy het Interpol genader vir hulp […]

Read More

Herstel ekostelsels - June 10, 2021

Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram in Namibië sê dit is van kritieke belang om ekostelsels wat beskadig is te herstel. Die program se verteenwoordiger dr. Armstrong Alexis sê landskappe wat graslande en woude insluit, is baie belangrik nie net vir landelike gemeenskappe se oorlewing nie maar ook vir bronne soos water en hout. Alexis sê […]

Read More