Padsterftes: jonges maak meerderheid uit - June 10, 2021
Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds verteenwoordig mense tussen 16 en 35 jaar oud die grootste groep slagoffers van padongelukke in 2020 in Namibië. Jonger mense verteenwoordig 39 persent van ongelukslagoffers in 2020, asook die vorige jaar, lui die 2020 Padongelukke- en Eise-verslag wat die fonds uitgereik het. ‘n Afname van 24 persent is in 2020 in padsterftes […]
UCT ondersoek variant-bestande entstof - June 10, 2021
‘n Covid-19 proef-entstof is tans in ‘n fase een-proefneming wat deur die Universiteit van Kaapstad gedoen word. Die entstof se unieke ontwerp kan dalk tot gevolg hê dat dit beter beskerming bied teen huidige en toekomstige variante van die virus. Media in die buurland berig dat die proefneming se eerste fase in Maart by die […]
Mosambiek: Terreurgroepe ontvoer al hoe meer kinders - June 9, 2021
Terreurgroepe in Mosambiek ontvoer al hoe meer kinders as deel van hul oorlogstaktiek, sê kinderwelsynsorganisasies. Minstens 51 kinderontvoerings is vanjaar in die land aangemeld, maar organisasies reken die ware getal is veel hoër, berig internasionale nuusagentskappe.
SA sakevertroue styg met 97 punte in Mei - June 9, 2021
In die buurland het sakevertroue in Mei tot 97 punte opgeskiet, sy hoogste vlak in drie jaar. Dis deel deur goeie uitvoere aangehelp, maar swak kleinhandelverkoopsyers, gebrekkige kredietverlening en onsekerheid oor kragvoorsiening, demper dit steeds, berig Suid-Afrikaanse media.
MVAF: 39% van ongelukslagoffers is jong mense - June 9, 2021
Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds verteenwoordig mense tussen 16 en 35 jaar oud die grootste groep slagoffers van padongelukke in 2020 in Namibië. Jonger mense verteenwoordig 39 persent van ongelukslagoffers in 2020, asook die vorige jaar, lui die 2020 Padongelukke- en Eise-verslag wat die MVAF vandag uitgereik het.
Biden vertrek op eerste oorsese reis - June 9, 2021
Amerikaanse President Joe Biden vertrek op sy eerste oorsese reis en probeer om die status van die VSA op die wêreldtoneel met bekende bondgenote te versterk, en homself as die leier van die vrye wêreld uit te beeld. Biden sal die G7-beraad bywoon waar sy eerste ontmoeting met Russiese President Vladimir Poetin wees. Amerikaanse perssekretaris […]
WNNR stel grafeen-program op - June 9, 2021
Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad het ‘n grafeen-program opgestel om Suid-Afrika te help met die ontwikkeling van sy eie vermoëns, tegnologieë en produkte gebaseer op grafeen. Die WNNR sê die platform sal die deur oopmaak vir ‘n wye verskeidenheid bedrywe om grafeen-gebaseerde tegnologieë saam te verken en te ondersoek. Volgens die WNNR se hooftegnoloog, Mike Masukume, […]
Alweendo hou vergadering op Oshikango oor onwettige brandstof - June 9, 2021
Die Namibiese minister van mynwese en energie, Tom Alweendo, sal op 14 Junie om tienuur die oggend op Oshikango by Princess Pension Hotel ‘n vergadering met die gemeenskappe van Omusati en Ohangwena hou om die kwessie van die verkoop van onwettige brandstof te bespreek. ‘n senior skakelbeampte by die ministerie, Andreas Simon, sê die kwessie […]
Biden vertrek op eerste oorsese reis - June 9, 2021
Amerikaanse President Joe Biden vertrek op sy eerste oorsese reis en probeer om die status van die VSA op die wêreldtoneel met bekende bondgenote te versterk, en homself as die leier van die vrye wêreld uit te beeld. Biden sal die G7-beraad bywoon waar sy eerste ontmoeting met Russiese President Vladimir Poetin wees. Amerikaanse perssekretaris […]
Natuurbewaarders kry nuwe uniforms - June 9, 2021
Splinternuwe uniforms en beskermde drag ter waarde van tien miljoen Namibiese dollar is vandag aan beamptes van die Namibiese omgewingsministerie oorhandig. Dit word gesamentlik deur die Namibiese Nasionale Parke-program van die ministerie in samewerking met die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, geskenk. Die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het gesê die uniforms sal wetstoepassing bevorder en wildmisdaad voorkom.