Sokker: Crystal Palace wen FA Cup - May 18, 2025
Crystal Palace het Manchester City Saterdag in die FA Cup-eindstryd met 1-0 geklop en die eerste groot trofee in hul 164-jarige bestaan te wen danksy ‘n doel van Eberechi Eze. Die klub het sodoende gekwalifiseer vir volgende jaar se Europa League. Afrigter Oliver Glasner het 15 maande gelede by Palace aangesluit. Hy is die eerste Oostenrykse afrigter wat […]
Besigheid blom in Oshana - May 18, 2025
Sowat 29 000 besighede is tans in die Noorde geregistreer, waarvan bykans 14 000 in die Oshana-streek is. Adjunkpremier Natangue Ithete het Saterdag tydens die amptelike opening van die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, se kantoor op Ongwediva gesê entrepreneurskap in die Noorde is springlewendig en gesond. Hy het ‘n beroep op sakelui gedoen om […]
DA frons oor Afrikaners wat na Amerika vlug - May 18, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen het Afrikaners wat na die VSA onder ‘n vlugtelingprogram geëmigreer het, gekritiseer en noem dit ‘n slegte keuse. Steenhuisen sê die VSA se besluit om vlugtelingstatus aan 49 Afrikaners uit Suid-Afrika toe te ken, is gegrond op verkeerde inligting, aangesien hulle nie aan die definisie van vlugtelinge voldoen nie. Hy het […]
Pous Leo XIV vandag ingehuldig - May 18, 2025
Sowat ‘n kwartmiljoen mense sal vandag na verwagting die inhuldiging van pous Leo XIV op Sint Petrus-plein in die Vatikaan bywoon. Dié geleentheid vier die amptelike begin van die nuwe pous se termyn en ontleders wag gretig vir aanduidings van Leo XIV se benadering tot sake van die Rooms-Katolieke kerk. Die pous sal moontlik ook […]
Tennis: Paolini wen Italiaanse Ope - May 18, 2025
Jasmine Paolini het die Italiaanse Ope gewen nadat sy Coco Gauff, voormalige Amerikaanse Ope-kampioen, met 6-4, 6-2 in Saterdag se eindstryd geklop het om haar tweede 1000-reekstitel voor Roland Garros later vandeesmaand te verower. Paolini is die eerste Italiaanse vrou wat die byeenkoms in Rome wen sedert Raffaelle Reggi in 1985. Die 29-jarige is die […]
Hartebeestloop Bonsmara-veiling groot sukses - May 17, 2025
Die Hartebeestloop Bonsmara-veiling het weereens nie teleurgestel nie. Aanbiedings het begin op 40 000 tot 50 000 Namibiese dollar. Op aanbod was 55 Bonsmara bulle en 100 vroulike diere. Die laagste prys waarop verkoop was, was 70 000 dollar op ‘n jong bul met die hoogste prys op 550 000 Namibiese dollar, ook vir ‘n […]
Shawshank-ontsnapping uit New Orleanse tronk - May 17, 2025
Tien mans het Vrydagaand deur ‘n gat agter ‘n toilet in ‘n sel ontsnap en oor ‘n muur van ‘n tronk in New Orleans geklim – net soos in die trefferfliek, The Shawshank Redemption. Drie is gevang, maar die res, onder wie veroordeelde moordenaars, is steeds op vrye voet. Die polisie vermoed hulle is deur tronkbeamptes […]
Haaie wen net-net in Skotland - May 17, 2025
Die Haaie het Vrydagaand ‘n 18-17 oorwinning oor Edinburg behaal in ‘n opwindende VRK-botsing in die Skotse hoofstad. Edinburg was 17-13 voor toe Springbok-vleuel Makazole Mapimpi in die laaste minute van die wedstryd ‘n drie gedruk het om ‘n oorwinning te verseker. Net voor die eindfluitjie het Edinburg se plaasvervanger-heelagter Jack Brown probeer om ‘n […]
Mej. Namibië: Top-10 vanaand gekies - May 17, 2025
Die tien finaliste vir vanjaar se Mej. Namibië-kroon word vanaand by Droombos in Windhoek aangewys. In die finale rondte word deelnemers op hul skoonheid, talent en gemeenskapsfokus beoordeel. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.com en alle Model Pick & Pay-takke landwyd. Die geleentheid word deur Debmarine Namibia geborg. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se […]
Ramaphosa hof toe oor gesondheidsversekering - May 17, 2025
President Cyril Ramaphosa het by die Gautengse Hooggeregshof aansoek gedoen om verlof tot appèl teen ‘n uitspraak wat sy ondertekening van die wet op Nasionale Gesondheidsversekering hersienbaar verklaar. Die hof het hom opdrag gegee om binne tien dae besluitnemingsrekords by die Raad van Gesondheidsorgfinansiers in te dien. Ramaphosa voer aan die uitspraak het presidensiële diskresie […]