Hierdie dinosourus was 30 meter lank!!! - June 9, 2021
Australiese wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie wat in 2007 ontdek is as die grootste ooit op dié vasteland geklassifiseer. Die Australotitan cooperensis of suidelike titaan is een van die 15 grootste dinosourusse in die wêreld. Kenners sê die titanosourus was tot 6,5 meter hoog en 30 meter lank, wat beteken hy was waarskynlik so lank […]
Inflasie kniehalter Argentynse beesuitvoere na China - June 9, 2021
Veeboere in Argentinië het betoog omdat die uitvoer van beesvleisprodukte gestaak is. Die land is naas Brasilië, die tweede grootste beesvleis-verskaffer aan China, maar moes uitvoere vir ‘n maand opskort weens inflasie. Die groot vraag vanuit China het blykbaar die vleisvoorraad in Argentinië verminder, wat daartoe gelei het dat pryse met meer as 60 persent […]
Diana se trourok deel van uitstalling - June 9, 2021
‘n Paar geselekteerde uitrustings van die Britse koninklike familie word as deel van ‘n uitstalling, Royal Style in the Making, by prinses Diana se eertydse huis in die Kensington-paleis in Londen vertoon. Die tentoonstelling wys die werk van ontwerpers en hul koninklike kliënte. Die kurator van die uitstalling, Matthew Storey, sê die middelpunt van die […]
Skole is Covid-brandpunt, meer as 20 gesluit - June 9, 2021
Meer as 20 skole is gesluit as gevolg van Covid-gevalle en skole word op die oomblik as ‘n brandpunt van die pandemie ge-ag. Die onderwysministerie sê leerders tussen die ouderdomme vyf en 19 maak 17 persent van die gevalle uit terwyl volwassenes tussen 20 en 49 jaar, 62 persent van gevalle uitmaak. Die uitvoerende direkteur […]
Nuwe wapenwet kan SA-vroue benadeel - June 9, 2021
Die Instituut vir Rasseverhoudings in die buurland waarsku dat die voorgestelde veranderinge aan die Suid-Afrikaanse vuurwapenwette sal ‘n groter risiko vir geslagsgeweld teen vroue inhou. Die woordvoerder van Girls on Fire, Tshepi Mmekwa, het gesê die veranderinge aan die vuurwapenwette sal groot gevolge vir vroue hê. Herman Pretorius, die Instituut vir Rasseverhoudings se woordvoerder, gesels […]
NIP sê werker peuter met Covid-rekords - June 9, 2021
Die Namibiese Instituut van Patologie het aangekondig dat ‘n personeellid geskors is op die vermoede dat sy met Covid-rekords gepeuter het. Die instituut se hoof uitvoerende beampte Kapena Tjombonde het in ‘n verklaring gesê ‘n interne ondersoek het bevestig dat die vrou haar amp gebruik het om toegang tot die inligtingstelsel te bekom en Covid-rekords […]
Fishrot: Ysland lewer nie uit nie - June 9, 2021
Plaaslike media berig dat owerhede in Ysland bevestig het dat hulle geen amptenare van die Samherji-vismaatskappy of die wat betrokke was met die Firshrot-skandaal sal uitlewer nie. Die aansoek is vroeër deur die kantoor van die aanklaer-generaal Martha Imalwa bevestig. Luidens die berigte sal die drie uitvoerende hoofde van Samherji, Ingvar Juliusson, Egill Helgi Arnason […]
Ek is jammer – Zweli - June 9, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Dr Zweli Mkhize, het om verskoning gevra vir sy aandeel in die Digital Vibes-tenderskandaal. Hy het met die media gepraat en gesê die bewerings teen hom ry die werk van die regering se stryd teen Covid-19 in die wiele. President Cyril Ramaphosa het hom op spesiale verlof geplaas en hy […]
Verslapping van inperking gee ekonomie ‘n hupstoot - June 9, 2021
Die verslapping van inperkingsregulasies het die geleidelike verbetering in die ekonomie ondersteun, maar Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers is steeds 2,5-persent onder die vlak van die eerste kwartaal van 2020, aldus die FNB-ekonoom, Thanda Sithole. Die seisoen-aangepaste bruto binnelandse produk op ‘n jaargrondslag het met 4,6-persent, kwartaal op kwartaal gestyg, wat beter is as die 3,2-persent […]
Olifante van Zambezi rondom Katima - June 9, 2021
Die Namibiese omgewingsministerie het inwoners van Katima Mulilo in die Zambezi-streek gewaarsku teen die teenwoordigheid van olifante naby die dorp. Die woordvoerder, Romeo Muyunda, het gesê olifantspore is naby mense se huise gesien en heinings is beskadig. Die olifante kom vermoedelik uit Zambië en natuurbewaarders is op bystand om te reageer, indien nodig.