Publiek se wenke aan Nampol help dwelmhandel vasvat - June 8, 2021

Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om Nampol te help om die onwettige dwelmmark in die land te vernietig. Shikwambi gesê dat die polisie ‘n reuse- taak het om onwettige dwelmhandel te ontbloot. Daar is ‘n konstante toestroming van dwelms vanaf verskillende grensposte na die land […]

Read More

Versoekskrif van groep dokter oor Ivermektien - June 8, 2021

‘n Versoekskrif van ‘n groep Namibiese dokters is aan die Namibiese Medisynebeheerraad oorhandig om Ivermektien as behandeling teen Covid toe te laat. Ivermektien is ‘n teen-parasitiese veemiddel en word deur sommiges as ‘n ‘wondermiddel’ vir Covid-19-pasiënte beskryf. Eben de Klerk, een van die lede van die Medisynebeheerrad, het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel dat hy […]

Read More

Afvalbestuur moet getakel word - June 8, 2021

Dit is volgens kenners baie belangrik dat plaaslike owerhede hulle wend tot wat beskryf word as ‘n wentelende ekonomie, veral in verband met afvalbestuur. Die wegry van rommel is duur, en so ook die infrastruktuur om dit te kan uitvoer terwyl herwinning, en selfs gemeenskaps komposhope, opsies is. Gys Louw, die besturende direkteur van Rent-A-Drum […]

Read More

Meer diere na SA uitgevoer as plaaslike geslag - June 8, 2021

Reaksie word ontvang op berigte dat amper twee keer soveel diere uitgevoer is na Suid-Afrika as wat plaaslik geslag word. Boere verdien ook nie naastenby wat die verbruiker vir die eindproduk betaal nie. Getalle van beskikbare diere is reeds laag, sowat 75 persent van wat dit verlede jaar was. Wallie Roux, ‘n plaaslike landboukenner het […]

Read More

Honderde misdadigers in 18 lande vas oor FBI-toep - June 8, 2021

‘n Drie-jaar-lange operasie, wat van ‘n FBI-ontwerpte toep gebruik gemaak het, het tot die inhegtenisneming van honderde misdadigers in 18 lande gelei. Dit sluit 220 Australiërs in wat betrokke is by georganiseerde misdaad. Wetstoepassingsowerhede sê die ANOM-toep was een van die boodskapdienste wat gewild onder georganiseerde misdaadbendes is. Die kommunikasie wat op die platform gevind […]

Read More

Jeugwerkloosheid ‘n reuse-krisis - June 8, 2021

Business Leadership South Africa sê die jeugwerkloosheidskrisis is buite beheer en dit is duidelik die ekonomie skep nie werk vir dié belangrike segment van die bevolking nie. Die land se amptelike werkloosheidsyfer in die ouderdomsgroep 15 tot 34 staan op 46,3 persent. In die verslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie is die wêreldwye jeugwerkloosheidsyfer 13,6 persent. […]

Read More

Jongste oor nuwe bek- en klouseer - June 8, 2021

Die direkteur van veeartseny dienste in die ministerie van landbou se betrokke direktoraat Dr Albertina Shilongo het meer inligting bekend gemaak oor die uitbreking van bek- en klouseer in die Zambezi-streek. Die ministerie sê ‘n 30 kilometer gebied om die Kasenu nedersettings is ingeperk en alle vervoer permitte is opgeskort. Shilongo het die jongste aan […]

Read More

Inenting vorm deel van ‘ekonomiese hestel plan’ - June 8, 2021

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab dat die Namibiese ekonomie nie weer ‘n inperking kan bekostig nie en dat inenting eintlik deel is van die ekonomiese herstel van die land. Die voormalige president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid en die uitvoerende voorsitter van […]

Read More

Voëlgriep in die Vrystaat - June 8, 2021

‘n Voëlgriep-uitbreking is op drie Vrystaatse plase aangemeld. Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het die uitbreking bevestig nadat gevalle in Villiers, Parys en Wesselsbron aangemeld is. Die staatsveearts in Frankfort, Patricia Froneman, waarsku dat die virus maklik deur plaastoerusting en klere oorgedra kan word wat kan veroorsaak dat die virus van plaas tot […]

Read More

Man in KwaZulu-Natal doodgeslaan oor heksery - June 8, 2021

Die polisie in KwaZulu-Natal sê hulle het ‘n deurbraak gemaak in die saak van ‘n bejaarde man wat doodgeslaan is deur ‘n groep jong mans wat hom van heksery beskuldig het. Die verdagte en sy vriende het na bewering verlede Saterdag ‘n plaaslike taverne in die Steadville-omgewing in Ladysmith verlaat toe hulle die 58-jarige man […]

Read More