Ministerie oor Covid en skole – pas maatreëls toe - June 8, 2021

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, Edda Bohn, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van Covid by skole in die land. Tot dusver, vandat skole heropen het, het 527 leerders en 165 onderwysers positief getoets.

Read More

Geingos se saak sal verhoor word - June 8, 2021

Die Hoërhofsaak waar die Presidentsvrou Monica Geingos Abed Hishoono, ‘n onderwyser by die Elao Gekombineerde Skool in Ohangwena vir laster dagvaar, is vandag voor Regter Orben Sibeya vir ‘n saakbestuur konferensie. Geingos eis 350 000 Namibiese doller in skadevergoeding van Hishoono, wat ook optree as ‘n mobiliseerder vir die IPC-party. Sy sê hy het tussen […]

Read More

Bekende rot-held Magawa tree af - June 8, 2021

Die bekendste Hero Rat van die welsynsorganisasie Apopo, Magawa, het afgetree. Hy is een van die organisasie se Afrika-rotte wat in Kambodja werksaam was. In September verlede jaar is hy die hoogste eer wat ‘n dier kan ontvang, toegeken. Magawa het die internasionale militêre PDSA Goue Medalje vir braafheid ontvang. Hy het in sy vyf-jaar […]

Read More

Renosterhorings: Besigheidsman, staatsamptenaar vas saam met polisieman en soldaat - June 8, 2021

Meer inligting is bekend oor die verskyning vandag van ‘n lid van die weermag en een van die polisie op klagte van renosterstropery. Die twee was volgens berigte verbonde aan die teenstropery eenhede in Etosha Nasionale Park. Hulle is blykbaar met agt renosterhorings Sondagaand betrap. Maar die jongste aanduidings is dat ‘n werknemer van die […]

Read More

FW se familie sal verklaring uitreik oor sy gesondheid - June 8, 2021

Die FW de Klerk-stigting het gereageer op bespiegelings dat die voormalige president se gesondheid vinnig agteruitgaan en sê die familie sal ‘n verklaring uitreik indien daar enige verwikkelinge is. Die uitvoerende direkteur, Dave Steward, sê dit is welbekend dat apartheid se laaste president vroeër vanjaar gediagnoseer is met kanker wat die longweefsel aantas. Die 85-jarige […]

Read More

Mboma, Masilingi sal aan nog wedlope deelneem - June 8, 2021

Die twee Namibiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi woeker op die oomblik in Europa het Mboma het in Praag goud verower met Masilingi wat derde gekom het. Hulle afgrigter Henk Botha sê daar is nog moontlikhede vir wedlope oor die volgende paar dae…

Read More

Afrika stap aan na 5 miljoen gevalle - June 8, 2021

Die Afrikasentrum vir Siektebeheer sê die vasteland beweeg aan na 5 miljoen gevalle van Covid met net meer as 132 000 sterfgevalle wat in die 55 lande bevestig is. Suid-Afrika, Marokko, Tunisië, Ethiopië en Egitpe loop voor met gevalle maar daar is ‘n hoër konsentrasie in Suider-Afrika as op die res van die vasteland. Toegang […]

Read More

Twee keer soveel bees word uitgevoer as plaaslik geslag - June 8, 2021

Rekord lae getalle diere is volgens berigte by abattoirs regoor die land in April ontvang. Plaaslike media berig dat Meatco 2 530 diere in April geslag het met Beefcor in Okahandja wat 1 267 diere ontvang het en Hartlief, 202. Die Zambezi Vleiskorporasie, Zamco, het nie ‘n enkele dier ontvang nie. In totaal, beide noord […]

Read More

Shoprite SA vat beheer oor misdaad - June 8, 2021

‘n Suid-Afrikaanse kleinhandelaar glo hy het ‘n kreatiewe oplossing vir misdaad in en rondom sy winkels gevind. Die groep het ‘n bevelsentrum waar ‘n span grotendeels van tegnologie gebruik maak. Die span data- en misdaadontleders doen voorspellingsontledings en verbind verdagtes aan ‘n misdaadtoneel. Die ondersoekspan kon skuldigbevindings met 64-persent opstoot. Die hoof van Shoprite se […]

Read More

Moenie besonderhede oor die telefoon gee nie - June 8, 2021

Slenters kom steeds voor en in die jongste geval word lede van die publiek geskakel en gevra om sekere besonderhede oor die telefoon deur te gee. Luisteraars het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en meen die slenters raak al hoe meer gesofistikeerd en name van personeel wat by kliënte dienste werk, word ook deur die […]

Read More