Wes-Kaapse inentings vorder - June 8, 2021

Meer as 110 000 inwoners van die Wes-Kaap is tot dusver in albei inentingsfases ingeënt. Sentrums is ook in al die distrikte van die Wes-Kaap ingerig. Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het dit as goeie vordering beskryf. Hy het gister ‘n sentrum in Heideveld in Kaapstad besoek waar tussen 200 en 300 inwoners […]

Read More

32% moet 31 kilometer stap vir drinkwater - June 8, 2021

Berigte uit die Kavango Wes-streek lui dat talle inwoners van die streek ongeveer 31 kilometer moet loop om drinkwater te bekom. Die goewerneur van die streek Sirkka Ausiku sê dit is die lot van 32 persent van die streek se inwoners. Volgens haar het die streek 405 nedersettings waarvan 134 geen toegang tot water het […]

Read More

Jagter bestendig na aanval deur gemsbok - June 8, 2021

‘n Beroepsjagter is in ‘n bestendige toestand in ‘n hospitaal in Tshwane ná hy ernstig deur ‘n gemsbokbul in Thabazimbi, Noordwes, beseer is, tydens die hervestiging van wild. Die 32-jarige Marius Schoonwinkel moes per helikopter na die hospitaal gehaas word vir twee noodoperasies. Hy is ‘n lid van die Beroepsjagtersvereniging van Suid-Afrika. Volgens die vereniging […]

Read More

Kwagga is opgewonde vir Lions-reeks - June 8, 2021

Springbok-ondersteuners berei hulle voor vir die Castle Lions-reeks wat vanaf 3 Julie tot 7 Augustus in Suid-Afrika gehou word. Daar is groot opgewondenheid vir die toer van die Britse en Ierse Leeus veral na verlede jaar se inperkings. Kwagga Smith, die Springbok-flank sê hy is baie opgewonde…

Read More

Teenkorrupsie-kommissie hou steeds vergaderings in streke - June 8, 2021

Die Teenkorrupsie-kommissie gaan voort met sy streeksadviesvergaderings as deel van die Nasionale Teenkorrupsie-strategie en Aksieplan. Raadgewende vergaderings sal vandag in die Karas-streek op Keetmanshoop plaasvind. Die kommissie sal raadgewende vergaderings in al 14 streke van Namibië hou. Die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle stuur steeds die boodskap […]

Read More

Gesondheid vir N$3,5 miljoen gedagvaar - June 8, 2021

Amalia Festus dagvaar die ministerie van gesondheid vir skadevergoeding van 3,8 miljoen Namibiese dollar nadat ‘n histerektomie, na bewering sonder haar toestemming, op haar uitgevoer is in Katutura-hospitaal. Sy was sewe maande swanger toe sy op 12 Desember 2017 met pyn by die hospitaal opgeneem is. ‘n Keiser is uitgevoer en haar baba is veilig […]

Read More

Mkhize-skandaal niks met politiek uit te waai nie - June 8, 2021

Die buurland se minister van gesondheid, Zweli Mkhize, ontken ten sterkste dat Digital Vibes se kontrak van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand met ANC-politiek of die party se presidensiële wedloop volgende jaar verband hou. Media het die naweek berig dat Mkhize aan streekleiers sou gesê het die ondersoek is ‘n poging om hom uit die wedloop […]

Read More

Nasionale gesondheidsversekering sal ramp afgee - June 8, 2021

Die Vryemarkstigting in Suid-Afrika sê die Nasionale Gesondheidsversekering is nié die soort strukturele hervorming wat Suid-Afrika benodig nie. Die versekering is ‘n stelsel van gesondheidsfinansiering wat ontwerp is om geld saam te gooi sodat alle Suid-Afrikaners toegang kan hê tot gehalte persoonlike gesondheidsorg. Die adjunk-direkteur van die stigting, Chris Hattingh, sê dit is ‘n uiters […]

Read More

Kamala waarsku migrante - June 8, 2021

Die Amerikaanse Vise-president, Kamala Harris, het ‘n ernstige waarskuwing aan voornemende migrante in Guatemala gerig om nie Amerika onwettig binne te gaan nie. Sy het tydens haar eerste internasionale reis as vise-president gepraat. Luidens berigte het meer as 178 000 migrante in April op die Amerikaanse grens aangekom, wat die meeste in een maand is […]

Read More

Nog 6 skole in Whk sluit oor Covid - June 8, 2021

Luidens die jongste berigte is die Suiderhof Laerskool gesluit tot môre nadat twee bestuurslede van die skool positief getoets het vir Covid. Intussen sal Jan Mohr eers Donderdag heropen na gevalle onder leerders bevestig is en Hochland Hoërskool sal op sy beurt eers Vrydag heropen nadat ses gevalle by die skool bevestig is. Windhoek Hoërskool […]

Read More