Nege sterf in busaanval in Oekraïne - May 17, 2025
Nege mense is dood en vier beseer ná ‘n Russiese hommeltuigaanval Vrydag op ‘n openbare bus in Oekraïne. Volgens Rusland het hulle militêre toerusting in Oekraïne geteiken. Die aanval het gevolg kort ná Russiese en Oekraïnse amptenare in Istanboel in Turkye probeer het om ‘n skietstilstand te bereik. Die poging was onsuksesvol, maar beide lande […]
Gholf: Vegas behou voorsprong in Amerikaanse PGA - May 17, 2025
Jhonattan Vegas van Venezuela het sy voorsprong behou na die tweede rondte by die Amerikaanse PGA-kampioenskap op Quail Hollow in Noord-Carolina. Vegas het gister ‘n een-onder 70 in sy tweede rondte aangeteken en is nou agt onder baansyfer, twee houe voor Matt Fitzpatrick van Engeland, die Fransman Matthieu Pavon en Kim Si-woo van Suid-Korea. Christiaan […]
Namibië soek meer eie lemoene - May 17, 2025
Die Akkerbouraad van Namibië gaan 13,5 miljoen Namibiese dollar in plaaslike sitrusproduksie oor ‘n tydperk van vyf jaar belê. Hoewel sitrus die derde gewildste vrug in die land is, word 96 persent van plaaslike verbruik teen ‘n jaarlikse koste van sowat 3,2 miljoen dollar ingevoer. Plaaslike boere het meer as 1,5 miljoen sitrusbome teen ‘n […]
NVG oor vingers geraps oor evangelis - May 17, 2025
Die parlement se komitee vir justisie en grondwetlike sake het die Nasionale Vervolgingsgesag ondervra oor die hantering van die saak teen die Nigeriese tele-evangelis Timothy Omotoso. Die komitee is bekommerd omdat hy en sy medebeskuldigdes onskuldig bevind is op 32 aanklagte, insluitend verkragting en mensehandel, ná ‘n verhoor wat jare lank voortgesleep het. Die komitee […]
Moody’s gee VSA kredietklap - May 17, 2025
Amerika is sy perfekte kredietgradering by Moody’s kwyt omdat dié agentskap bedenkinge het oor die VSA se vermoë om sy skuld te delg. Amerika geniet sedert 2017 ‘n trippel-A-gradering by Moody’s, maar is nou na Aa1 afgradeer. Die VSA se skuld sal na verwagting 134 persent van sy bruto binnelandse produk teen 2035 bereik, op van […]
Ferrari-jaers mor oor motors - May 17, 2025
Die Ferrari-renjaers Lewis Hamilton en Charles Leclerc het gister op hulle tuisbaan gekla oor ‘n gebrek aan spoed en remprobleme nadat hulle sesde en elfde was in die eerste oefening vir die Italiaanse Grand Prix op Imola. Leclerc was ongelukkig met sy valhelm en die motor se remme, terwyl die sewemalige wêreldkampioen Hamilton ook oor […]
Namibiërs bestee miljoene op tuine - May 17, 2025
Saterdag is tuinmaakdag, iets waarvoor die meeste Namibiërs baie lief is, toon die jongste data van die Namibiese Statistiekagentskap. Volgens die NSA het die land verlede jaar sowat 40,9 miljoen Namibiese dollar se plante, struike en vrugtebome ingevoer, amper dubbel die bedrag in 2020. Die meeste hiervan was uit Suid-Afrika afkomstig.
Agt mense in KZN afgemaai - May 17, 2025
Die polisie in KwaZulu-Natal-polisie het met ‘n soektog begin nadat agt mense gisteraand in die Zama-informele nedersetting in Umlazi se U-afdeling doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die slagoffers, ses mans en twee vroue tussen 22 en 40 jaar oud, is met veelvuldige skietwonde gevind. Netshiunda sê onbekende verdagtes het ‘n woning bestorm en losgebrand. […]
Bruce Springsteen ‘n ‘pateet’, sê Trump - May 17, 2025
Amerika se president Donald Trump het Vrydag die rock-legende Bruce Springsteen as ‘n “aanstootlike pateet” uitgekryt en ook gesê Taylor Swift is nie “hot” nie. Trump het tydens sy terugvlug uit die Midde-Ooste op Air Force One sy opinies op sy Truth Social-platform uitbasiun. Springsteen het vandeesweek aan ‘n Britse konsertgehoor gesê sy tuisland word […]
Stormers rol Cardiff 34-24 - May 17, 2025
Die Stormers het hul plek in die uitspeelrondes van die Verenigde Rugbykampioenskap verseker nadat hulle Cardiff gisteraand in die Kaapstad-stadion met 34-24 geklop het. Die Stormers se punte is aangeteken deur vleuel Suleiman Hartzenberg wat in sy 50ste wedstryd twee drieë gedruk het, nog twee deur die senter Leolin Zas, en doelskoppe deur Damian Willemse […]