Getting to Know Filipina Women Going out with - June 8, 2021
Before you can begin looking for a Filipina woman, you will need to know her qualifications. Most Philippine women happen to be baby boomers. Their extended groups include great grandmothers, aunts, and uncles. They will always put the welfare with their family initial, and will be very respectful of your emotions. This means that the […]
Vrae oor Tshwane se salaris-gemors van N$80 miljoen - June 7, 2021
ActionSA in Gauteng sê die inwoners van Tshwane verdien ‘n verduideliking na ‘n salaris-gemors van 80 miljoen Namibiese dollar. Dit volg nadat meer as 600 algemene werkers by die Stad aangemeld het vir werk. Alhoewel daar salarisse betaal is, het die werkers ledig gebly, omdat daar vir ‘n hele jaar geen werk beskikbaar was nie. […]
EU klassifiseer rooibos as beskermde oorsprong-naam - June 7, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die Europese Kommissie se aankondiging verwelkom dat rooibos en red bush in sy register van beskermde oorsprong-name en register van beskermde geografiese aanwysings opgeneem gaan word. Hierdie terme is die eerste Afrika-voedsel wat die status behaal. Die departement se woordvoerder, Daniel Johnson, sê die registrasie sal ook […]
Capricorn Eagles klop Rwanda met 43 lopies - June 7, 2021
Die Capricorn Eagles, die Namibiese vroue-krieketspan, het vanmiddag hul tweede wedstryd in die Kwibuka-toernooi teen Rwanda met 43 lopies gewen. Die Namibiese bouler Wilka Mwatile is as speler van die wedstryd aangewys.
Khomas-streek het 40% van positiewe Covid-gevalle - June 7, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 385 nuwe Covid-gevalle in 13 streke uit 1 152 toetsuitslae aangekondig. Die Khomas-streek alleen het 40% van die totale bevestigde gevalle. In die groep is 46 leerders, 18 gesondheidswerkers, 10 onderwysers en 9 studente. Agt sterfgevalle is aangemeld.
Wes-Kaap vorder flink met inentings - June 7, 2021
Die Wes-Kaap het die 200 000 inentingsmerk verby gesteek met byna 202 000 van sy inwoners wat reeds teen die virus ingeënt is. Hiervan is meer 110 000 pensionarisse ouer as 60 wat ook reeds hul Covid-inspuiting ontvang het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt is aan die woord.
Trustco se kantore tydelik gesluit - June 7, 2021
Trustco Group Holdings het vandag die tydelike sluiting van sy Namibiese kantore aangekondig as gevolg van die huidige derde vlaag van die Covid-19-pandemie in die land. Die hoof van korporatiewe aangeleenthede, Elmarie Janse van Rensburg, het in ‘n verklaring aan personeel gesê die veiligheid van alle Namibiërs, is van die uiterste belang. Die groep se […]
Namibië, Afrika bly kliphard oor LGBTQ-kwessie - June 7, 2021
Namibië en Afrika bly kliphard oor die kwessie van homoseksualiteit, ongeag die voortdurende beroepe van die LGBTQ-gemeenskappe om dit te erken. Daar word genoem dat die bevrydingsbewegings van talle Afrikalande skynbaar vergeet het dat dieselfde regte waarvoor hulle die wapen opgeneem het, die regte is waarvoor LGBTQ-gemeenskappe hier en elders veg. Kosmos 94.1 nuus het […]
Vlug MH17: Vier verdagtes in Nederlandse hof - June 7, 2021
Nederlandse regters begin vandag om getuienis aan te hoor teen die vier verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle die Maleisiese vlug MH17 in 2014 bo Oekraïene met ‘n missiel afgeskiet het. Altesaam 298 passasiers en bemanningslede het gesterf.
Twee moordverdagtes van Walvisbaaise konstabel in hof - June 7, 2021
Twee verdagtes, Samuel David en Joseph Lukas, wat daarvan beskuldig word dat hulle die Walvisbaaise polisiebeampte, konstabel Asser Dominicus, met ‘n mes doodgesteek het, het vandag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn. Hul saak is tot 2 Augustus uitgestel en hulle bly in aanhouding.